Page 1 of 1
Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 6:41 am
by jakkalspietersielie
Goeie dag aan almal.
Ek het besluit dit is tyd om vir my so 5 nuwe gewere aan te skaf vir jag en omdat ek 3gun wil begin skiet.
Ek wil asb julle insette hoor oor in watse volgorde ek die wapens moet koop en dalk indien moontlik waar ek die beste pryse sal kry.
Die gewere is as vold
CZ .30-06
CZ P-07 DUTY 9mm
CZ .375
Benelli M2 semi-auto 12ga
en n LM(R)4
Dankie
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 7:00 am
by Fanta300
As jy reeds toegewyde sportskut status het kan jy almal gelyk indien. So nie, sou ek met die 9mm en 30.06 begin en eers status kry.
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 7:09 am
by jakkalspietersielie
Ek het klaar toegewyde status. dis net die finansies wat my so bietjie trug hou. ek het op die oomlik so R30 000 om te spandeer
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 7:41 am
by Fanta300
Dit sal dan seker afhang van watse wapens jy reeds het?
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 7:47 am
by jakkalspietersielie
Al wat ek op die oomblik het is n BRNO .22LR
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 8:13 am
by DWB
Ek stem ook vir 30-06 en 9mm en dalk 'n haelpomp vir 'n begin.
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 8:50 am
by savage(P Coetzer)
Jy kan maar van die R4 vergeet en eerder na n LM kyk.
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 9:07 am
by Gerrie Smith
Jou gewere nuut gaan omtrend die vlg kos - nuut: CZ 30-06 - R13600-00: Cz P-07 Duty - R8000-00; Cz 375 - R18000-00; Lm 5 - R18500-00. Het nie 'n prys op die Bellini nie maar sal uitvind as jy wil. Ons het Hatsan 12g pompaksie vir R5500-00.
Groete
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 10:50 am
by zipp
Gooie keuses.
Ek sou die LM(R) 4 vervang met n AR want dis meer bekombaar. LM is nou net 2de hands - die wat as nuut verkoop word is ingevoer en nie baie betrobaar nie.
As jy erenstig 3 gun will skiet sou ek die Duty met n CZ 75 SP01 Shadow vervang. Myne lopp al so 5000 rondtes, eerste stooring verlede naweek. Ammo het teveel was 'lube' op gehad.
Ek het n 30-06 550 predator, met camo kolf, nuut, wat jy kan kry vir R11 250, as jy will
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 12:37 pm
by jakkalspietersielie
zipp kan jy vir my fotos dalk asb mail
jpieterse@mweb.co.za ek stel belang.
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 12:38 pm
by jakkalspietersielie
zipp so jy se die shadow is beter as duty. en wat is sy gewig want ek gaan die 9mm elke dag dra
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 12:46 pm
by LUAN
As jy die benelli koop is daar nie veel van jou budget oor nie.
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 12:47 pm
by jakkalspietersielie
weet jy dalk wat kos n Benelli??
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 12:51 pm
by LUAN
Wel ek weet die benelli vinci was hier by R22k weeti wat hy nou kos nie.
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 12:56 pm
by jakkalspietersielie
want my pel wat by my plaaslike geweerwinkel werk het die benelli M2 vir R14k
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 3:11 pm
by jakkalspietersielie
ek moet n regstelling maak daai prys is nie op n benelli nie dis op n bernardelli
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 4:46 pm
by jakkalspietersielie
dankie vir almal se insette
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 8:00 pm
by zipp
die Duty is 770 g
die Shadow 1080 g
As jou hoof doel kompetiesie is, koop die shadow eerste, jy kan die Duty later vir self verdediging koop en die Shadow hou vir sport.
Die Shadow is een van die mees gesogte wapens vir sport en jy sal gooie geweer hanteering en "mussel Memory" opbou met die shadow wat jy net so na die duty toe kan oordra. Andersom is die verskil grooter. gaan na jou plaaslike IDPA of IPSC club en kyk wat skiet die ouens in ESP(IDPA) en Production (IPSC).
vir die Hael geweer kan jy moontlik na die Remington 870 kyk. Hulle behoort so R 12 000 te kos waneer die volgende besending land.
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 8:54 pm
by jakkalspietersielie
zipp kan jy asb vir my jou besonderhede stuur ek stel regtig belang in daai CZ thanks
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 9:03 pm
by jakkalspietersielie
dankie zipp jammer ek maak so oorlas van myself het die mail gekry
Re: Watter gewere eerste
Posted: Wed Sep 04, 2013 9:21 pm
by jakkalspietersielie
Is daar n verskil tussen die CZ shadow en die CZ 75 B. en tweedens waar kom ek aan hulle. al die handelaars rondom my het net die duty
Re: Watter gewere eerste
Posted: Mon Nov 11, 2013 10:16 am
by Shaker
Die Shadow is in n liga van sy eie.
Dis groter en swaarder as die duty as jy aan elke dag dra dink.
Die CZ Tactical is ook n lekker pistool maar as ek net een pistool tussen al die CZ's kon kies sou dit die Shadow wees.
Re: Watter gewere eerste
Posted: Mon Nov 11, 2013 11:19 am
by Armand Steenkamp
Piet skiet, was seker nie n baie goeie pel nie....
Groetnis