Page 1 of 1
Ram veiling
Posted: Wed Aug 28, 2013 12:23 pm
by cassie_calvinia
Gister die 5 ramme op BKB veiling gekoop.
hoop hul werk net so fluks soos hul baas!!
http://i1086.photobucket.com/albums/j459/Cassiecalvinia/SAM_0159.jpg
http://i1086.photobucket.com/albums/j459/Cassiecalvinia/SAM_0163.jpg
Re: Ram veiling
Posted: Wed Aug 28, 2013 12:43 pm
by Eugene
Baie geluk! Baie mooi ramme daai!
Lyk my die "baas" is moeg as hy ramme koop om die werk te doen...

Re: Ram veiling
Posted: Wed Aug 28, 2013 2:01 pm
by mariusr
Hoop daar is genog ooie !!! Die manne lyk sterk en fris reg vir die "job"!!?
Re: Ram veiling
Posted: Wed Aug 28, 2013 2:05 pm
by Geno
Netjies Casman!
Mag hulle slegs ooilammers maak!
Re: Ram veiling
Posted: Wed Aug 28, 2013 2:35 pm
by Kalahari
Mooi ramme Cassie, is die ramme al gewissel of is hulle nog lammers?
Lekker weer wat julle daar het, bietjie reen gehad?
Re: Ram veiling
Posted: Wed Aug 28, 2013 2:50 pm
by Foxcreek
Mooi man Cassie, dis voorwaar 'n klompie netjiese Moframme daai!
Re: Ram veiling
Posted: Wed Aug 28, 2013 3:33 pm
by Chevvy SS
As jy die Prado al verkoop het kon jy nog 3 ramme gekoop het!
Re: Ram veiling
Posted: Wed Aug 28, 2013 3:59 pm
by cassie_calvinia
dalk so 2 chevvy!
dit is 2 tand ramme
Re: Ram veiling
Posted: Wed Aug 28, 2013 6:24 pm
by Freddie101
Casman
Lekker om te sien jy is merinoboer. Mooi man.
Dan nog lekker groen ook by jou. Stuur bietjie aan ons soek diekant.
Geluk met ramme. Merinos het nog altyd die rekeninge en die grond betaal.
Groetnis Freddie
Re: Ram veiling
Posted: Thu Aug 29, 2013 6:29 am
by Henry 7
Cas
Is dit Konsortium ramme daai?
Henry
Re: Ram veiling
Posted: Thu Aug 29, 2013 8:38 am
by Plant
Baie mooi skaap.
Soos Freddie sê die Merino's betaal die rekeninge.
'n Oom het eendag vir my gesê "boetie, daar is geen wisgewender boerdery soos 'n Merino ooi wat elke jaar 'n 2 ling speen en 4 kg 19 mikron wol skeer nie"
Sien dis lekker groen daar by jou, watter kant van Calvinia boer jy?
Re: Ram veiling
Posted: Thu Aug 29, 2013 8:50 am
by cassie_calvinia
ek boer tussen calvinia en sutterland. so 60km uit calvinia
Re: Ram veiling
Posted: Thu Aug 29, 2013 9:20 am
by Marc
Cassie
As jy wil hê daai manne moet so fluks wees soos jy, sal jy hulle Naweke moet lapa toe nooi vir 'n koue eenetjie
Mooi ramme daai, geluk
Re: Ram veiling
Posted: Thu Aug 29, 2013 6:52 pm
by johans
cassie_calvinia wrote:Gister die 5 ramme op BKB veiling gekoop.
hoop hul werk net so fluks soos hul baas!!
http://i1086.photobucket.com/albums/j459/Cassiecalvinia/SAM_0159.jpg
http://i1086.photobucket.com/albums/j459/Cassiecalvinia/SAM_0163.jpg
is dit jy daai met die stukkende jean of is dit jou voorman

Re: Ram veiling
Posted: Thu Aug 29, 2013 8:03 pm
by slang
Mooi ramme Cassie, ek was so 2 jaar trug op Middelpos, het daar melkbokke loop koop. Moet weer iewers n nuwe ram kry vir my? Wat se bome bot daar agter op die een foto?