Page 1 of 1
Nuwe speelding vandag gekry
Posted: Wed Sep 11, 2013 7:16 pm
by Blackie Swart
Het vandag my nuwe Burris elimanator 3 laser scope gekry. Het die ou op my 243 gesit. Nou net wag vir die regte weer om dit in te gaan stel.Gister dit by Safari and outdoor Stellenbosch gekoop en vanoggend het die courier dit 800km verder by my afgelaai. Hier is die ou op my 243.
http://i1335.photobucket.com/albums/w66 ... 06e890.jpg
Re: Nuwe speelding vandag gekry
Posted: Wed Sep 11, 2013 8:04 pm
by Marc
Geluk Blackie

Re: Nuwe speelding vandag gekry
Posted: Thu Sep 12, 2013 7:42 am
by Smiley
Maggies maar daai geweer van jou het nou 'n mooi pakkie aan!
Re: Nuwe speelding vandag gekry
Posted: Thu Sep 12, 2013 8:06 am
by mariusr
Mooi Blackie ! Lyk goed op die roer! Maar hoekom lyk jou huis so leeg? Hoop nie jy moes jou meubels verkoop het nie!?he he
Re: Nuwe speelding vandag gekry
Posted: Thu Sep 12, 2013 8:13 am
by Riaan Beeslaar
Baie mooi Blackie
Re: Nuwe speelding vandag gekry
Posted: Thu Sep 12, 2013 8:40 am
by VdWalt
Hoop jy geniet hom sommer baie!
Re: Nuwe speelding vandag gekry
Posted: Thu Sep 12, 2013 9:28 am
by Jakkie 321
Ag te lekker, geniet hom.
Re: Nuwe speelding vandag gekry
Posted: Thu Sep 12, 2013 1:08 pm
by Blackie Swart
Dankie .Met n seer hart moes ek vandag die scope afhaal want die ou is foutief. Gelukkig die manne by Stellenboch is op en wakker en vir my onmiddelik n ander op die courier gesit. Lekker as mens so goeie diens kry.
Nee wat Mariusr. Moes ma die foto daar neem want kon nie n ander plek kry om die geweer op neer te sit nie. Bitter spyt dat ek dit nou oorkom maar nou ja.
Groete
Blackie
Re: Nuwe speelding vandag gekry
Posted: Thu Sep 12, 2013 1:30 pm
by BRNO (Pierre)
Blackie, daai manne weet darrem van diens, en weet hoe om n man se sak te ruk

Baie geluk met die nuwe scope. glo jy sal hom baie geniet.
http://i1335.photobucket.com/albums/w669/jasperswart8/IMG_5456_zps4006e890.jpg
Re: Nuwe speelding vandag gekry
Posted: Thu Sep 12, 2013 3:01 pm
by Chevvy SS
Wat kos hulle?
Re: Nuwe speelding vandag gekry
Posted: Thu Sep 12, 2013 3:07 pm
by Blackie Swart
Chevvyss die scope met die rail was R15 890-00. Kon dit goedkoper kry by VLT maar hulle diens is pateties en wou ook nie die scope courier nie.
Groete
Blackie
Re: Nuwe speelding vandag gekry
Posted: Thu Sep 12, 2013 3:18 pm
by Jean Marais
Blackie Swart wrote:Dankie .Met n seer hart moes ek vandag die scope afhaal want die ou is foutief. Gelukkig die manne by Stellenboch is op en wakker en vir my onmiddelik n ander op die courier gesit. Lekker as mens so goeie diens kry.
Nee wat Mariusr. Moes ma die foto daar neem want kon nie n ander plek kry om die geweer op neer te sit nie. Bitter spyt dat ek dit nou oorkom maar nou ja.
Groete
Blackie
Wat het fout gegaan Blackie? Was dit dalk iets wat ander eienaars ook al ondervind het?
Re: Nuwe speelding vandag gekry
Posted: Thu Sep 12, 2013 6:32 pm
by Blackie Swart
Jean Marais die scope wou glad nie range nie en net die hele tyd n error uitgeskop. Glo nie daar was al so iets nie. Ek het ongelikkig maar net die 1 uit n duisend gekry. Dit was al wa fout was.
Groete
Blackie
Re: Nuwe speelding vandag gekry
Posted: Thu Sep 12, 2013 8:18 pm
by LongWolf
Geluk en geniet hom.
Re: Nuwe speelding vandag gekry
Posted: Fri Sep 13, 2013 7:47 pm
by Blackie Swart
Middag almal
Het vandag so bietjie gaan speel met die nuwe scope.Wel die wind het vreeslik suid gewaai en kon nie die 243 100% instel nie. Stel 2 long tom coke blikkies en ry weg van hulle. Stop en range 360m. Vat waar die kruis my wys,skoot loop en die eerste blik dop om.Ry verder en stop en range 560m. Vat weer waar die aanwysings is.Skoot loop en 2de blik is om.Ek is baie beindruk met die scope se verstellings, beeld suiwerheid en vakmanskap.Ek ken nie die duurder ander scopes nie en die is die eerste keer dat ek so n duur persent vir myself gegoop het en is nog nie een oomblik spyt nie. Sal definitief nog een koop vir my 308 as ek die geld het.Ma net lekker gevoel as mens n produk so geniet. Glo dit is elke sent werd. Moet ma net wag tot ek weer uit die buiteland kom om die scope te fine tune. Kan nie wag om die eerste springbokke om te dop nie.
Groete
Blackie