Page 1 of 1

Beter metode/plek vir trailcams.

Posted: Mon Sep 09, 2013 5:59 pm
by Jaktrap
Ek wil graag by die manne met ervaring van trailcams in skaapwereld hoor hoe en waar stel julle jul kameras.
Ek dink op die oomblik daaraan om hom bietjie hoogte te gee maar wil nie onodig tyd mors as dit nie ideale plek is nie. Daar is ook nie altyd n handige hoe ding nie en ek wil nie pale plant wat jakkalse sal ontstel nie.

Ek luister graag
Albe

Re: Beter metode/plek vir trailcams.

Posted: Wed Sep 11, 2013 9:31 pm
by hebron
Albe

Die meeste mense stel maar hul kamaras by die water op, maar as daar skaap in dieselfde kamp is gaan jy n klomp fotos moet deurkyk as jy nie die kamara se aktiewe tyd reg stel nie; jakkalse kom drink gewoonlik water voor die skaap (soggens) of na die skaap weer veld toe getrek het (saans). Die tyd wissel saam met die seisoen.

Waar jakkals spore gereeld gesien word in voetpaaitjies/veldpaaitjies net om te sien hoe gereeld en watter tyd van die dag daar geloop word, my kamara het darem nou na 2weke begin fotos kry van daai jak wat daar loop.

Mooiloop
Willem

Re: Beter metode/plek vir trailcams.

Posted: Wed Sep 11, 2013 9:35 pm
by Riaan Beeslaar
+1 willem

Re: Beter metode/plek vir trailcams.

Posted: Thu Sep 12, 2013 6:19 am
by Jaktrap
Dankie Willem
Ek het dit so maar wil hoor of daar n speifieke hoek is waarteen mens kamera moet opstel.
Hoe meer square hy bv. met paadjie gestel is hoe beter is kans dat jakkals nie flash sal sien nie.
Maar dan moet kamera vinnig genoeg wees om jakkals in frame te vang anders kry jy net blank fotos.
Stel mens hom nader en meer in lyn met paadjie kan jy dalk eers jakkals se loop patroon laat verander en
dan moet jy lank wag voor hy weer loop.
Die jakkals wat jy nou op kamera kry. Is dit dieselfde jakkals wat jy perongeluk in die dag ingeroep het?

Re: Beter metode/plek vir trailcams.

Posted: Fri Sep 13, 2013 5:29 pm
by hebron
Albe
Nee dit was eintlik in die buurman se grond waar ek die ongeluk gehad het, maar dit gee my n idee om my kamara-jakkalse ook daardie tyd van die dag te gaan roep. Die buurman se jak is net 3km van my stel af, so eers n middag roep in n minder goeie terrein en dan sommer aanhou die aand met die jakbure. Soos jy weet neem dit maar n tydjie om daar te kom en staanplek is maar skaars in hulle gebied, maar daar is plek vir dagroep.

Re: Beter metode/plek vir trailcams.

Posted: Fri Sep 13, 2013 8:20 pm
by Jaktrap
Hallo Willem
Daar waar ons daai varserige spore in die pad gekry het dink ek sal n goeie plek wees vir n oggend roep as die
wind uit die weste uit kom as ek my rigting reg het. Mens kan net agter die randjie stop en met die son agter jou
behoort jy daar sukses te he.
Jy sal lekker ver daar kan sien.
Lekker dag.
Albe

Re: Beter metode/plek vir trailcams.

Posted: Fri Sep 13, 2013 8:31 pm
by Dawie
Moenie die kamera so opstel dat hy direkte sonlig op sy sensor kry nie anders trigger die son hom m.a.w dis wenslik dat die kamera min of meer Suid kyk.

Ek's nie so 'n boffin met stel by voetpaaie nie. So wat ek nou sê is maar wat ek dink.....

Hoe nader die jakkals aan die kamera verby beweeg hoe makliker gaan jy 'n blank kry. So ek sal die kamera entjie weg stel en dalk met 'n 45° hoek met die voetpad, dan bly hy bietjie langer in die frame as hy verby draf.

D