Page 1 of 1

Tasco en lifelong waarborg?

Posted: Fri Sep 20, 2013 7:49 pm
by MEESTER
manne, ek is al geruime tyd deel van hierdie forum. ek lees maar meer as wat ek bydra omdat ek voel dit wat die manne hier bydra kan ek nie werklik in waarde toevoeg nie. dus beskou ek Jaracal as een reuse bron van verwysing/kennis.
ek het al lekker saam met James Wilson Jagtersdok Blok en Jacques Botha gejag.

ek het in 1992 n TascoTitan gekoop. lifetime warranty! noggal bevestig op die faktuur. in 2011 sien ek die scope is nie meer reg nie, en stuur hom toe in na Tasco. hulle se toe die scope is moeg en ek moet maar n ander scope koop.


nou ons almal is baie beindruk as ons n scope koop met die waarborg. maar wat beteken dit werklik?

Re: Tasco en lifelong waarborg?

Posted: Fri Sep 20, 2013 7:56 pm
by tripodmvr
Niemand kan 'n lewenswaarborg nakom nie - daar vou die maatskappy of word oorgeneem deur ander en nou is die waarborg van geen waarde. Jy het darem 20 jaar diens gehad wat beter is as baie voertuie of ander apparaat.

Re: Tasco en lifelong waarborg?

Posted: Fri Sep 20, 2013 8:04 pm
by MEESTER
tripod, nou hoekom adverteer hulle dan so n waarborg?

Re: Tasco en lifelong waarborg?

Posted: Fri Sep 20, 2013 8:06 pm
by tripodmvr
My teenvraag - het jy die teleskoop gekoop?

Verkoopsmanne dink aan geld en nie aan die etiek nie. Hy is lankal nie meer daar as jy hom wil gaan bykom nie.

Re: Tasco en lifelong waarborg?

Posted: Sat Sep 21, 2013 9:28 am
by Chris Swart
Bestaan die winkel waar jy gekoop het nog?

Het jy nog jou invoice?

Re: Tasco en lifelong waarborg?

Posted: Sat Sep 21, 2013 11:52 am
by mariusr
Leupold het lewenslanke waarborg al is jy nie die oorspronklike eienaar en hulle bevestig dit ook!Kan dit self bevestig en het nou tans self varri x3 wat in gestuur is na VSA! Moet slegs posgeld betaal! Nog nooit gehoor van tasco met so waarborg nie!?maar as dit op wit en swart staan het jy dalk voet om op te staan maar klink of die winkel jou rat voor oe gedraai het!Anders sou tasco vir jou die vervang het! Moet net ook byvoeg dat Nikon die selfde uitstekende waarborg het en praat hier ook van ondervinding! Hoop jy kom reg!

Re: Tasco en lifelong waarborg?

Posted: Sat Sep 21, 2013 8:47 pm
by Alwin
Die Tasco's wat met die lewenslange waarborg verkoop is, was nog beter kwaliteit en in Japan gemaak. Wyle Tom Rogers het hulle ingevoer en plaaslik die diens gelewer. Die verkoopsman het nie die waarborg gedra nie, die invoerder het.

Daarna is Tasco (internasionaal) deur Bushnell uitgekoop. Destyds, met die oorname, het hulle gesĂȘ dat hulle die waarborge ook oorneem! Tom het die agentskap verloor, en het begin om Lynx in te bring. Dus kon jy dieselfde tipe diens wat jy by Tasco gekry het, nou by Lynx kry.

Ek het verskeie van die ou Japanese Tasco's besit. Sommige gee nou nog puik diens. Toe die ene se kruisdraad breek (net die een been het losgekom by die kruis), het ek dit ingestuur vir herstelwerk. Die verspreider (Bushnell) het laat weet dat dit onherstelbaar is, en dat ek enige Bushnell teleskoop teen 25% afslag kan koop. Terloops, die 25% kom uit die KLEINHANDELAAR se marge. Die verspreider dra dus nie een enkele sent by nie!

Ek beskou dit as swak diens. Ek sou niemand aanraai om enige produk van daardie fabrikaat te koop nie.

Teleskope breek soms. Van die 5 Leupolds in my besit, was 2 al terug fabriek toe. (En dit is nie die goedkoop reekse nie.) 3 maande later is hulle terug, reg, met 'n verslag van toetse en werk gedoen. Dit kos my net posgeld soontoe. (Die beste is, dat my handelaar vir my 'n "demo" scope kon leen, totdat myne terug was!) Ek het ook al probleme met 2 van my Lynx teleskope gehad. 2 weke nadat ek dit ingegee het by my handelaar, was hulle terug en reg. Daar is ander make wat ook puik naverkoopdiens lewer.

Voor jy geld op optiese toerusting spandeer, vind eers uit of die verspreider diens kan en wil lewer. Daarsonder is die ding omtrent soveel werd soos 'n weggooi-babadoek.