Page 1 of 2
Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Thu Nov 18, 2010 4:44 pm
by Penkop
Hallo Almal,
Kan julle my help? Ek soek raad aangaande Tikka en Sako gewere. Ek is redelik seker dat ek 'n .308 gaan koop sodra my bevoegdheid goedgekeur is... Ek tob nog net oor die geweer wat ek moet kies nie. Ek het besluit om wel iets uit die Sako fabriek te kies, my opsies is:
Tikka Varmint = R18 500,
Tikka Super Varmint = R20 000 (slegs vlekvryestaal)
Sako Varmint = R28 500.
Die Super verskil van die gewone Varmint dat dit 'n picatiny rail het, vlekvryestaal is en 'n verstelbare kolf het.
Die Sako het 'n hout kolf en is blykbaar meer duursaam afgewerk en het 'n ander grendelaksie as die Tikka, maar
klink vir my die akkuraatheid is baie eenders.
Ek wil graag 'n ordentlike teleskoop opsit en sien Zeiss maak 'n nuwe reeks, die Duralyt reeks, wat heelwat goedkoper is as hulle bestaande reekse.
Is die Duralyt net so goed soos die Conquest byvoorbeeld? Moet ek die 3-12x50 neem (R8 600) of gaan dit te hoog op die geweer gemonteer wees? Moet ek dalk eerder 'n 40 of 44mm teleskoop oorweeg?
Raven, ek sien jy is baie lief vir jou Tikka, kan jy en die ander Tikka/Sako manne dalk persoonlike oorwegings ook lys?
Dankie by voorbaat, kan nie wag om julle raad te kry nie!
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Thu Nov 18, 2010 5:30 pm
by Monrique (SJ)
Penkop
Hierdie is slegs my mening.
Gaan na n winkel toe en voel al die gewere, tel hom op en voel hoe hy sit in jou skouer, as jy selfs kan skiet met hulle nog te beter, en maak dan jou keuse oor watter een jy wil he of dalk koop jy twee waarvan 1 n .243 is!
Die scope vergroting en lens size sal seker maar daarvan afhang waar jy jag, bos of vlakte, waar skiet afstande verkil. Sal ook seker afhang of jy in die nag met hom wil skiet, en dan is die 50mm n beter opsie as die 44mm en kleiner. Glo met n Zeiss is daar nie fout nie.
Laat weet ons wat jy gaan vat as jy besluit het, en laat Terminator sommer vir jou n KD maak dan sit jy die ook op.
Groetnis
SJ
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Thu Nov 18, 2010 5:34 pm
by Raven
Penkop,
Ek het die Tikka T3 gevat omdat ek nie beter kon bekostig nie

My T3 varminter was R14500, so jy kan bietjie stry om die prys af te kry.
Die gewere is baie akkuraat, jy moet net jou kant bring.
Sover ek weet is die Sako en Tikka se lope dieselfde gehalte, so die ekstra geld kan jy liewers gebruik vir 'n goeie Scope.
Die verstelbare cheekpiece is "nice", maar weereens kan jy die verskil bylas by die scope.
'n goeie geweer is nikswerd met 'n swak gehalte scope.
Raven
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Thu Nov 18, 2010 5:35 pm
by Raven
Penkop,
Oooja, is jy ernstig oor die .308 opsie???
Raven
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Thu Nov 18, 2010 6:12 pm
by Yalair
As jy die geld het koop die SAKO anders kan jy Tikka koop altwee goeie gewere
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Thu Nov 18, 2010 6:29 pm
by jmb
Haai Penkop die Sako en die Tikka is basies dieselfde gewere. Word in dieselfde fabriek gemaak. Die Tikka het egter 'n plastiek magasyn en snellerbeuel. Dit is al basiese verskille. Dit is nie nodig vir 'n 50mm scope nie. Ek het nou die dag deur 'n 42 3-18 Swarovski gekyk met 'n 25mm tube en ek kon nie glo hoe helder hy is nie. Ek sou ook voorstel koop die Tikka en gebruik dit wat jy spaar vir 'n goeie scope.
