Page 1 of 3

Teleskoop vir 308?

Posted: Fri Nov 26, 2010 9:34 pm
by Giela
Hello almal

Ek het tans 'n Bushnell Sportview, weet nie watter sterkte nie, op my 308 WIN Musgrave wat jare terug opgesit is. Ek wil graag in 'n ordentlike teleskoop bel?. Het nie regtig kennis of ervaring van verskillende vergrotings of make nie.

Ek wil 'n teleskoop koop wat 'n leeftyd moet hou, wil een keer koop en klaar koop. Wil gemaklik iets van 50m tot 250m kan skiet, selfs verder as dit kan.

Moet ek gaan vir die grootste vergrotings op die mark?
Sal ek naby skote met die groot vergroting gemaklik kan vat?
Wat is jul opinies oor die Leupold VX-3L 6.5-20X56mm? en die VX-3L 4.5-14X56mm of 4.5-14X50mm?

Enige opinies en inligting sal waardeer word

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Fri Nov 26, 2010 9:44 pm
by JOHANNIC
Giela
6.5-20 dan het jy die jou brood altwee kante gebotter ;)
my 2c
Groete johan

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Fri Nov 26, 2010 9:50 pm
by Francois Marais
Giela

Hier is manne wat met my gaan verskil, ma my 2c........

Ek is baie beindruk met die Leopold 4.5-14X50/56. Het altwee, maar in die LR modelle met die parralax verstelling op die kant, en 30mm buis.

Ek is van mening dat n groter vergroting as 11-12X nie werklik in ons omstandighede gebruik kan word nie, te veel kondisies, in die dag, en inni aand is dit in elk geval beter om so naby aan die 7mm exit pupil te bly, as moontlik, anders raak jou beeld dof.

My mening is dat n Zeiss en n S&B en Swarofski beter scopes in as n Leopold, miskien met 10-12% maar beslis NIE met die 40-50% wat hulle meer kos as die Leopold's nie. Met beter praat ek spesifiek van optic's, want almal, en ek meen ALMAL gee partykeer tracking probleme, of die POI skuif sonder n rede. Gelukkig is die naverkope diens op hierdie top scopes baie goed en as daar werklik n probleem is word dit gewoonlik kosteloos herstel.

n Laaste stukkie raad, koop die beste wat jy kan bekostig, gewoonlik is jou scope dubbl jou geweer se prys.

Mooi loop
Francois

NS Aan die ander kant sien ek jy vra raad oor n scope vir n 308, try n 6X42 LYNX. Dan sal jy presies so ver sien soos jy kan skiet. ;) ;) ;D ;D

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Fri Nov 26, 2010 11:00 pm
by Giela
Dankie vir die inligting

Francios,
ek weet nie van die LR modelle nie, sien dit nie op Leupold se website nie.
Sien daar is posts oor die paralaks, sal nog gaan lees wat dit behels, moet ek dit laat stel of doen ek dit self?
Wat is di 7mm exit pupil?
Ek sien jy s? dat die 6X42 vir my sal werk, maar sal die 4.5-14X56 nie soveel gemakliker vir die 308 werk nie?
Watse reticle sal jy aanbeveel? Is die Boone and Crockett reg? of net eerder 'n duplex?

Jammer ek is baie in die duister as dit by teleskope kom

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sat Nov 27, 2010 8:35 am
by Francois Marais
Giela

Sorry as ek jou in die donker gelaat het met die 6X42 stukkie, sommer so n grappie wat ek ingegooi het oor die 308 so krom skiet.

Die LR staan vir LONG RANGE, daarom die 30mm tube, gee jou meer tikke vir verstelling, en die parralaks verstelling op die kant. Scopes wat nie n parralaks verstelling het nie is gewoonlik fabrieks gestel om op 150m die duidelikste te wees, nader en verder verloor jy bietjie clarity op jou beeld, op die LR Leopold's kan jy jou paralaks presies duidelik stel vir enige afstand.

http://www.leupold.com/hunting-and-shoo ... ong-range/
http://www.leupold.com/hunting-and-shoo ... ong-range/

Het vi jou die twee links opgesit van die verskillende scopes. Ek gebruik die Varmint reticle, maar lees goeie goed van die B&C. Die varmint kan dalk te dun raak in die aand, op die stadium kom ek nog lekker oor die weg met myne.

