Page 1 of 1

Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?

Posted: Tue Sep 24, 2013 7:39 pm
by Lamtjop
Hallo almal.
Ek soek raad asb, ek is opsoek na n teleskoop met n balistiese kruishaar wat goed of maklik met n 308 se trajek gaan werk. Ek hou van die ou Swarovski TDS4 reticles, maar nuwe Brh of brx is te besig. Die waarna ek kyk en wat vir my goed lyk is die Rapid Z600 van Zeiss, die Boone&Crocket van Leupold, die E1 van Burris. Is daar ander waarvan julle weet of wat julle reeds gebruik en jul ervaring deel.
Ek soek net iets vir maksimum 400-500m op die skietbaan en 300m in jagveld, ook soek ek nie juis iets met vergroting meer as 16x nie.
Groetnis

Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?

Posted: Tue Sep 24, 2013 8:09 pm
by cassie_calvinia
die A4-300 van Swarovski is bitter goed.
die brh is besig, maar werk goed vir 308, omdat hy so baie mik het.
die E1 se kruis is baie fyn, en werk nie vir nag skiet nie, maar lekker in dag

Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?

Posted: Wed Sep 25, 2013 8:39 am
by Pinkes
More, kyk na die Zeiss Hd5 5-25x50 se Z1000 reticle.
Dit is spesifiek vir die 308 kaliber ontwerp. Het nog
nie self deur hom gekyk nie. Maar weet dit is vir dit bedoel.

Groete
P

Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?

Posted: Sat Oct 19, 2013 9:14 pm
by Heinz Petersen
Jy gaan nie maklik n teleskoop van die rak koop wat gaan werk nie. Dit het baie met jou ladings punte se gewig ens te doen.Hoe meer strepies hoe beter.Dan moet jy maar gaan oefen tensy jy vir n mill dot teleskoop soek dan sal ek die Schmid & Bender H37 aanbeveel.

Heinz
300 Tombi

Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?

Posted: Sat Oct 19, 2013 9:20 pm
by Eugene
Ek ken nie die ander make wat jy genoem het nie, maar Burris se E1 werk vir my baie lekker op my 308 met 155gr SMK teen 2800ft/s. Die strepies werk tot 500m amper presies uit.

Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?

Posted: Sun Oct 20, 2013 6:17 am
by smitjs
Heinz Petersen wrote:Jy gaan nie maklik n teleskoop van die rak koop wat gaan werk nie.
Heinz 300 Tombi
Ek kan nie saamstem nie. Die Burris E1 is korrek binne een kliek van 100 tot 500 meter op my 308. As jou lading verskil, dan verander jy net die vergroting verstelling bietjie, en hy is weer spot on.
Voorspoed
Johan Smit

Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?

Posted: Sun Oct 20, 2013 9:51 am
by DawieKotze
smitjs wrote:
Heinz Petersen wrote:Jy gaan nie maklik n teleskoop van die rak koop wat gaan werk nie.
Heinz 300 Tombi
Ek kan nie saamstem nie. Die Burris E1 is korrek binne een kliek van 100 tot 500 meter op my 308. As jou lading verskil, dan verander jy net die vergroting verstelling bietjie, en hy is weer spot on.
Voorspoed
Johan Smit
Johan - werk hierdie vir alle teleskope of bedoel jy spesifiek die E1? 1ste fokaal en 2de fokaal?

Groete

Dawie

Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?

Posted: Sun Oct 20, 2013 10:43 am
by smitjs
Dawie, daar is drie soorte krismisbome.
Die Burris E1 is die eerste soort, die afstande tussen kruishare is meer en meer soos die afstand opgaan, om voorsiening te maak vir die paraboliese val van die koeel. Dan een keer getoets op die baan en jou zoom verstelling gekry. Daarna gebruik jy net die lyne vir 100 (middel), 200, 300, 400, 500 meter. Jou afstande is eweredig.
Die tweede soort is die lyne eweredig gespasieer. Dit werk ook goed, maar jy moet onthou op watter afstand elke lyn sal werk, en dis nie eweredig nie, of anders gestel hoe ver elke lyn sal werk, en dis nie eweredig nie.
Die derde soort pas nie by enige van die bogenoemde in nie, en mens moet maar toets en onthou waar die lyne werk, en dis ook nie eweredig nie.
Hierdie is nou vir die algemene teleskope soos Burris, Leupold, Lynx,ens.
Dan is daar twee verstellings wat jy kan maak. eerstens is die zero, en oor die algemeen werk dit vir 100m. Dan die zoom verstelling maak voorsiening vir jou koeel, spoed, lading, ens.
Ek het nou al vergeet watter fokaal dit is. Seker maar Altzheimers.
Voorspoed!
Johan Smit

Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?

Posted: Sun Oct 20, 2013 9:51 pm
by Capt. Yoda
Of kry vir jou n scope met n standaard kruis en ordentlike turrets en maak so.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=174&t=25350
Ek dink dit is meer akuraat as jy goeie betroubare turrets op jou scope het

Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?

Posted: Mon Oct 21, 2013 6:17 am
by smitjs
Sekerlik kan mens die turrets gebruik. Na alles die regtig lang afstand skiet manne gebruik dit almal, aar is nie ander keuse vir hulle nie.
Vir die man wie nou nie eintlik 1000 meter en verder skiet nie, is 'n ordentlike krismisboom soos op die Burris E1 net soveel gouer en makliker.
Ek is ook maar lugtig vir elke skoot die teleskoop stel. Sekerlik werk dit goed op baie duur teleskope.
My ondervinding van teleskope stel is erger. In die goedkoper tipes is daar min wat presies reg stel. Miskien was ek maar net ongelukkig met myne, maar ek vertrou myne solank ek nie daar aan hoef te stel nie.
Elkeen maak maar sy keuse.
Voorspoed!

Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?

Posted: Wed Oct 30, 2013 7:17 pm
by archer
Burris E1 werk baai lekker vir my op .308 moet net regte vergrooting kry wat met die reticle werk.

Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?

Posted: Thu Oct 31, 2013 6:26 am
by smitjs
Elkeen maak maar sy eie keuse.
Goeie krismisboom kruishare is vir my die vinnigste, eenvoudigste en betroubaarste.
Mens doen jou toetswerk by die baan, en daarna het jy selfvertroue in die veld.
Veral in die nag, wanneer die jakkals of rooikat sigbaar is, wil ek nie met verstellings aan die teleskoop sukkel nie.
Die roofdier is of naby, en dis my middelste kruishaar, of dis ver en dis die tweede lyn. As dit baie ver is, is daar meer tyd en kan die afstandmeter eers gebruik word, of die derde lyn word gebruik.
Gooi nog adrenalin in by die nag donker. Wie wil lig gooi op die teleskoop om te verstel, en die tyd gebruik om te verstel? Waarom 'n moeilike saak nog moeiliker maak?
Hoe eenvoudiger hoe beter.