Page 1 of 1
Loop ge-float
Posted: Thu Sep 12, 2013 9:59 am
by Trevor
Wil net gou by julle hoor, jou geweer skiet goeie groep met patrone wat jy herlaai, toe gaan free float jy die loop en kolf en nou sit jou pitte wyd uitmekaar op die teiken, moet jy nou nuwe lading soek omdat loop vibrasies nou verander het? Ek hoor graag julle antwoorde...
Re: Loop ge-float
Posted: Thu Sep 12, 2013 1:03 pm
by LUAN
Aai Trevor jyt gekrap waar dit nie jeuk. Lekker sukkel wat wag vir jou my maat.
Re: Loop ge-float
Posted: Thu Sep 12, 2013 1:17 pm
by Jake1
Mens wil altyd nog beter en nog beter en dan maak mens iewers fout, aai man. So 'n ding sal my ook omkrap tot ek dit oplos. Hoop jy kry die ding uitgesort. Jy sal maar seker moet begin deur jou ladings te verander. Wens die lewe het ook 'n Undo button gehad.
J1
Re: Loop ge-float
Posted: Thu Sep 12, 2013 1:27 pm
by BRNO (Pierre)
Ek reken nie jy het n fout gemaak nie. Die loop en aksie sou moontlik op een of ander stadium gepak en gefloat moes word. Jy kan uit dit wat jy nou aan die geweer gedoen het, slegs voordeel trek/ Ek sou heel eerste met die TPL begin verstellings maak, aangesien jou kamer steeds dieselfde is. Moontlik is n goeie groep net 0.2mm weg.
Dit voel dalk nie vandag reg nie, maar sodra jy weer n patroon het wat groep, sal jy bly wees. die kans dat jou groepe gaan beter wees, word natuurlik ook nie uitgesluit nie.
Ek wou eindlik aan die begin gese het, dat jy dalk eers ook moet seker maak dat die smid die teleskoop ens mooi vas gesit het, nadat hy die werk gedoen het.
Re: Loop ge-float
Posted: Thu Sep 12, 2013 3:42 pm
by Trevor
Ek het dit gedoen want ek het beter groepe gesoek op ons pmp en hornady skiet dae maar het net my eie ladings gaan staan en groter maak. Ek het stukkie gasket voor tussen loop en kolf gesit en my lading het kleiner geraak maar nie wat dit was nie. Sal met die tpl speel en kyk wat gebeur. Hulle sĂȘ as jy met fabrieks ammo wil wen moet my kamer geream word op my herlaaide patrone se tpl/ogief mates.
Re: Loop ge-float
Posted: Thu Sep 12, 2013 5:05 pm
by Gawie(13mm)
Middag Trevor.
Deel bietjie met ons watter maak en kaliber die roer is en hoe dik of dun die loop is.
Ek neem aan dit is 'n hout kolf?
Is die aksie gebed in die kolf of nie?
Re: Loop ge-float
Posted: Thu Sep 12, 2013 5:21 pm
by PWV
.303 wrote:Aai Trevor jyt gekrap waar dit nie jeuk. Lekker sukkel wat wag vir jou my maat.
Net so!
"If something ain't broken, don't fix it."
Re: Loop ge-float
Posted: Thu Sep 12, 2013 5:34 pm
by Gawie(13mm)
Pieter Willem Vorster wrote:.303 wrote:Aai Trevor jyt gekrap waar dit nie jeuk. Lekker sukkel wat wag vir jou my maat.
Net so!
"If something ain't broken, don't fix it."
Say's the man with the many flyers.
Kom ons help nou die man. "Hind site is always 20-20 vision"
Re: Loop ge-float
Posted: Thu Sep 12, 2013 6:52 pm
by PWV
7mm wrote:Middag Trevor.
Deel bietjie met ons watter maak en kaliber die roer is en hoe dik of dun die loop is.
Ek neem aan dit is 'n hout kolf?
Is die aksie gebed in die kolf of nie?
As jy die prop uitgetrek het en die water loop uit, druk jy net weer die prop terug en die water loop nie meer uit nie.
Re: Loop ge-float
Posted: Thu Sep 12, 2013 8:46 pm
by Gawie(13mm)
Nee Oom, maar as jy die kraan oopdraai, loop die water weer in.
Die floating is is heel moontlik nie die probleem nie.
Re: Loop ge-float
Posted: Sat Sep 14, 2013 11:44 am
by Trevor
Ek doen vandag die bedding met Miles Gilbert Bedrock glass bedding kit. Ek sal die geweer weer kry waar hy was...
Re: Loop ge-float
Posted: Sat Sep 14, 2013 12:08 pm
by PWV
Trevor wrote:Ek doen vandag die bedding met Miles Gilbert Bedrock glass bedding kit. Ek sal die geweer weer kry waar hy was...
Trevor, ek dink dit is 'n goeie opsie. Ek sal net graag wil weet hoe werk die bedding by 'n sintetiese kolf, veral onder die aksie. Ek het so 'n kolf en wonder of bedding onder die aksie enige verskil gaan maak.
Sterkte met die projek!
Re: Loop ge-float
Posted: Sat Sep 14, 2013 12:23 pm
by Trevor
Weet nie sal maar moet wag en sien. Het nou eers Dremel tool gaan koop om die plastiek weg te vat waar die epoxy moet kom