Laat weet as da nog iets pla.

Mooi loop
Francois

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sat Nov 27, 2010 10:29 am
by Hein M.
Francois Marais wrote:
Sorry as ek jou in die donker gelaat het met die 6X42 stukkie, sommer so n grappie wat ek ingegooi het oor die 308 so krom skiet.
Die 308-manne is duidelik nog nie wakker nie ;D  Of hulle aanvaar dit maar as die realiteit...

Ek moet byvoeg dat Nikon vir Leopold begin opdraende gee - wat verkope aanbetref in die VSA.

Groetnis!

Hein M.

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sat Nov 27, 2010 10:48 am
by Giela
Dankie dit help baie. Haha, ja Francios ek het op 'n ander onderwerp gesien jy s? jy is bly dat jy van 'n 308 genees is.

Ek het bietjie gaan kyk op Leupold se website.
Wat is jul opinie op die VX-7L 4.5-18X56mm LR met sy 34mm tube? Sal dit 'n beter kuese wees as die VX-3L 4.5-14X56mm LR met sy 30mm tube?

Glo ook nie ek gaan die groter vergrotings baie gebruik nie, maar dan is die groter opsies daar as ek wil rondspeel, haha. Is 'n 34mm tube aansienlik beter as 'n 30mm tube?

Dankie

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sat Nov 27, 2010 11:26 am
by Nico Harris
Giela jy het niks meer nodig as n 3-9x40 nie. daardie groot vergrotings is onnodig tot op 300m. ek het hetn Zeis 3-9x40 op my 30-06 en ek skiet blesbokke maklik tot op 350m.

groete

nico

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sat Nov 27, 2010 1:39 pm
by Francois Marais
Giela

Die dikker tube gee jou net meer tikke elevasie, laat nie regtig meer lig deur nie, lig inlaat word slegs der jou voorste lens grote bepaal.

Die 7mm exit pupil groote wavan ek gepraat het, gaan lees Danie 243 se verduidelikking davan, baie belangrik om n helder beeld inni nag te kry. http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... p?t=5  Gann lees gerus.

Dink RERIG nie jy gaan daardie groot vergrotings nodig he nie, jy is dalk beter af met n straight forward scope soos Nico se, 3-9X50 of 4-12X40.

Mooi loop
Francois

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sat Nov 27, 2010 2:24 pm
by Problem Animal Control
Manne, manne ,manne

My beskeie opinie is om te kyk na n Lynx 4-16x42,ek het een op my .308 en kan vir julle wragtig se dat n ander maak sal moet uit haal en wys om by daardie 'scope' te kom. Ek praat spesifiek van bekostigbaarheid en waarde vir geld. Sien kan ek met hom goed sien en het al met gemak tot 500m ver na n springbok geloer en was verbaas hoe goed ek op daardie afstand nog kon sien. Ek sal enige tyd nog sulkes aanskaf. N probleem wat ek persoonlik ondervind het met 50- of 56 reticle is dat jy probleme kry sodra jy op n warm dag skiet. Die mirage neuk n bietjie omdat die reticle so groot is en so baie lig inlaat,die voordeel wat daai groot reticle inhou is dat hy soos n bom werk in die nag en tye wanneer daar min lig is soos met skemer.

Groette

P.A.C.
N.S. Dit is maar my mening. Ek glo daar sal seker verskille wees.

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sat Nov 27, 2010 7:21 pm
by Giela
Dankie vir almal se bydrae.

Ek het gaan lees oor die 7mm pupil exit, verstaan nou wat dit behels.

'n Verdere ding wat my pla is die paralaks van 'n teleskoop, moet ek een vat wat verstelbaar is of nie?
Help 'n verstelbare paralaks mens baie?
Het gelees dit moet in die nag gestel word as mens in die nag wil skiet.
As dit in die dag gestel word en mens gaan skiet in die nag, sal die paralaks 'n invloed h? op waar ek mik en waar ek skiet?
Of het die parralaks slegs met die fokus te doen?

