Page 1 of 1
nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Thu Sep 05, 2013 2:55 pm
by cassie_calvinia
so paar maande terug het die nuwe spec 2.5d4d uitgekom?
het iemand al met hom gery? hoe trek hy? wat is sy diesel verbruik?
Re: nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Thu Sep 05, 2013 3:27 pm
by JTM
Sal dit dieselfde 2.5 wees wat nou in die Fortuner ook beskikbaar is?
Re: nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Thu Sep 05, 2013 3:36 pm
by cassie_calvinia
jip
Re: nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Thu Sep 05, 2013 3:44 pm
by savage(P Coetzer)
Het die ander dag met die 2.5 auto fortuner gery en was aangenaam verras. Hy het bietjie meer turbo traagheid as die 3.0 maar kan gladnie met die gewone 2.5 vergelyk word nie. Trek baie goed.
Re: nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Thu Sep 05, 2013 4:20 pm
by Chevvy SS
http://www.toyota.co.za/ranges/hilux#specifications
Vir daai selfde geld koop ek vir my 'n 3.2 Ford. 147kw teenoor 106.
Re: nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Thu Sep 05, 2013 4:36 pm
by Frikkie die Rot
Chevvy,
Die manne sukkel smaak my met die 3.2's. Ek weet ook dat hulle maar taamlik dors is, soo koop eerder die 2.2
Ek hou maar by die Toyota's
Groetnis,
Frikkie
Re: nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Thu Sep 05, 2013 4:40 pm
by cassie_calvinia
die goed is darm net duur. wil graag nuut koop, maar my somme klop nog nie lekker nie!!
ek stem saam, toy of niks. dan koop ek eerder ou bakkie
Re: nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Thu Sep 05, 2013 4:46 pm
by Chevvy SS
Waarmee sukkel hulle Frikkie?
Re: nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Thu Sep 05, 2013 4:50 pm
by Frikkie die Rot
Ek het nie persoonlike ondervinding hangende die saak nie maar dit klink of die elektronika probleme gee. Ek weet van gevalle waar die mense dorp toe gery het en toe hulle wou terugkeer wou die bakkie niks weet nie. 'n Paar se enjins het ook op lae kilos die gees gegee.
Re: nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Thu Sep 05, 2013 4:52 pm
by savage(P Coetzer)
Ek het gehoor van n paar manual ratkaste wat die gees gegee het. Die autos hou glo beter
Re: nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Thu Sep 05, 2013 7:41 pm
by DWB
Ons het die 2.2 110kw weergawe.
Hy loop MOOI
Re: nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Thu Sep 05, 2013 9:24 pm
by JPS
DWB wrote:Ons het die 2.2 110kw weergawe.
Hy loop MOOI
Yip,
my 2.2 loop ook soos stroop en is baie baie sagter op grond of teerpad as die toy.
JP
Re: nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Thu Sep 05, 2013 10:51 pm
by GerhardV
savage wrote:Ek het gehoor van n paar manual ratkaste wat die gees gegee het. Die autos hou glo beter
+1
Gister 'n 3.2 gesien waarvan die bak geskeur het, en dit blyk 'n algemene probleem te wees. IMO die mooiste bakkie op die mark, maar te veel vir my budget. Ek kyk na die Hilux en Isuzu.
Re: nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Fri Sep 06, 2013 7:45 am
by Wouter Roets
Hallo Cassie
Ons het so ses maande terug n DC 4x2 vir een van ons bestuurders op Leydenburg gekoop. Sy vorige bakkie was n 4x4 DC 3.0D4D en die feit dat hy ongelooflik in sy skik is spreuk boekdele. Sy dieselverbruik is tussen 1,5-2 liter af op sy gebruik met die 3 liter.
Die bakkie het meer turbo-lag onder 2000rpm maar bo dit is hy regtig baie naby aan die 3 liter. Hy het hom so ruk terug ge-chip en se daar is nie n bakkie wat nou by bly nie. Wel dit is in elk geval wat hy se en glo.
Ek dink die spesifieke bakkie is baie goeie waarde vir geld en soos ons weet is daar nie n bakkie wat kan saampraat met tweedehanse waarde nie. Die Toyota bakkie het baie sterk kompitisie van ander vervaardigers maar hy tiek nog steeds n klomp bokse op n klomp vlakke.
Groetnis
Wouter
Re: nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Fri Sep 06, 2013 7:51 am
by cassie_calvinia
dankie wouter
heng, die goed maar net duur.
Re: nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Fri Sep 06, 2013 8:04 am
by Silent Hunting
Cassie,
Ek is seker jy kan hom laat aflewer vanaf die Kaap vir 50% afslag. Next day service..........
Henk
Re: nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Fri Sep 06, 2013 8:20 am
by BRNO (Pierre)
Omdat Toyota lank uitgekruit is, as n duur voertuig, reken ek dit is een van die slimste dinge wat hulle nog gedoen het, om die Fortuner met die enjin uit te bring. Vir die prys wat jy betaal, kry jy volgens my ongekende waarde vir geld, en ry gerief, met nog n paar ekstras ook. Indien jy die 2.5 te lig vind, wat ek nie sommer reken jy sal nie, maar onthou dit is ook darrem verseker nie die Prado wat tans in die garage staan se 4l enjin nie, kan jy vir hom n Dastek chip opsit, teen nagenoeg R5k, wat jy kan uithaal wanneer die voertuig gediens moet word, en dan het jy weer verseker n bakgat voertuig in die garage.
Re: nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Fri Sep 06, 2013 8:33 am
by cassie_calvinia
Silent Hunting wrote:Cassie,
Ek is seker jy kan hom laat aflewer vanaf die Kaap vir 50% afslag. Next day service..........
Henk
hahaha hanswors!
tenminste kan ek sien!
pierre
ek neem swaar afskeid van die prado. daai krag is ongelooflik.
maar, die prado het deker letterlik nie 200km gery in die laaste 8 maande. en 120 daarvan was om hom te laat diens. dit is nie die moeite werd nie, ek verloor net.
agwat, met die klein kinders, ry ek inelkgeval net soos 'n ou man.
die 2.7 hilux is 60k goedkoper as die 2.5. dit maak nie sin om 60k te betaal nie
Re: nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Fri Sep 06, 2013 11:40 am
by Wouter Roets
Cassie
Ons het regtig gesukkel om n oordentlike prys te kry op die bestuurder van Richardsbaai se 2.7 DC bakkie. Hierdie is n groot konsidirasie met die koop van n voertuig om nie eers die model se dorsligtigheid in ag te neem nie. Op elke 100km is daar gemaklik n verskil van 5l tussen die twee. Die spesifieke bestuurder het toe n 2.0 Amarok(103kw Diesel) gevat en hy is ook so happy soos n matroos op shoreleave.
Groetnis
Wouter
Re: nuwe spec 2.5 d4d hilux
Posted: Fri Sep 06, 2013 4:29 pm
by Lamtjop
Cassie, tussen die 2.7 en 2.5d sal ek eerder die 2.5d vat, ek het n 2,7 vvt-i en ek kry nooit 8km/l nie meeste so 7,3km/l maar raak net haastig dan is dit 6,6km/l. So kom ons sĂȘ ek kry gem 7km/l dan ry ek op die oomblik teen R2/km as jy met die 2,5d so 12km/l kan kry is jy amper dan n Rand/km goedkoper. Brandstof gaan net duurder word. Groete