Page 1 of 1

Les geleer

Posted: Tue Sep 17, 2013 6:39 am
by sako 30-06
Ek het 3 weke terug my Sako 30-06 gevat sodat hy geblue kan word.
Uiteindelik kry ek my wapen Donderdag terug met die rekening wat sommer R500 meer is,na n paar woorde se die eienaar dis n nuwe gunsmith maar hy sal maar die R500 knock vat. :confused: Ek was geskok toe ek my baba uit die sak uit haal en dit lyk of iemand met n kwas my geweer geverf het,die bluing is sommer verwyder van die slot af en orals waar voorheen roes was sit die roes nog net so onder die lagie "verf".Hier en daar het die loop sulke vlekke en skoon metaal spots.
Ek het net daar my moses gestrip,na n paar lelike woorde stem die eienaar darem saam dat dit nie baie goed gedoen is nie,maar hy kyk my half bot aan toe ek hom vra wat se bluing is gedoen,hot of cold?
Ek wou dadelik my wapen vat en laat regmaak deur iemand anders maar die einenaar se toe die gunsmith kom saterdag in en hy sal hom graag wil vra wat gaan aan,hy belowe hy sal my sat oggend bel.

Saterdag gaan verby en ek hoor niks,ek bel toe maar die man weer gister en hy se nee hy het my nie gebel nie want die gunsmith het nie opgedaag nie.Ek verduidelik toe ek stel nie belang nie,ek soek net my geweer.
N uur later bel die eienaar my en se ek moet asb. met die gunsmith praat,ek trap toe die man van n kant af uit en al wat hy se is ja hy sien daar is n blink merk voor op die loop verder sien hy nie veel fout nie.Hy se vir my bluing haal nie roes af nie en daar waar die blink kolle is is waar roes was en my magasynplaat is gepit maar hy sou sit kon regmaak deur dit te skuur met n grinder.Ek weet vir n feit hy is nie gepit nie,want ek kon elke keer die lagie roes verwyder net met olie.
Toe ek vir die man se hy weet nie warvan hy praat nie toe gooi hy die foon in my oor neer.

Nou dieselfde manne het my 3 maande terug R1000 gevra om my geweer te bed en toe ek dit gister noem dat ek nou bekommerd is want as hulle bluing so opneuk is ek bang om te sien hoe lyk die bedding.Wel nie een van hulle weet of die bedding ooit gedoen is nie.

So ek het aan die eienaar verduidelik dat ek my wapen na Formalito toe sal vat en het vir thinus gevra om alles na te gaan,as die bedding nie gedoen is nie sal die eienaar my geld terug betaal.

Manne wees maar versigtig,laat maar net professionele ouens aan julle wapens werk wie julle ken en wat julle net goeie goed van hoor.

Om n man se geweer op te d@nner is net so erg soos om met n man se vrou te lol. >:D

Re: Les geleer

Posted: Tue Sep 17, 2013 6:57 am
by BRNO (Pierre)
Sako, jammer dat jy in die posisie is om die storie met ons te deel, maar laat ons almal uit die les leer. Kry maar vewysings as jy iets so kosbaar soos n geweer by iemand ingee.
Ek sien Thinus as my huisdokter as dit by gewere kom, dus reken ek jy nou in goeie hande is.

Re: Les geleer

Posted: Tue Sep 17, 2013 7:00 am
by sako 30-06
BRNO .06 (Pierre) wrote:Sako, jammer dat jy in die posisie is om die storie met ons te deel, maar laat ons almal uit die les leer. Kry maar vewysings as jy iets so kosbaar soos n geweer by iemand ingee.
Ek sien Thinus as my huisdokter as dit by gewere kom, dus reken ek jy nou in goeie hande is.
Ja duis n harde les om te leer,maar ek weet Thinus sal my baba weer mooi gesond kan maak.Ek het al baie goeie goed van hom gehoor.

Ek het idee die manne gaan betaal laat Thinus sommer my geweer kan bed ook of wat ookal hy dink nodig is hom haar beter te maak.

Re: Les geleer

Posted: Tue Sep 17, 2013 7:31 am
by Geno
Noem bietjie name sodat ons nie ook in daardie strik trap nie?

Re: Les geleer

Posted: Tue Sep 17, 2013 7:43 am
by Eugene
Geno wrote:Noem bietjie name sodat ons nie ook in daardie strik trap nie?
+1 >:( Laat ons mekaar maar beskerm teen sulke manne!

Re: Les geleer

Posted: Tue Sep 17, 2013 7:46 am
by sako 30-06
Eugene wrote:
Geno wrote:Noem bietjie name sodat ons nie ook in daardie strik trap nie?
+1 >:( Laat ons mekaar maar beskerm teen sulke manne!
Stuur maar n pm as julle wil weet,wil nie graag dit hier plaas nie.

Re: Les geleer

Posted: Tue Sep 17, 2013 7:54 am
by Silent Hunting
Hel, sal mos 'n man dryf na sterk drank. Sou tien teen een artikel in Rapport geplaas het met die winkel naam en al. Seker jou geweer probeer blue met paste of "touch-up" blueing.

Re: Les geleer

Posted: Tue Sep 17, 2013 7:59 am
by sako 30-06
Silent Hunting wrote:Hel, sal mos 'n man dryf na sterk drank. Sou tien teen een artikel in Rapport geplaas het met die winkel naam en al. Seker jou geweer probeer blue met paste of "touch-up" blueing.
Ek wag maar om te sien wat se Thinus,sal saterdag my geweer vir hom vat.
As hulle hom glad nie gebed het nie gaan die poefies die fan strike.

