Page 1 of 1

Vector Optics

Posted: Tue Sep 03, 2013 3:57 pm
by Deong
Hi

Kan iemand my asb raad gee oor die Vector Optics 'sagittaruis' 10x40x56 FFT scope. Ken glad nie die tiepe scopes nie en wil nie met n te duur scope begin nie. Wil begin verder skiet en dit meer van n uitdaging maak deur die verstelling op die scope vir afstand en wind te doen.

Re: Vector Optics

Posted: Tue Sep 03, 2013 4:01 pm
by Arnold
Deon, dit gaan 'n groot uitdaging en gesukkel wees as jy nie met iets ordentlik begin nie.
Kyk eerder na Vortex as jy iets soek wat met 'n V begin ;)

Vergroting is nie alles nie!

Re: Vector Optics

Posted: Tue Sep 03, 2013 4:08 pm
by Deong
Dankie

Wat sal jy aanbeveel en dit hoe nie met n V te begin nie.

Re: Vector Optics

Posted: Tue Sep 03, 2013 4:14 pm
by Arnold
;)
Watse kaliber en vêr wil jy skiet?

Re: Vector Optics

Posted: Tue Sep 03, 2013 4:18 pm
by Deong
Ek het n 25-06 en so ver as wat die geweer my sal toelaat.

Re: Vector Optics

Posted: Tue Sep 03, 2013 4:20 pm
by hencohugo
Ek het al baie saam met hom geskiet. Hy skiet gewoonlik nie baie verder as so 130 tot 150 meter nie. Ek dink hy wil nou tot op so 200 meter gaan. ++>: ++>: ++>:

Re: Vector Optics

Posted: Tue Sep 03, 2013 4:23 pm
by Arnold
Lees maar 'n bietjie hier op die forum, aangesien daar al 'n paar topics was wat dit bespreek.
Jou gebruik is egter steeds bietjie vaag die rede hoekom ek dit sê is dat 'n swaar taktiese scope nie noodwendig gaan goed pas by 'n jaggeweer nie.

Ek sou kyk na iets soos die Swarovski Z6 5-30x50 BT >:+

Re: Vector Optics

Posted: Tue Sep 03, 2013 4:30 pm
by Deong
Dankie, hoor wat jy se en ek moet n keuse maak of ek wil jag met die geweer en of ek wil ver skiet.

Dankie

Re: Vector Optics

Posted: Tue Sep 03, 2013 10:53 pm
by SV MAD (Henk)
Ek het die vektor sagitarius op my 223 gehad en dit was n baie lekker scope. Glase is baie helder, first focal plane met mildot maak afstand skat maklik etc. Ek sal weer van hulle opsit. Het ook die 4x16x50 op my 375 gehad, niks binne 250-300 was veilig met daai geweer ook nie. Baie nice scope, vir nie baie geld nie