Page 1 of 1
7mm STW
Posted: Sun Nov 21, 2010 11:14 am
by jmb
Het gister my 7mm STW Sendero gekry. Het nog net stoorpermit maar kan hom darem vashou en kyk. Sal later fotos plaas. Kan nie wag om hom op die bobbejaan populasie los te laat nie. Ek weet die ding is 'n loopvreter maar daai patrone!! Die goed maak my sommer opgewonde deur net vir hulle te kyk.
Re: 7mm STW
Posted: Sun Nov 21, 2010 12:37 pm
by Nico Harris
wil jy my regtig se jy gan nie met hom skiet nie...

Re: 7mm STW
Posted: Sun Nov 21, 2010 12:41 pm
by Monrique (SJ)
jmb
Sal die STW reg wees vir skiet as ek kom kuier?
Groetnis
SJ
Re: 7mm STW
Posted: Sun Nov 21, 2010 6:38 pm
by jmb
wil jy my regtig se jy gan nie met hom skiet nie...
Ek het nie die vaagste benul waarvan jy praat nie.

Jy weet mos mens mag nie ammo vir hom he nie.
Haai SJ dit hang af wanneer jy kom kuier.
Re: 7mm STW
Posted: Sun Nov 21, 2010 6:48 pm
by Jagtersdok
Jy moet al die ammo wat jy het vinng gaan uitskiet
Dan kry jy nog en skiet hulle weer uit

Re: 7mm STW
Posted: Sun Nov 21, 2010 7:07 pm
by jmb
Jagtersdok vinnig is presies wat hierdie geweer is. Ek wil 180 gr Berger's vir hom kry wat ek so teen 3000fps plus wil lanseer. Dit behoort bobbejaan se kind op 500m se dag deurmekaar te krap.
Re: 7mm STW
Posted: Sun Nov 21, 2010 8:03 pm
by Monrique (SJ)
jmb
Ek wil kyk as dinge uitwerk om dalk volgende naweek daai kant toe te kom. Sal laat weet as dinge so kan realiseer.
Jy my PM gekry vroeer?
Groetnis
SJ
Re: 7mm STW
Posted: Wed Nov 24, 2010 4:22 pm
by namhunt
Wat dink julle van die meneer. Hy sal ook mooi werk vir Bojane.
Ek weet nie so mooi van sy loop lewe nie. Sal seker nie goed wees nie.
http://www.fergusonrifles.com/hot_tamale/
Name: .257-7mm STW
Ferguson "Hot Tamale"
.257 Cal, Barnes ? 100 grn
Ballistic Coeff: 0.430
Bullet Weight: 100
Velocity: 4011
Groete
Daan
Re: 7mm STW
Posted: Sun Dec 05, 2010 8:50 pm
by Wouter Roets
Daan
As daai roer net in die regte hande kon kom was Zim se probleme sommer van so 800m af uitgesorteer!

Wout