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sat Nov 27, 2010 11:53 pm
by Hein M.
Problem Animal Control wrote: Manne, manne ,manne

My beskeie opinie is om te kyk na n Lynx 4-16x42,ek het een op my .308 en kan vir julle wragtig se dat n ander maak sal moet uit haal en wys om by daardie 'scope' te kom. Ek praat spesifiek van bekostigbaarheid en waarde vir geld. Sien kan ek met hom goed sien en het al met gemak tot 500m ver na n springbok geloer en was verbaas hoe goed ek op daardie afstand nog kon sien. Ek sal enige tyd nog sulkes aanskaf. N probleem wat ek persoonlik ondervind het met 50- of 56 reticle is dat jy probleme kry sodra jy op n warm dag skiet. Die mirage neuk n bietjie omdat die reticle so groot is en so baie lig inlaat,die voordeel wat daai groot reticle inhou is dat hy soos n bom werk in die nag en tye wanneer daar min lig is soos met skemer.

Groette

P.A.C.
N.S. Dit is maar my mening. Ek glo daar sal seker verskille wees.
Deur hoeveel Nikon Monarch / Vortex Viper - in daardie prysklas het jy al gekyk? 

Hein M.

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sun Nov 28, 2010 7:41 am
by raychell
My ondervinding is dat jy baie goed moet kan kyk om deur 'n Vortex te kan kyk.

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sun Nov 28, 2010 8:13 am
by Robert
Quote from: Francois Marais on November 27, 2010, 08:35:56 AM

Sorry as ek jou in die donker gelaat het met die 6X42 stukkie, sommer so n grappie wat ek ingegooi het oor die 308 so krom skiet.



Die 308-manne is duidelik nog nie wakker nie  Of hulle aanvaar dit maar as die realiteit...
Ons .308 manne los  maar die tipe opmerkings, Ons weet van wie dit kom.  ;D :D 8)

Lekker dag.

Robert

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sun Nov 28, 2010 11:36 am
by Biltongjagter
Soos jy s? Robert!
Maar met die regte koe?l skiet 'n .308 alles behalwe krom.

Kyk hierna -

.308
Altitude        : 3000 ft      Temperature      : 48.302  ?F 
Bullet Weight  : 130 gr      BC              : 0.3       
Xwind Speed    : 0 mph        Xwind Angle      : 0 ?       
Muzzle Velocity : 3080 fps    Zero Range      : 300 meters  

    Range  Height      Vel      Energy      TOF             
  -------  -------  -------  -------  -------           
        0    -1.50      3080.0  2738.1    0.000         
      50    1.86      2999.3  2596.5    0.054         
      100    4.07    2920.3  2461.5    0.109           
      150    5.06    2842.3  2331.8    0.166           
      200    4.76    2765.5  2207.5    0.225         
      250    3.10    2689.8  2088.2    0.285           
      300    0.00    2615.2  1974.0    0.347           
      350    -4.62    2541.7  1864.6    0.410           
      400  -10.85    2469.3  1759.9    0.476  (in minder as half sekond 0 tot 400m)   

Soos hier gesien kan word moet jy op tot 250m eerder effe laag korrel met 'n .308 en die regte koe?l kombinasie!!!  ;)   

Groete,
Koos. 

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sun Nov 28, 2010 12:12 pm
by spekieries
Jammer Raychel ek stem glad nie saam nie. Ek het 'n Leupold op my .270, 'n Lynx op my .303 en 9.3 x62 'n Hensold Wetzlar op my 8x57 'n ou Japanese  Tasco op my .22 hornet en 'n Nico Sterling op my .22. Ek belowe jou die optiese kwaliteit op die Vortex Viper op my .308 is vir my beter as enige genoemde behalwe miskien die helderheid op die Hensoldt. Ek moet herken die duurder Duitse en Oostenrykse teleskope is almal beter as genoemde as jy 'n oop tjekboek het. Ek verstaan die Tsjeggiese Meopta is ook baie goeie waarde vir geld.

