Page 1 of 3
Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Tue Sep 10, 2013 2:29 pm
by Lourens
Yes ouens,
Die lente is hier en my gat brand behoorlik om weer bietjie die bass gerei te gaan natmaak. Gewoonlik vang ek mar op geleentheid in plaasdamme of so, maar wil bietjie nuwe water gaan verken. Waar is paar lekker plekke in en rondom gauteng waar n man op n saterdag of so bietjie kan gaan bass vang? Ek gee nie om om toegang te betaal nie, solank dit veilig is en daar genoegsame vis is!
Ek luister....
Groete,
Lou
Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Tue Sep 10, 2013 2:32 pm
by VdWalt
Ek luister graag saam op die een ....
Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Tue Sep 10, 2013 2:36 pm
by Katefbessie
Lekker Lourens, ek like dit dat daar darm 'n paar manne is wat die bass ding ook doen. Die kwarrie gat in waterkloof rif hoor ek kan oulike bass lewer maar jy sal wel saam pelle moet gaan vir veiligheids redes en wel i kickboat of pontoon boodjie nodig he! Ek was al lus om my kickboat in die Pienaarsrivier te druk en al af met die rivier bass te vang, ek glo daar behoort i paar menere uit te kom. Ek weet nie of jy wel i kickboat het nie maar dit gaan jou visvang baie vergemaklik veral met damme in gauteng....
Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Tue Sep 10, 2013 2:38 pm
by Lourens Potgieter
Bass-O-Mania.....
http://www.bassomania.co.za/
Jammer ek sit nie meer details op nie, ons lyne by die werk trek swaar...
Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Tue Sep 10, 2013 2:46 pm
by Frikkiedbr
Dankie Lourens, gedink jy gooi net pap

Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Tue Sep 10, 2013 2:49 pm
by 375fanatic
Frikkiedbr wrote:Dankie Lourens, gedink jy gooi net pap

Frikkie bedoel jy lood
Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Tue Sep 10, 2013 2:50 pm
by Lourens Potgieter
Ek doen ja, hehehe...maar ek weet van die plek....hulle doen spesie hengel vir groot karps ook daar, Bass damme is appart.
375, ek is ook Lourens.....goed is vervuil lyk dit my...
Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Tue Sep 10, 2013 2:56 pm
by Frikkiedbr
OOk ok, Nee 375, Deeg se naam is Lourens. En hy hengel , slinger daai pap
Ja nee dis 'n lekker sport daai bass vang. Net soos Fly fishing

Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Tue Sep 10, 2013 3:07 pm
by 375fanatic
ek bedoel lood gooi jy kry 2 tipes
1. net lood aan die lyn en dan dop gooi
2. lood in die veld of skiet baan

Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Tue Sep 10, 2013 3:11 pm
by Frikkiedbr
375fanatic wrote:ek bedoel lood gooi jy kry 2 tipes
1. net lood aan die lyn en dan dop gooi
2. lood in die veld of skiet baan


goeie een 375, moet dit onthou

Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Tue Sep 10, 2013 3:28 pm
by Capt. Yoda
http://www.basslake.co.za/enquiries.htm miskien?
Hul is daar naby Sure Focus skiet baan anderkant Alberton
Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Tue Sep 10, 2013 3:39 pm
by GERT vd M
Capt........
Ek dink basslake is meer na Henly on klip se kant toe maar jy is naby aan reg
Groetnis
Gert
Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Tue Sep 10, 2013 4:09 pm
by Frikkiedbr
Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Tue Sep 10, 2013 4:14 pm
by Katefbessie
Jy mag nie in basslake visvang nie.. dis slegs vir scuba opleiding! Ekt al daar geduik en daar is i paar vet bass.... dit maak mens sy hart net kwyl om daai bass te sien en te weet jy mag nie vang nie.
Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Tue Sep 10, 2013 4:17 pm
by Frikkiedbr
Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Tue Sep 10, 2013 4:18 pm
by mariusr
Roodeplaat dam net buite pretoria weet ek het bass!
Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Tue Sep 10, 2013 4:19 pm
by Katefbessie
Frikkie dan moet jy my asb laatweet waar? En hoe het jy dit reg gekry? Hoelank terug was dit gewees?
Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Tue Sep 10, 2013 4:22 pm
by Katefbessie
Frikkie ekt nou opgelees! Lykmy ek was dan net op die verkeerde tye daar gewees.... Die maand en October laasjaar! Ek gan verseker aar i draai maak in die tye wat hul wel mens toelaat.
Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Tue Sep 10, 2013 5:16 pm
by spekieries
Rust de Winter dam het ook mooi baars. Jy het egter 'n boot nodig as ek dit nie mis het nie. Jammer ons damme het so gevaarlik geraak. Hengelaars moet maar op hulle hoede wees!
Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Wed Sep 11, 2013 8:52 am
by Frikkiedbr
Hello Ruan, nee dis reg, ja nee daar is mooi vis daar binne.
As jy gaan geniet dit

Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Wed Sep 11, 2013 1:01 pm
by RUPERT
Bass lakes het mooi water en mooi bass.Maar jy mag net in die week daar hengel want naweke kry duik voordeel.Hulle is net mal met die koste om in te gaan en te hengel.
Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Wed Sep 11, 2013 1:16 pm
by 375fanatic
eish maar ek kry julle manne jammer ek ry leterlik na werk en 15min later gooi ek my eerste gooi
Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Wed Sep 11, 2013 1:17 pm
by Frikkiedbr
375fanatic wrote:eish maar ek kry julle manne jammer ek ry leterlik na werk en 15min later gooi ek my eerste gooi

die is NOU BAIE ONeties 375
Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Wed Sep 11, 2013 1:20 pm
by 375fanatic
Frikkiedbr wrote:375fanatic wrote:eish maar ek kry julle manne jammer ek ry leterlik na werk en 15min later gooi ek my eerste gooi

die is NOU BAIE ONeties 375
jammer Frikkie bietjie gejok 17min as my stok nie gerig is nie

Re: Lekker bass plekke in en om gauteng?
Posted: Wed Sep 11, 2013 1:21 pm
by Frikkiedbr
375fanatic wrote:Frikkiedbr wrote:375fanatic wrote:eish maar ek kry julle manne jammer ek ry leterlik na werk en 15min later gooi ek my eerste gooi

die is NOU BAIE ONeties 375
jammer Frikkie bietjie gejok 17min as my stok nie gerig is nie

Ja nee VRYF dit nou behoorlik in HOOR
Geniet en vang maar vir ons part ook
