Page 1 of 8

Roepkursus - Pretoria

Posted: Mon Sep 23, 2013 9:03 am
by Geno
More manne.
Sou julle belangstel in 'n roepkursus in Pretoria?
Ons het nou al vir Jacques Botha, Oom Heinrich Funck en Meester Tafjak gehad om kursus aan te bied.
Wat sal julle sê as ons 2 internasionale roep-fundis hier kan kry, ingevoer al die pad van Namibië af?
Louis102 (Van die "Pikante Klanke"-faam) het ingestem om die 1200km af te lê om ons so bietjie te kom leer. Saam met hom gaan ons poog om vir Francois Marais (click op sy naam om van sy videos te sien) ook hier te kry. Oom Louis kan tog nie alleen al die pad ry nie.

Ons poog om dit 'n naweek/langnaweek ding te doen met teoretiese sessies, sowel as dag- en nagroep demos.

So, stem op die poll, sodat ons kan sien of daar belangstelling is.

Groete,
Eugene

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Mon Sep 23, 2013 9:10 am
by Katefbessie
Bevange idee maater!!!!!!!! Ekt jou gese ek is VERSEKER DAAR!!!!!!!!!!!!!!!

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Mon Sep 23, 2013 9:40 am
by Gernie
Afhangende van die Datum, ek bespreek 2 plekke asb.

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Mon Sep 23, 2013 10:35 am
by Katefbessie
Ek sal ook graag 2 plekke bespreek!

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Mon Sep 23, 2013 11:45 am
by Riaan Beeslaar
Dus 'n baie guldige geleentheid vir ons ouens in die Noord Transvaal om deur te ry en by te woon. Laat weet asb wanneer daar tentatiewe datums is

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Mon Sep 23, 2013 3:11 pm
by Stefan764
Ek kom op een voorwaarde, hulle slaap by my oor. Nie onderhandelbaar.

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Mon Sep 23, 2013 8:52 pm
by NicoSmit
Ek sal ook belangstel as dit in die nuwe jaar sal wees

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Wed Sep 25, 2013 3:18 pm
by Riaan Beeslaar
Eugene

Hoeveel manne het jy nodig om dit die moeite werd te maak om die manne te reel, en wat is die kostes

Groete
Riaan

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Wed Sep 25, 2013 3:24 pm
by Jean Marais
Ek sal beslis so iets wil bywoon, en dalk my pa ook.

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Wed Sep 25, 2013 4:04 pm
by Reggie Gerber
Sal ook belangstel

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Thu Sep 26, 2013 8:08 am
by BLOK
Stefan764 wrote:Ek kom op een voorwaarde, hulle slaap by my oor. Nie onderhandelbaar.

Gaan ons slaap ;) ;D ;D ;D ;D ;D

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Thu Sep 26, 2013 8:51 am
by Katefbessie
Geno, is dit nou al oortuigend dat die ding gereel gaan word? wat se daai kop van jou wats die planne maat?

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Thu Sep 26, 2013 9:46 am
by Dawie Malan
Gaan ons slaap
Blok

Dis net die Rookies wat gaan slaap. Die ou manne wag mos die nag deur vir hulle tweede jakkals.

;D ;D ;D

Groete in Potch

Dawie

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Thu Sep 26, 2013 9:53 am
by Stefan764
Ek praat nie uit nie Blok

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Thu Sep 26, 2013 12:42 pm
by Riaan Beeslaar
Geno kom in

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Thu Sep 26, 2013 1:28 pm
by Johandj
Stel ook belang. maar eers in die nuwe jaar.
Weet ook van nog 'n paar manne wat nie op die forum is nie wat ook sal belang stel

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Fri Sep 27, 2013 8:03 am
by Riaan Beeslaar
Geno het jy al vir ons meer inligting

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Fri Sep 27, 2013 8:07 am
by BLOK
Dawie

Jy moet dit onder Geno se neus sleep, sal laaik om sy komentaar te hoor. hahaha ;)


Stefaansie

Ek sien rooi jakkalse deur rooi ogies.hehehe

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Fri Sep 27, 2013 8:19 am
by Geno
BLOK wrote:Jy moet dit onder Geno se neus sleep
So dit was jy wat die CanineCall op my lip gesmeer het in Cradock?

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Fri Sep 27, 2013 8:22 am
by Geno
More manne.

Right, belangstelling is genoeg. Ons sal 10 - 20 man kan hanteer (skat ek)

Ek sal met die Duitswesters begin gesels, en kyk wanneer hulle kan kom.
Dan sal ons kostes uitwerk, en als deurgee.
Wat verkies julle, self catering, of catered?

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Fri Sep 27, 2013 10:31 am
by Stefan764
Braai.

Rib braai

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Fri Sep 27, 2013 10:56 am
by Katefbessie
self catering

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Fri Sep 27, 2013 11:00 am
by Reggie Gerber
Self catering hoef ek nie groen goed te eet nie ++>:

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Fri Sep 27, 2013 12:47 pm
by Cobus(Cobb)
Braai met baie koues in die fles

Re: Roepkursus - Pretoria

Posted: Fri Sep 27, 2013 2:58 pm
by Riaan Beeslaar
Self catering