Page 1 of 2
jag ongeluk
Posted: Mon Nov 22, 2010 4:45 pm
by muskiet
goeie dag aan almal
wil myself net voorstel eerstens.ek is louw bergh van grunau,namibie.nie te ver van oom Louis 102
ek het n week terug n ongeluk gehad met my 270 ruger.het n 308 koeel deurdie loop afgevuur.my slot het meeste skade opgedoen.wil weet wat ek moet maak?laat regmaak of afskryf?
Ek kyk klaar na n 243 remington met n m700 slot aksie met n 26'' loop 21mm dik.
Enige raad,help my groot asb.
Groetnis
Re: jag ongeluk
Posted: Mon Nov 22, 2010 5:15 pm
by Armand Steenkamp
Welkom hier!
Kyk ek dink die probleem is ons kan nie die slot sien nie so ons weet nie hoefeel skade hy gekry het nie.Maar ek dink nie hy gan weer die selfde wees na daai skoot nie.vat hom maar na n geweersmit toe en hoor wat hy se.My 2c
Groete Armand
Re: jag ongeluk
Posted: Mon Nov 22, 2010 5:58 pm
by Penkop
Welkom,
Klink darem of die skut nie te erg beseer is nie?
Ek's geneig om met Armand saam te stem dat die aksie dalk nie heeltemal dieselfde ou self gaan wees na hierdie avontuur nie.
Kan jy dalk vir ons beskryf presies wat gebeur as jy 'n .308 koe?l in 'n .270 afvuur?
Sterkte daaikant,hoop jy kan red wat daar te redde is.
Groete
Re: jag ongeluk
Posted: Mon Nov 22, 2010 6:01 pm
by Louis102
muskiet wrote:
....Ek kyk klaar na n 243 remington met n m700 slot aksie met n 26'' loop 21mm dik....
Louw
Ek reken koop die nuwe roer (as jy enigsins kan). Ek kan nie glo daardie aksie gaan ooit weer die selfde wees nie, jou loop en kamer het seker ook 'n knou weg en jou kolf is daarmee heen - so regmaak klink of dit dieselfde gaan kos. Sommige sal verskil, maar ek dink die 6mm rem. is in dalk 'n beter kaliber vir jou aanwending as die 270. In jou werk, is vertroue in die roer waarmee jy skiet, uiters belangrik, begin vars.
So nie, laat bou vir jou 'n 243 AI, dan is jy sommer in die platskiet & v?rgooi liga saam met Taffie en Tomcat.
Jammer oor jou moeilikheid, maar nou is die geleentheid om die regte besluit te maak, moenie oorhaastig wees nie. Haal eers die 308 agter die kasdeur uit todat jy seker oor jou besluit is. Dis 'n besluit waarmee jy lank sal moet saamleef, so kies reg.
Sterkte
Louis
Re: jag ongeluk
Posted: Mon Nov 22, 2010 6:34 pm
by Stefan764
Welkom Mosquito!
Hel ou pel, daan kon n lelike biesigheid gewees het! :o
Bly jys oraait. Stuur n fotie van die skade lat ons saam met jou kan rou...
Ek stem 101% saam met Koning Leeu102, begin vars. Die manne gan anyway nie daai roer verniet regmaak nie, so die besluit raak darem al bietjie makliker.
Sterkte met jou keuse van kaliber.
Hoop om nog baie van jou hier opi forum te sien.
7x64 Groete
Stefan
(PS - kyk na n Tikka. Waarde vir geld, jy sal nie spyt wees nie.

)
Re: jag ongeluk
Posted: Mon Nov 22, 2010 6:44 pm
by muskiet
ek het jakkals geroep en was onsuksesvol en toe oppad huistoe net gesoek met die lig.het n rooikat opgetel maar hy was anderkant n stokproed draad teen n berg.het die bakkie gelos en saam mt die werksman geloop.het n goeie energizer flits en doen dit gereeld.by die berg gekom het ek n groot klip uitgesoek en angele die rooikat was toe so 80m van my af.en ja iwers het n 308 patroon by my 270 gekom en nou ja daar was n hengse slag.al 2 my oordrome gebars.maar verder is ek ok.
Die koeel het voor uit gegan en ek dink di kat nog op vrye voet.