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Thu Nov 18, 2010 8:41 pm
by Penkop
Dankie vd reaksie tot dusver.
Raven, waar kan jy 'n Varmint kry vir R14 500?
Ja,ek dink die 308 is baie veelsydig, akkuraat en nie te finikie as jy herlaai nie? Maar miskien ooreed julle my om iets anders te vat..??
Het iemand dalk eerste handse ondervinding met die Duralyt?
Hoe vergelyk Swarovski en Zeiss se pryse en modelle?
Dankie vd insette
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Thu Nov 18, 2010 9:08 pm
by Penkop
Oja, SJ, wat maak dat jy 'n 243 verkies?
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Thu Nov 18, 2010 9:09 pm
by KSV
Penkop,
Se vir ons wat jy wil maak met die roer? Jakkalsjag, vlakte wild of innie bos jag.
Glo dan sal jy 'n beter aanwysing kry vir die kaliber. O ja en watter grote wild.
Kalahari Groete
Hein
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Thu Nov 18, 2010 9:46 pm
by Louis102
Raven wrote:
.... so die ekstra geld kan jy liewers gebruik vir 'n goeie Scope. ... 'n goeie geweer is nikswerd met 'n swak gehalte scope ...
Hau! Raves, ek dink hierdie is van die beter raad!
Kalahari Sands Varminting wrote:
... Se vir ons wat jy wil maak met die roer? Jakkalsjag, vlakte wild of innie bos jag.
... en KSV, hierdie die belangrikste vraag.
Louis
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Thu Nov 18, 2010 9:51 pm
by Jagtersdok
Penkop
Sj het vir jou uitstekende raad gegee. Gaan voel die geweer, streel hom vryf hom, size hom. Dis soos vrou vat my maat, en as jy die verkkerde een vat kan dit ook duur speletjie wees, die roer gaan darem nie jou huis en jou kar vat nie.
Wat akuraatheid betref, nee wat daar is nie noemenswaardige verskil nie. Almal van hulle skiet styf van die rak af. Nou weer hang dit af of soek jy houtkolf of sinteties. Wat vind by jou aanklank? Wil jy 'n Sako h? net omdat jy kan s? jy't 'n Sako of het die geweer iets in jou binneste laat roer. As ek aan elkeen van my gewere vat roer daar iets in my binneste, van my Ou Lee Enfield, Musgrave of die Forrest. Ek het 'n passie vir my gewere en ek weet waar ek die kruis sit val die skoot. Elkeen voel reg in my skouer, op my oog ens.
Scopes laat ek myself nie baie oor uit nie want almal weet eks 'n Burris man.As ek een dag vir my R100 000 se geweer koop sal ek Swarofski koop om met hom saam te loop. Maar al wat ek vir jou kan s? gaan kyk deur die goed. kyk na hulle waarborge, en kies die regte scope vir die aplikasie wat jy hom gaan gebruik, met die regte vergrotings en lens grootes.
Laastens 308 is ALTYD 'n goeie ALLROUNDER en saam met 270, 7x64 of iets in daai voege 'n goeie keuse vir eerste geweer.
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Thu Nov 18, 2010 10:56 pm
by Penkop
KSV,SJ,Louis,Jagtersdok,
Wat ek die meeste vertroud mee is,is 'n Lee Enfield No4Mk2, heeltemal oorspronkik - behalwe vd Parker Hale gaatjie visier wat bygekom het! Ek geniet daai geweer gate uit! Maar wil hom netso oorspronklik hou.
My idee is om 'n moderne geweer aanteskaf in 'n soortgelyke kaliber, maar darem 'n moderne kaliber, wat ek tot so 400m kan gebruik vir biltong jag Gems,Kudu,Springbok ens - van Ellisras tot Mariental en natuurlik die Vrystaatse vlaktes!),maar as die geleentheid hom voordoen om jakkals te jag moet die teleskoop darem halfpad die ding te kan doen? 56mm is dalk oorbodig,maar 40mm is dalk net te swak in swak lig?
