Page 1 of 1
Watse kolf is dit die ?
Posted: Mon Sep 30, 2013 12:48 pm
by vriell
Enige iemand wat kan help met die uitken ?
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Mon Sep 30, 2013 12:57 pm
by vriell
Hier is nog 'n foto.
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Mon Sep 30, 2013 1:10 pm
by Eugene
Len, ek mag verkeerd wees, maar dit lyk soos 'n geweerkolf!

Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Mon Sep 30, 2013 1:11 pm
by Eugene
Grappies op 'n stokkie! Die recoil pad laat my dink dis 'n Musgrave kolf, maar die vorm laat my twyfel...
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Mon Sep 30, 2013 1:12 pm
by Hennie van der Merwe
Brno. My Zkk600 kolf lyk presies so.
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Mon Sep 30, 2013 1:32 pm
by BRNO (Pierre)
Hennie van der Merwe wrote:Brno. My Zkk600 kolf lyk presies so.
Reken ook dalk so. Laat weet hoever die skroewe uitmekaar is, dan kan ek bevestig. Dit lyk wel soos die Monte Carlo van Brno.
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Mon Sep 30, 2013 1:39 pm
by DanieDuP
Brno, my 234 lyk identies
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Mon Sep 30, 2013 1:46 pm
by vriell
Eugene...ek dink jy is verkeerd...hihihi
Hennie,dankie ek dink ook so .Ek het bietjie op die net gekyk en die naaste wat ek kon kry was die Brno kolf maar was nie heeltemal seker nie.Ek het die kolf oorgeneem by iemand wat gesĂȘ het hy dink dis 'n Finse maak 30-06 se kolf en behoort net so op 'n Howa te pas.Ek het gedink ek kan hom net so op my Howa 30-06 gebruik maar sal moet veranderinge aanbring maar kan dit nie oor my hart kry om dit te doen nie. Die kolf is nog in soliede goeie toestand met net 'n paar skraapmerkies hier en daar en wil hom maar weer adverteer maar wou net seker maak van die soort maak.
Brno , die skroewe aan die onderkant is ongeveer 200mm uitmekaar.
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Mon Sep 30, 2013 1:54 pm
by BRNO (Pierre)
Ek soek somkolf vir my .243 aangesien nil kwes en 375 reeds so lyk. Ek sal vanaand kyk na die spasie van die skroewe. Sal werklik belangstel as hy vir my gaan werk. Dink solank aan n prys.
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Mon Sep 30, 2013 1:56 pm
by Cobus(Cobb)
Brno zkk 601,skroewe is 185mm van mekaar, monte carlo profile...dalk is joune 600 of 602
Hy is 'n paar Rand werd
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Mon Sep 30, 2013 4:24 pm
by mariusr
Verbeel ek my of is daar kraak in die hout by die eerste foto in die insetsel! As dit wel so is sal ek hom nie gebruik nie! Lyk vir my ook soos CZ kolf!Nee sien dus skadu streep die foon van my moet jy eers vergroot!
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Mon Sep 30, 2013 4:55 pm
by vriell
Marius , Geen krake.Die kolf is baie solied en het wel skrapies meesal aan die onderkant waaqr die kol;f gerus het op goed vir dooierus andersins baie goeie kondisie.
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Mon Sep 30, 2013 5:42 pm
by RV
Lyk vir my na n Krico
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Mon Sep 30, 2013 5:57 pm
by vriell
RV , baie naby maar die agterkant van die Krico kolf verskil heelwat van die Brno.
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Mon Sep 30, 2013 6:47 pm
by RV
Dink nog steeds dis n Krico
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Tue Oct 01, 2013 7:13 am
by BRNO (Pierre)
My .375 H&H wat op die ZKK602 aksie gebou is, se skroewe is 205mm CC. Dus kan die kolf dalk werk op hierdie aksie.
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Tue Oct 01, 2013 7:58 am
by vriell
Brno ek ek het nounet met die vernier gemeet en "center to center " is presies 201 mm .
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Wed Oct 02, 2013 8:56 am
by tau
Ou Voere kolf

Daai voorkant lyk nes Voere.
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Sat Oct 05, 2013 10:53 am
by vriell
Het bevestiging gekry dat dit wel 'n Brno 30-06 zkk kolf is. Is net nie 100% seker van die model nie.As daar van julle manne is met zkk reeks meet asb die mount skroewe CC uitmekaar . Sal dit waardeer . Ek weet dis nie die zkk 601 een nie.Sy skroewe is 186mm uitmekaar CC en die 602 is 205mm uitmekaar . Dit behoort 201mm of baie naby aan dit te wees.
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Sat Oct 05, 2013 1:02 pm
by RV
n Brno se aksie onder is plat. Hierdie kolf van jou is vir n geweer met n silindriese aksie. Kyk waar die aksie in le is dit rond.N Brno aksie gaan nie daarin
pas nie.
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Sat Oct 05, 2013 1:31 pm
by vriell
RV,Die do-kant is rond bo vir die aksie en die loop.Die onderkant is plat en nie silindries nie of ons praat nou nie van dieselfde nie.
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Sat Oct 05, 2013 1:50 pm
by RV
Die onderkant van n Brno aksie is plat met ander woorde die kolf waarin die Brno aksie moet pas se "bedding" moet ook plat wees sodat die aksie daarin kan pas.
Jou kolf se 'Bedding" is rond(vir n aksie wat rond is).n Brno aksie sal dus nie daarin pas nie.Kyk ook op jou kolf waar daar plek is vir die veiligheidsknip.Dit lyk ook anders as die van n Brno.Daai gedeelte lyk soos n Krico. Kyk ook waar die agterse skroef inkom.Die Brno aksie is daar anders uitgesny sodat die agterste gedeelte van die aksie daarin pas. By jou kolf .s daai gedeelte ook rond.
Hoop dit is van hulp vir jou
Re: Watse kolf is dit die ?
Posted: Sun Oct 06, 2013 9:46 am
by vriell
RV, Ek verstaan nou wat jy bedoel. Sal bietjie verder kyk op die net.