Page 1 of 1

watse NF? watse recticle ?

Posted: Mon Sep 30, 2013 2:36 pm
by cassie_calvinia
vir veld skiet, en longrange, na waste NF kyk jy? en waste kruishare op hul werk die beste?
moet hy Zero stop ophe?

Re: watse NF? watse recticle ?

Posted: Mon Sep 30, 2013 3:17 pm
by PWV
cassie_calvinia wrote:vir veld skiet, en longrange, na waste NF kyk jy? en waste kruishare op hul werk die beste?
moet hy Zero stop ophe?
Wat gaan jy nou te koop aanbied as jy 'n NF koop?

Re: watse NF? watse recticle ?

Posted: Mon Sep 30, 2013 3:55 pm
by Arnold
kry een met mil/mil of MOA/MOA turret/reticle inkremente.

Die 8-32x56 werk mooi as jy nie te vêr skiet nie. Kyk na die kruishare, kies een en leer hom gebruik.
Ek skiet 'n NP-2DD en is gelukkig met hom, die NP-R1/R2 sal dalk beter werk en ek was lanklaas op hulle site om te weet wat hulle nog aanbied op die stadium

Zero Stop is nice as jy vêr gaan skiet.

Re: watse NF? watse recticle ?

Posted: Mon Sep 30, 2013 4:07 pm
by cassie_calvinia
Pieter Willem Vorster wrote:
cassie_calvinia wrote:vir veld skiet, en longrange, na waste NF kyk jy? en waste kruishare op hul werk die beste?
moet hy Zero stop ophe?
Wat gaan jy nou te koop aanbied as jy 'n NF koop?
nee wat oom, ek klou maar aan wat ek het.

Re: watse NF? watse recticle ?

Posted: Mon Sep 30, 2013 4:31 pm
by Kallie Fernhout
Np-R2 5.5-22x56 is regtig n ongelooflike teleskoop

Re: watse NF? watse recticle ?

Posted: Mon Sep 30, 2013 4:36 pm
by cassie_calvinia
Kallie wrote:Np-R2 5.5-22x56 is regtig n ongelooflike teleskoop
ek kyk ook na hom

Re: watse NF? watse recticle ?

Posted: Mon Sep 30, 2013 4:43 pm
by BLOK
Ek het scope gesoek wat tot so 600m kan skiet met die dubbel doel van nagskiet ook. Het toe maar besluit besluit op die 3.5-15x50 met die MOAR kruishaar en MOA turrets. Het hom die naweek op die 204 gesit en lekker gemaklik n 150x150mm gong gestamp skoot vir skoot tot op 450m.

Re: watse NF? watse recticle ?

Posted: Mon Sep 30, 2013 9:44 pm
by C.J.
5.5-22x56 met die MOAR recticle is 'n lekker kombinasie.

Re: watse NF? watse recticle ?

Posted: Mon Sep 30, 2013 10:18 pm
by Andrev
Die Nightforce NPR1 se afstand tussen die strepies is 1 moa, of 4 clicks, 8 clicks vir die 1/8 moa verstellings. Ek jag met die 3,5 - 15 en geniet hom baie. Die strepies is redelik fyn, maar hy werk uitstekend om vinnig te verander met verskille in afstand.
Met my XC op 200 m gezero, is die eerste strepie op 250, 2de op 300 en die 3rde 350. Ek kan dus Sonder om te verstel vinnig n ander mikpunt gebruik.
Met die fyn strepies kan skiet in die nag dalk moeilik wees. Ek weet nie hoe effektief die Nightforce se verligte kruishaar in die nag werk nie, miskien kan iemand hierop uitbrei.
Programme soos Strelok en Nightforce werk die zero afstande uit vir die kruishare en dit werk perfek.

Re: watse NF? watse recticle ?

Posted: Wed Oct 02, 2013 12:18 pm
by varkjagter
Dagse cassie
ek wil my nie nou kom slim hou nie maar kan uit praktiese ondervinding nf se velocity 1000 kruishaar aanbeveel.
die recticle word volgens jou trajek gekies (daar is n hele paar en jy voer net jou data in nf se ballistic calculator in en die program se vir jou watse model om te kies hv.5 , mhv, ens.

die afmik punte op die teleskoop stel my instaat om tot op n duisend yards te skiet sonder om aan my teleskoop te stel .ek het al tot op 770 yards getoets en hy werk 100% .(gemonteer op trg 42 in 338 lapua )

al vereiste is jou punte wat jy skiet moet omtrent dieselfde bc het en snelheid ook diesefde hou.
sou jy punte en spoed wou verander kan die teleskoop as gewone teleskoop (verstel met clicks gebruik word )
gaan kyk gerus op hulle website jy sal nie spyt wees nie

groete
varkjagter

Re: watse NF? watse recticle ?

Posted: Wed Oct 02, 2013 1:06 pm
by Stefan764
cassie_calvinia wrote:vir veld skiet, en longrange, na waste NF kyk jy? en waste kruishare op hul werk die beste?
moet hy Zero stop ophe?
Ek sou vir die nuwe MOAR gaan met MOA turrets. 5,5-22x is die regte keuse vir ver skiet (1000m).

Die kruishaar is baie practise. Dun genoeg om min van jou teiken toe te maak maar dik genoeg om nie weg te raak nie en vir die ou manne wat se oge hulle beginner in die steek laat...

Groete

Re: watse NF? watse recticle ?

Posted: Thu Oct 17, 2013 10:37 pm
by Joe308
Np r2
Zero stop - Nee wat dis vir ouens wat nou n skoot 400m skiet, en dan weer een op 100m en dan weer op 300m binne minute onder druk. So in kort nie nodig as jy net gaan jag of teiken skiet nie.

Re: watse NF? watse recticle ?

Posted: Fri Oct 18, 2013 6:13 am
by cassie_calvinia
kalaharijoe wrote:Np r2
Zero stop - Nee wat dis vir ouens wat nou n skoot 400m skiet, en dan weer een op 100m en dan weer op 300m binne minute onder druk. So in kort nie nodig as jy net gaan jag of teiken skiet nie.
dit is wat ek wil doen. veral voor ek begin laj