Die extractor het gebuig maar niks het afgebreek.die magesyn en als het ondertoe uitgeskiet.grootste deel van ontplofing was afwaarts.
En oom louis die 308 praat alreeds
Re: jag ongeluk
Posted: Mon Nov 22, 2010 9:02 pm
by Freddie101
Ou louw
Bly om jou heelhuids op die forum te sien . freddie
Re: jag ongeluk
Posted: Mon Nov 22, 2010 10:57 pm
by 243Songdaug
Naand Muskiet.
Ek wil my nek so bietjie uitsteek hier - so 'n tydjie terug het een van my maters self ook in sy opgewondenheid 'n 308 rondte in sy 270 afgevuur.
Sy magasynkas is ook oopgeblaas die primer het op die bakkie vasgeskiet en hom 'n streep oor die linkeroogbank getrek. Die dop het geen skouer meer gehad en die primer pocket was ERG ovaal gerek(3 keer die normale size)
(Die 308 projektiel het so 'n rapsie meer as 50mm onder die 270's se groepering op die teiken gesit op 100m)
Die 270 waarmee hy geskiet het het 'n CZ550(basies 'n K98) aksie en ?n swaar profile loop op. Behalwe vir die helse knal en die stukkende oogbank was daar niks fout nie. Ek het die slot totaal en al gestrip, skoongemaak en inspekteur - geen fout gevind nie. Hierna het ek die aksie en loop deurgegaan en ook geen fout gevind nie.
Die einste wapen het my hierdie jaar met die Noordkaap President Streekskiet geklop. Kry die geweer by 'n geweersmid, laat vervang die extractor en laat die wapen goed deurgaan.
Meeste aksies is so ontwerp dat indien daar so 'n "ongelukkie" plaasvind dit die meeste van die gas deur die magasyn sal vrystel - kyk gerus aan die onderkant van jou slot, daar behoort 2 sulke langwerpige gleuwe in te wees wat reguit af in jou magasyn in wys as die slot in die wapen toegemaak is.
As jy die Magnum al ?n paar jaar lees sal jy onthou dat daar in die 80?s op ?n stadium ?n gesprekvoering in Magnum ontketen is nadat ?n leser sy misno? uitgespreek het omtrent ?n verkoopsman iewers in Pretoria wat aan potensi?le kopers demonstreer het presies hoe sterk die 98 aksies is wat op die Musgraves gebruik word ? DEUR ?N 308 RONDTE IN ?N 270 AF TE VUUR - herhaaldelik!!!
Kyk, ek keur dit gladnie goed nie ? maar dit kan gedoen word. Moet dit asb nie weer probeer nie ? laat kyk liewer na die wapen ? as jy hom wil behou.
Laat weet gerus indien jy besluit om hom te laat deurgaan.
Groete.
Jaco
Re: jag ongeluk
Posted: Mon Nov 22, 2010 10:59 pm
by jmb
Muskiet as daai 308 punt deur die 270 is, is daai loop ook daarmee heen. Daai .62mm verskil het daai loop so opgedons dit sal nooit weer reguit skiet nie. Ek is jammer ou maat dit is tyd vir 'n nuwe roer.
Re: jag ongeluk
Posted: Tue Nov 23, 2010 12:46 am
by muskiet
dankie vir al die raad.ek het opgemerk dat daar keepies in die slot is en dat die onderste helfte van die dop weg is.en die stukke het dus uitgeval na ek die slot oopgekry het.die gun het so amper 2000 skote deur die loop gehad.waarvan die helfte 110 grein punte was.
As ek nou reg onthou was dit n hornady interbond punt.(150 grein)
het met n hele paar geweer kenners gepraat en dit blyk of daar oor die jare baie sulke gevalle was en dat wynig van die lope beskadig was.my grootste vrees is die slot.ek kan maklik n kolf en n dik loop lat opsit vir om en by 9000.maar die slot?!
My hart staan 243 se kant toe.ek oes baie wild ook en het n 308 wat ek lat bou het wat uitstekend werk op grootwild.so dus gan die 243 bietjie goedkoper uitwerk as die groter rollies.ek het baie sin vir die bench rest 243 ruger en die prys lyk goed by ons.of die remington 243.dit bly moeilik baie manne se ek moet wegbly van howa.
Gee maar nog raad asb.ek luister graag.