Ek hou van kwaliteit,maar wil nie (en kan nie..) R40k vir 'n geweer betaal as 'n R20k net so akkuraat gaan skiet nie - selfde met teleskope.
Jagtersdok, hoekom is dit so dat vrouens nie ons uitgesproke liefde vir ons gewere kan begryp nie?!
Ek oorweeg dit om op 'n stadium 'n verskoning uit te dink om Klerksdorp se kant toe te ry en by die Sako/Tikka handelaars (Frontier) in te loer en te kyk of ek 'n Tikka en Sako kan karfoefel... Maar eks bang ek oortuig myself om die ekstra R10k vd Sako uit te haal...?!?
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Thu Nov 18, 2010 11:01 pm
by Jagtersdok
Want hulle is bang ons is dalk liewer vir ons gewere as vir hulle. Hahaha

Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Fri Nov 19, 2010 7:41 am
by boeta
Penkop
Ek het ook met die keuse gestaan en toe besluit op die Tikka t3.Die Sako is net te duur vir die amper die sele roer.Soos die manne al gese het spandeer die ekstra geld eerder aan n scope en dan in ordentlike doppe.Ek het twee Tikkas en is baie tevrede met hulle.
Boeta
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Fri Nov 19, 2010 8:21 am
by MJK
Penkop
Ek het self Tikka in 270 en daai roertjie het al baie diens gedoen. Seepgladde aksie. Ek sal eerder Super Varmit koop met SS loop as Sako en orige geld spandeer op goeie teleskoop/ herlaaitoerusting om maksimum uit die roer te kry
my 1/2 sent...
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Fri Nov 19, 2010 8:31 am
by Monrique (SJ)
Penkop
Eerstens oor die .243, net gegrap oor die .243, maar, dit bly n lekker roer, ons hier like hulle.
Om terug te kom na jou vraag, as jy n 'werk geweer' sal ek gaan vir die Tikka, hy is ongeveer R10000 goedkoper as die Sako en jy gaan dalk nie so goor voel as hy dalk n krap merkie opkry nie. Die akuraatheid is so te se dieselfde en vir jag gaan jy nie eers die verskil agterkom nie.
Jy kan altyd n paar rand ekstra spandeer aan n kyk glasie van goeie kwaliteit of net n Burris vir jou kry en daar loop dinge sommer oop.
Ek dink die .308Win is n goeie keuse vir n eerste geweer. (almal sal nou seker nie met my saamstem, maar my mening) Hy trap nie so baie soos n 30-06 bv. nie en skiet ook n 150gr koeel mooi. As ek jy is sit dan sommer van die begin af n scope van bv. 3-12x50mm en kan jy dan ook lekker snags skiet as die geleentheid hom voordoen.
Jy kan ook dan later vir jou n .270 bysit wat hom net kan komplimenteer soos Jagtersdok tereg gese het. As jy self gaan herlaai, gaan die .308 jou ook nie baie geld kos in vergelyking met sommige kalibers, en die herlaai komponente vrylik beskikbaar.
Net my 2c soos FM altyd se.
Hoop jy maak sin wat ek probeer se.
Groetnis
SJ
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Sun Nov 21, 2010 6:19 pm
by Armand Steenkamp
Penkop
Ek wil ook nou maar my mening ini boling gooi.Ek dink nie die Sako is n R10000 beter geweer as die Tikka nie.Ek dink jy betaal meer vir die naam.Op die kaliber keuse sou ek so n paar posts trug sonder twyfel 308W gese het.Maar toe lees ek jy wil 400m skote vat!Die ou 308W het maar n krom trajek as jy self laai kan jy sy gat lekker warm maak dan is die trajek beter.Ek dink nogsteeds jy moet die 308 vat en sy trajek goed leer ken.
Ek het n pel wat n RSA bisly 308 het met n Smit&Bender En hy was gebore met daai geweer in sy hande.Hy het my eenslag vertel dat hy springboke 350m en verder skiet.Ek het hon gespot en gese hys net soos n visserman hy maak ook als langer!Ek gan jag toe op n slag saam met hom en ons ry nog so toe staan daar n paar springbokke op die randjie.Hy klim toe sommer ini skietstoel en toe die skoot klap le die bok. 355mMet die range vinder gemeet.Toes my bek stil!