Ek dink verseker hulle het hom net vinnig gecold blue,eerste keer wat ek hoor bluing verwyder nie roes nie,dis tog hoekom n mens dit doen.

Re: Les geleer

Posted: Tue Sep 17, 2013 8:05 am
by Pappabeer
Ek dink ook daai verdien 'n "name en shame." Die man kan mos verduidelik as hy wil, en dit beskerm ander forum lede teen n soortgelyke landmyn.

Re: Les geleer

Posted: Tue Sep 17, 2013 8:26 am
by Beretta
Bleuing is maar net n roes proses maar sover ek weet moet die vorige blueing verwyder word die geweer moet gepolish of gebuff word. Om te kyk of die geweer gebed is haal hom uit die kolf uit dan sal jy mos nou sien of dit so is of nie. Onthou net daar is verskillende maniere om hom te bed. Sit maar die plek se naam op jy het mos rede om te kla as dit nie is wat jy betaal het voor nie.
Beretta

Re: Les geleer

Posted: Tue Sep 17, 2013 8:32 am
by sako 30-06
Beretta wrote:Bleuing is maar net n roes proses maar sover ek weet moet die vorige blueing verwyder word die geweer moet gepolish of gebuff word. Om te kyk of die geweer gebed is haal hom uit die kolf uit dan sal jy mos nou sien of dit so is of nie. Onthou net daar is verskillende maniere om hom te bed. Sit maar die plek se naam op jy het mos rede om te kla as dit nie is wat jy betaal het voor nie.
Beretta
Beretta,ek sal vanaand die kolf afhaal en kyk of ek iets kan sien.
Hy was voorheen geglassbed so ek het hulle gevra om dit oor te doen.
Wou hom nie voorheen losgemaak het nie omdat ek bang was dit kan die bedding beinvloed.
Maar aangesien hy oorgeblue moet word maak dit nie saak nie.

Soos ek verstaan moet die wapen 100% skoon wees,roes ens verwyder wees en dan word hy in die eerste "bad" gesit wat alles verwyder,olie of enige iets wat kon oorbly.
Daarna gaan hy deur nog twee of drie prosesse.

Re: Les geleer

Posted: Tue Sep 17, 2013 8:40 am
by Beretta
Jy is reg met wat jy se maar kom ek wed jou daardie blue van jou kom uit so klein bottel uit wat vir diy goed is en vir niks meer nie. Net die woord grind om pit merke uit te kry maak my al reeds baie bang. Onthou net so diep soos wat die pitmerk is soveel metaal moet eweredig verwyder word as ek dit nou reg verstaan.
Beretta

Re: Les geleer

Posted: Tue Sep 17, 2013 8:51 am
by sako 30-06
Beretta wrote:Jy is reg met wat jy se maar kom ek wed jou daardie blue van jou kom uit so klein bottel uit wat vir diy goed is en vir niks meer nie. Net die woord grind om pit merke uit te kry maak my al reeds baie bang. Onthou net so diep soos wat die pitmerk is soveel metaal moet eweredig verwyder word as ek dit nou reg verstaan.
Beretta
Dis presies wat ek dink,hulle het die outjie net vinnig gecoldblue en soos hulel alies.

my geweer is verseker nie gepit nie,ek het hom juis nou gevat omdat ek bang was dit kan gebeur.My pa het gisteraand gese die gunsmith het net bewys hoe min hy weet aangesien hy se my geweer is gepit.

Re: Les geleer

Posted: Tue Sep 17, 2013 9:02 am
by Silent Hunting
Meer as genoeg om man mal te maak. Ek gaan so oor 'n maand of wat vir my "Blueing Bad" bou. Warm proses, nie koue proses nie. Vat amper dubbel die tyd om die warm proses te doen, maar resultate net soveel beter. Jy kry daardie "velvet" finish. Sal maar eers lekker speel en toets op my wapens en dan paar manne met ou bakkie gewere kry as oefen materiaal, en dan Magic.

Re: Les geleer

Posted: Mon Sep 30, 2013 6:14 am
by sako 30-06
Ek het saterdag my geweer by Thinus opgetel,manne ek smile nogsteeds.Die geweer lyk weer splinternuut,die "pitmerke" is weg en my geweer is nou Matt black.

In die vervolg sal ek ek alle werk na thinus toe vat.
Les geleer.

Re: Les geleer

Posted: Mon Sep 30, 2013 6:51 am
by wlm
Silent Hunting wrote:Meer as genoeg om man mal te maak. Ek gaan so oor 'n maand of wat vir my "Blueing Bad" bou. Warm proses, nie koue proses nie. Vat amper dubbel die tyd om die warm proses te doen, maar resultate net soveel beter. Jy kry daardie "velvet" finish. Sal maar eers lekker speel en toets op my wapens en dan paar manne met ou bakkie gewere kry as oefen materiaal, en dan Magic.
Neem fotos en vat ons stap-vir-stap saam deur die proses asb.

Re: Les geleer

Posted: Mon Sep 30, 2013 8:03 am
by mariusr
Bly die roer lyk weer mooi! Want jou storie het geklink soos iets uit 'n Dracula fliek!! iets om van die horries te kry!!!!!?