Page 1 of 1
Scope vir n 303
Posted: Wed Sep 04, 2013 12:12 pm
by VanTheGlockMan
Ek het n 303 gekry vir my verjaardag. Hy is sporty en kort net n scope dan is hy reg om te roer
Ek kan die volgende kry teen kos prys + vat:
Redfield REVENGE 3-9X42 MATTE 4-PLEX
Weaver 3-9 x 40 Matte Duplex
Bushnell BANNER 3-9X40 BDC of Matte
Sightron SIGHT S1 3-9x40 HHR
Tasco WORLD CLASS 3 - 9 X 50 MATTE
Wat stel julle voor?
Groete
Re: Scope vir n 303
Posted: Wed Sep 04, 2013 1:06 pm
by vlakvark1
Wat gaan jy meeste jag met die geweer
Ek het n 3-9x40 op my 303 gehad maar as jy naby skiet in die donker bv in mielies dan sien
n man nie mooi nie
Ek jag hoofsaaklik bosvarke binne in mielies en het n Lynx 1.5-6x50 opgesit omdat ek nie
tegroot vergroting wil hĂȘ as ek naby skiet nie
Dan skiet ek ook groter wild met hom en vlakvarke tot op 150m en natuurlik jakkalse
Re: Scope vir n 303
Posted: Thu Sep 05, 2013 8:47 am
by VanTheGlockMan
Dis gan maar meestal in die bosveld wees, loop is ook korter gemaak en is n 20 duim loop.
Re: Scope vir n 303
Posted: Thu Sep 05, 2013 10:49 am
by LUAN
Ek het n Leupold vxII 2-7x33 op myne en is heel gelukkig. As ek my teiken aanpas kan ek nog fyn skiet op 200m met hom. Vir bosveld wil jy n lae vergroting he. Kan jy niks anders kry as daardie in jou lys? Vlakvark1 se scope klink reg vir die werk.
Re: Scope vir n 303
Posted: Thu Sep 05, 2013 11:20 am
by VanTheGlockMan
Ek is oop vir enige ander voorstelle, dis net wat ek teen kos prys kan kry.
Re: Scope vir n 303
Posted: Thu Sep 05, 2013 11:21 am
by LUAN
Kontak Monrique Sj hier op die fourm vir n Burris Fullfield 2-7x35 vir n goeie prys.
Re: Scope vir n 303
Posted: Thu Sep 05, 2013 11:46 am
by VanTheGlockMan
Baie dankie
Re: Scope vir n 303
Posted: Thu Sep 05, 2013 11:58 am
by spekieries
3x9 Redfield. Het so een op my .303. Hy werk baie goed vir my. Basies dieselfde ding as 'n VX1 Leupold. Lewenslange waarborg met goeie na verkoop diens.
Re: Scope vir n 303
Posted: Thu Sep 05, 2013 12:27 pm
by VanTheGlockMan
Myne se kolf sit fantasties in my skouer en ek is baie gemaklik met hom. Is self gewoont aan n 3-9x40 en kyk defnitief na die Redfield. Kan hom kry vir R1700.
Re: Scope vir n 303
Posted: Tue Sep 10, 2013 11:01 am
by VanTheGlockMan
Het toe maar besluit op n Nikon Prostaff 4-12x40.
Re: Scope vir n 303
Posted: Tue Sep 10, 2013 12:22 pm
by BRNO (Pierre)
VanTheGlockMan wrote:Het toe maar besluit op n Nikon Prostaff 4-12x40.
Jy sal in jou lewe nooit spyt wees nie. Daai Nikon sal jou kan uitleef.
Re: Scope vir n 303
Posted: Tue Sep 10, 2013 12:50 pm
by VanTheGlockMan
Is baie beindruk met hom ja, alles wat ek gelees het is net goed.
Re: Scope vir n 303
Posted: Tue Sep 10, 2013 8:30 pm
by LongWolf
Goeie keuse!!!
Re: Scope vir n 303
Posted: Thu Sep 12, 2013 8:07 am
by VanTheGlockMan
Het gister ook n Nikon Sunshade by S&O gekry.