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Sun Nov 21, 2010 8:43 pm
by Penkop
Dankie almal,
Elke 2c help. Julle is welkom om meer opinies en raad te lug - goed of sleg. Dit help my om 'n besluit te vorm. Ek sal defnitief laatweet wat ek gekoop het sodra dinge opdaai stadium kom.
Groete
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Sun Nov 21, 2010 8:46 pm
by Stefan764
As n man sy roer ken en KAN afstand skat kan jy self met n 303 op vierhonderd tree raakskiet.
Ek dink kaliberkeuse gaan maar oor persoonlike smaak...
Gan vir die Tikka, jy sal nie spyt wees nie.
Tikka-groete
Stefan
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Sun Nov 21, 2010 9:52 pm
by Raven
Manne,
EK het groot geraak met my Pa se .270 voere, en ek kan nou saamstem met wat julle hier se.
Daai .270 met sy dun lopie kon min verkeerd doen, en ek het al 'n Gemsbok briekke aangesit op 900-1000m, dis nou wanneer die jagter glo hy kan breinskoot skiet en dan my bokke deur die neus skiet.
My punt is as jy jou geweer ken dan ken jy hom, maar persoonlik vir my as 'n normale jagter wat nie heeldag Bisley of skerpskutter is nie, soek ek 'n kaliber wat bietjie vergewend is.
Ek en my broer het saam besluit om 'n geweer te koop, en ons eerste keuse was CZ550 300 winmag, die gedagte was dat ons alles sou kon jag met hom, en ek dink met sy 165gr punte skiet hy tog te lekker, en redelik plat vir my.
Tussen my Tikka 25-06 en die 300 is ons gelukkig om alles te kan jag glo ek, en ek het nog 'n erfstuk .270
Daar is natuurlik nog ietsie wat krap, en dit neig na 'n 22250 met Nightvision
As ek terug dink na my 21ste verjaarsdag toe my Pa vra wat ek wil he vir my B-day, toe se ek POMPAKSIE Hael geweer, en ek is baie trots ophom, dit is 'n Franchi 12gauge. Dit is nie 'n mooi haelgeweer, maar hy is spesiaal.
Raven
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Mon Aug 22, 2011 7:59 pm
by Penkop
Vriende....
As als reg loop, hou ek Woensdag my Tikka Varminter 308 vas!
Ek het met 'n paar arrogante, dom, d@nners te doen gekry by die Saps, maar uiteindelik by ongelooflike hulpvaardige en bekwame persone by Saps uitgekom.
So hou moed, daar is nog goeie ouens en vrouens in die polisie!
Vraag:
Ek het reeds 'n Zeiss Duralyt 3-12x50 wat wag om gemonteer te word (30mm tube).
Watse ringe ens. stel julle voor moet ek gebruik? Sako se Optilock, Leupold..
Goedgaan!
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Mon Aug 22, 2011 8:24 pm
by douw
Hou duim vas vir jou.
Groetnis
Douw
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Tue Aug 23, 2011 10:14 am
by Raven
Penkop,
Ek gebruik Sako se optilock, baaaie lekker, duur maar goeie ringe.
Raven
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Tue Aug 23, 2011 10:37 am
by MJK
Penkop
Sterkte - my aansoek vir 243 T3 Super Varmit het die 17e Aug geland in Pta....
Dis nou te laat maar ek sou die Super gekoop het - Picantilly rail reeds op (seker so R1500 waarde) en die verstelbare wangstuk en skroefdraad reeds gesny vir die Terminator KD...

.
Ek sou die Optilok ook sterk oorweeg of gaan Picantilly en Nightforce ringe roete
Re: Tikka Varmint, Tikka Super Varmint of Sako??
Posted: Tue Aug 23, 2011 11:20 am
by Arnold
Marius, ek is ook baie lus vir so Super Varmint. Dit is goeie waarde vir geld ... as jy die geld het