Re: jag ongeluk
Posted: Tue Nov 23, 2010 8:32 am
by Armand Steenkamp
Wegbly van n howa?? Eerstekeer wat ek dit hoor.
Re: jag ongeluk
Posted: Tue Nov 23, 2010 8:42 am
by Jagtersdok
Weet jy hoe gaan 243 lyk as jy 308 deur hom jaag?
Nee wat, Howa maak goeie gewere
Re: jag ongeluk
Posted: Tue Nov 23, 2010 9:21 am
by 243Songdaug
Jy kan met 'n geruste hart vir jou 'n Howa koop. Moet ergter nie te lank wag nie die wapen is besig om homself te bewys en dus raak hulle al hoe duurder.
Groete.
Jaco
Re: jag ongeluk
Posted: Tue Nov 23, 2010 9:31 am
by Skolla
muskiet wrote:
My hart staan 243 se kant toe.
Louw
As ek jou lus vir n .243 reg bekyk het jy moedswillig daai .308 patroon deur die.270 gedruk? Grappie.
Skolla
Re: jag ongeluk
Posted: Tue Nov 23, 2010 9:42 am
by Geno
Selfde ding het met een van my kliente gebeur.
Hy het kom jag met 'n .300weatherby en 'n .338win Mag.
Ons bekruip 'n duiker, en die .300 klap een koekhou!
Die man se vir my dat die geweer meer as gewoonlik geskop het en dat die slot nie wil oopmaak nie.
Terug by die kamp, vat ek toe 'n rubber hammer en slaan die slot oop.
Daar spring toe 'n amper fireformed .338 headstamped dop uit.
Die man moes 'n boek geskryf het: "How to stuff up a Weatherby Mark V Ultramark"
Re: jag ongeluk
Posted: Tue Nov 23, 2010 12:59 pm
by baboonstalker
[shadow=red,left]
Ons bekruip 'n duiker, en die .300 klap een koekhou!
[/shadow]
En die duiker???
Re: jag ongeluk
Posted: Tue Nov 23, 2010 1:04 pm
by Geno
morsdood!
Re: jag ongeluk
Posted: Tue Nov 23, 2010 2:06 pm
by muskiet
nou begin ek te wonder sal moet gan kyk dalk le my kietsie kat daar.want dit was naby en as dit nie vi die foutjie was sou hy an die hak gehang het.
Ek het al met howa gewere gejag en ek stem geen fout.mar wat sal ek nou kies van die 243 gewere beskikbaar?ek kani sako en tikka bekostig nie dus die bench rest ruger kos 11800,howa 10800 en die dik loop remington kos my net onder die 10000.ek sal graag die remington self wil sien.
En oom skolla daai was nie moedswillig gewees nie.
Een ding is verseker ek gan daai 270 se spoed en slaan krag met die 110grein mis!
Re: jag ongeluk
Posted: Tue Nov 23, 2010 2:11 pm
by jmb
Muskiet ek dink jy moet eerder baie bly wees daai slot het jou gemis.

Re: jag ongeluk
Posted: Sun Dec 05, 2010 4:49 pm
by muskiet
dagse manne
wil net se my 270 is reg en hy skiet op n tiekie sos altyd.en hy was nie eers baie uitgestel na die hele petalje.dankie vir al die raad en hulp.
Lekker dag.
Re: jag ongeluk
Posted: Sun Dec 05, 2010 5:09 pm
by Stefan764
Hallo Mosquito
Daie bly om te verneem alles is wel neef!
Groete en veilig wees
Stefan
Re: jag ongeluk
Posted: Sun Dec 05, 2010 7:04 pm
by Penkop
Bly jy kon jou geweer red.
Wie het die herstelwerk gedoen?
Re: jag ongeluk
Posted: Sun Dec 05, 2010 8:29 pm
by Louis102
muskiet wrote:
... wil net se my 270 is reg en hy skiet op n tiekie ...
... en sy baas?
Re: jag ongeluk
Posted: Sun Dec 05, 2010 9:03 pm
by Wouter Roets
Muskiet
Is jy dalk familie van Piet Bergh in dieselfde kontrei?
Wouter
Re: jag ongeluk
Posted: Sun Dec 05, 2010 9:36 pm
by Rooies
Muskiet
Is jy die man wat ek in Douglas raakgeloop het met die vrag lusern by die garage?
rooies