Groete   

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sun Nov 28, 2010 1:11 pm
by Louis102
Biltongjagter wrote: ... Soos hier gesien kan word moet jy op tot 250m eerder effe laag korrel met 'n .308 en die regte koe?l kombinasie!!!   ;) ...     
Jip Koos, ek het nogal onlangs 'n paar vindingryke somme en vergelykings oor trajekte opgedis gesien. ;D

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sun Nov 28, 2010 1:36 pm
by Biltongjagter
Nee man Louis102,

Hierdie is nou nie
'n paar vindingryke somme en vergelykings oor trajekte opgedis
nie!!!

A nee a! Dis nou regtig en volkome haalbaar, selfs uit my ou 23" loop Brno .308, wat ek ook altyd gedink het is net 'n 'bosdonkie'.

En moenie dink daardie 130gr koe?ltjie kan nie enigiets, van klein op tot Koedoe, Gemsbok en BWbees met net een mooi geplaaste skoot (nie kopskoot nie!), verseker in die stof laat byt nie, hoor!

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sun Nov 28, 2010 2:44 pm
by Louis102
Biltongjagter wrote: ...En moenie dink daardie 130gr koe?ltjie kan nie enigiets, van klein op tot Koedoe, Gemsbok en BWbees met net een mooi geplaaste skoot (nie kopskoot nie!), verseker in die stof laat byt nie, hoor!
Biltongjagter

Nee, dit is verseker heel moontlik soos jy s?.  Die 308-kaliber het vir baie, baie biltong al gesorg en ek het niks teen jou 130gr koe?l nie.  Indien jy op 400m zero, kan jy selfs op daardie afstand 'n koedoe lekker plattrek, sonder om een duim in elevasie af te mik!  Op 350m gaan jy selfs 'n bietjie hoog skiet!

Mooiloop
Louis

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sun Nov 28, 2010 2:51 pm
by Francois Marais
Biltong


308 Win 130gr punt 3080 Ft/sec.
150   5.06     2842.3   2331.8    0.166
300     0.00     2615.2   1974.0    0.347

En jy reken dis reguit omdat jy moet LAAG korrel, nu se ek niks meer nie, 308 is alweer besig om die topic te hijack.

Mooi loop
Francois
 

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sun Nov 28, 2010 3:08 pm
by Louis102
Francois Marais wrote: ... 308 is alweer besig om die topic te hijack ...
Francois

Moet tog nie so sensitief wees nie.  Hierdie klas van elevasie-data is belangrik om die deursnee van die buis vir die ideale 308-teleskoop te bepaal.  Ek sou minstens 'n 30 buis voorstel, hoe dink jy?

Groete
Louis 

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sun Nov 28, 2010 3:33 pm
by Biltongjagter
Francois Marais wrote: Biltong
En jy reken dis reguit omdat jy moet LAAG korrel,
ai Francois, natuurlik is die siglyn reguit van waar die jagter staan tot op die punt waar jy die kruishare op die teiken sit!

Dat die koe?l 'n boog trek is juis uitgewys in die trajek syfers in die tabel.
Dus, gaan korrel nou op 150m presies waar jy die koe?l wil plaas op die teiken, en agv die boogpad van die koe?l uit 'n 308 wat op 300m ge-zero is en daardie 130gr koe?l, land daai koe?ltjie 5.06" hoog vanwaar jy jou kruishare se kruispunt geplaas het.

Nogtans Francois en Louis, is hierdie stukkie oor trajek en 'n spesifieke koe?l kombinasie juis daargestel om die keuse van 'n teleskoop te vergemaklik. Naamlik, hoe platter die trajek is, hoe 'n mindere 'optical miracle' met allerlei trajek verstellings 'gadgets' (lees 'turrets') + parallaks foefies, sal nodig wees vir alles op tot 400m. Feit soos 'n koei!!!

Dat dit nou juis 'n .308 was wat hier ter sprake is, is heel toevallig  ;)

Groete,
Koos.

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sun Nov 28, 2010 3:37 pm
by Francois Marais
Louis

As ons op 300m wil zero, miskien moet ons vir die 34mm tube gaan, soos die gammat gese het: " Net vir inkys" ;D ;)

Ek is rerig nie sooo sensitief nie, het dit beginne, nu moet ek seker ma vat wat my kant toe kom.

Mooi loop
Francois

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sun Nov 28, 2010 3:43 pm
by Francois Marais
Biltong

Sorry man, het toe nu weer in die streekstaal ding verstrengel geraak, met my "reguit skiet" bedoel ek as jy nu daai trajek grafiek van jou, nie van agter nie, maar van die kant af sou besigtig, dan lyk dit tog soos n GRADEBOOG, dan nie. Dis nu as jy dit sou vergelyk met iets soos n 204 Ruger. :D ;D

Mooi loop
Francois

Re: Teleskoop vir 308?

Posted: Sun Nov 28, 2010 6:00 pm
by Biltongjagter
Heeltemal reg Francois en daarom het ek so geantwoord:
Dat die koe?l 'n boog trek is juis uitgewys in die trajek syfers in die tabel.
Dus, gaan korrel nou op 150m presies waar jy die koe?l wil plaas op die teiken, en agv die boogpad van die koe?l uit 'n 308 wat op 300m ge-zero is en daardie 130gr koe?l, land daai koe?ltjie 5.06" hoog vanwaar jy jou kruishare se kruispunt geplaas het.
Maar nog steeds is dit net 'n .308, al wat hier verander het was die koe?l tipe wat dieselfde .308 veel beter vermo?ns gegee het.

Francois, nou praat jy 204 Ruger - nie vergelykbaar met 130gr nie.
Maar kom ons kyk na die doodgewone ou .222 Rem en hierdie keer 'n 40gr koe?ltjie van daai selfde soort.

.222
Altitude        : 3000 ft      Temperature      : 48.302  ?F 
Bullet Weight  : 40 gr        BC              : 0.205     
Xwind Speed    : 0 mph        Xwind Angle      : 0 ?       
Muzzle Velocity : 3575 fps    Zero Range      : 300 meters 
 
    Range  Height    Vel      Energy      TOF             
  -------  -------  -------  -------  -------           
        0    -1.50    3575.0  1135.0    0.000           
      50    1.17    3452.1  1058.3    0.047     
      100    2.96    3330.3    985.0    0.095 
      150    3.82    3209.8    915.0    0.145     
      200    3.66    3090.6    848.3    0.197     
      250    2.42    2972.9    784.9    0.251     
      300    0.00    2858.1    725.5    0.308     
      350    -3.70    2745.7    669.5    0.366     
      400    -8.77    2635.7    617.0    0.427   

Nou raak dit tot op 350m 'n redelike plat gradeboog storie, nie waar nie?

Siglyn steeds reguit, maar koe?lpad maar redelik gering weg daarvan af.

En gee daai .308 'n 100gr van dieselfde soort koe?ls - wat kry jy dan?

.308
Altitude        : 3000 ft      Temperature      : 48.302  ?F 
Bullet Weight  : 100 gr      BC              : 0.3       
Xwind Speed    : 0 mph        Xwind Angle      : 0 ?       
Muzzle Velocity : 3500 fps    Zero Range      : 300 meters 
 

    Range  Height    Vel      Energy    TOF             
  -------  -------  -------  -------  -------           
        0    -1.50    3500.0  2719.8    0.000     
      50    1.14    3416.4  2591.4    0.047 
      100    2.88    3333.3  2466.9    0.096     
      150    3.69    3250.8  2346.3    0.146     
      200    3.52    3168.9  2229.5    0.197     
      250    2.30    3087.5  2116.5    0.249 
      300    0.00    3006.8  2007.3    0.303     
      350    -3.45    2927.6  1902.9    0.359     
      400    -8.12    2849.6  1802.8    0.415

Sjoe, hoe spoeg so .308 daai koper pilletjie dan nou?

Geniet die aand,
Koos.