Page 1 of 2

Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Thu Nov 18, 2010 9:23 am
by Stefan764
More maats

Nog n vraag van my kant af asb:

Wat is die minimum afstand wat jy moet op groepeer as jy ladings onwikkel??

Ek skiet altyd op 100m. Gistraand toe ek sit en laai dink ek toe nou aan die volgende: As n man op 100m skiet kan die "human factor" so groot raak dat n ou nie n akkuraat genoeg antwoord kry vir dit wat jy besig is om te doen nie. Is ek reg?

Nou, selfde geld vir 5m. As jy op 5meter skiet gaan jy mos verseker groepeer, elke lading? So my vraag is, wat is die minimum afstand (die optimale afstand) waar jy "human error" uitskakel, maar tog n goeie en akkurate aanduiding/antwoord op jou groepering kan kry?

n Man laai gewoonlik net 3 van elk en as jy n skoot net n bietjie trek op 100m dan is jou toets moer toe. Ek weet ek weet n man moet raaksiet en "steady" wees en al dai lekke goed, maar almal weet dinge loop nie altyd so nie. En n ou gaan net baie meer gemaklik voel en selfvertroue op n nader afstand gaan mos net groter wees?

Help asb manne.

Dankie
Stefan

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Thu Nov 18, 2010 9:34 am
by Witpietskiet
Stefan,

Ek maak maar soos ek geleer is toe ek begin laai het. Ek skiet ook 100 meter maar ek laai 5 van elke lading. Dit maak dit net bietjie makliker op die baan vir as daar foute kom en jy voel net beter oor jou ladings as hulle mooi loop.

My 2c

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Thu Nov 18, 2010 10:18 am
by MJK
Stefan

200 m. Doen die sweetspot metode van Hendrik. Kan aflaai op Safari& outdoor se website. Sal so die vinnigste manier by uitkom vir lading ontwikkeling wat by jou roer pas

Lekker skiet... Marius

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Thu Nov 18, 2010 10:44 am
by THOMAST
Stefan,
Daar is verskeie maniere om lading ontwikkeling te doen.
Met die OCW (Optimum Charge Weight) metode skiet jy op 100m, die ander popul?re metode is die sg. Ladder Test wat ideaal op 300m geskiet word.(hier moet jy goeie o?/teleskoop/spotting scope h? om die gatjies te sien op 300m - sommige manne stel selfs 'n video kamera op naby die teiken om te sien wat aangaan)
Baie manne het nie toegang tot 300m bane nie en gebruik dan maar die OCW metode.
As ek ladings ontwikkel gebruik ek altyd maar my chronograaf om abberante skote uit te ken.
Ek kan meer info oor die twee metodes aan jou verskaf as jy belangstel.

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Thu Nov 18, 2010 12:58 pm
by KSV
Stefan,

Dis daai dokument wat ek vir jou gestuur het. Ladder test of Incremental load, selle ding.

Jy skiet eers op 300 20 skote en dan op 200 vir groepering en spoed met die chronograaf.

Hein

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Thu Nov 18, 2010 2:57 pm
by JACQUES BOTHA
Hein...
Ek skiet gewoonlik so naby as moontlik...ek hou van die 60 tot 80 meter gebied  ek het danbaie vertroue vir kop skote..
Skiet ver . skiet reguit  en skiet lekker
Jacques

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Thu Nov 18, 2010 8:35 pm
by Stefan764
JB
Wat is n "aanvaarbare" groepering op se nou maar 60m?
Stefan

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Thu Nov 18, 2010 8:53 pm
by Jagtersdok
JB ek het net een pynj met lading ontwikkeling op naby afstand minder as 100m. As jy stywe groepe skiet, is die verskil op kort afstand so klein dat jy nie werklik kan agter kom of jy beter of swakker is as die vorige groep nie. Dan ook as jou geweer met 1-10 twist na regs om skiet teen 2900fts en die wind waai na links teen 15km per uur. As jy op 50 meter 0.25" regs en hoog skiet maw kwart duim groep. As jy nou na 300 meter toe gaan maak die groep oop na omtrent 6". Waar as jy halfduim op 100m geskiet het en jyt dieselfde toestande maak die groep oop na omternt 2.5". Die ou stukkie teorie het ek by oom Mannetjies hulle geleer wat ons National Benchrest manne is en ek het dit ook prakties met hulle gesien. Hy skiet nou wel 5mm groep op 200m dat dit lyk of 5 skote deur 1 gaatjie gaan.
Daai manne s? almal jy mors jou tyd met naby afstande. Verkieslik 200/300meter en as nie nie anders kan nie niks minder as 100meter nie.   

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Thu Nov 18, 2010 8:57 pm
by Yalair
764
As ek lading ontwikkeling doen laai ek een een of twee twee en kry slegs spoed oor chrony met teiken 25m weg. As ek my gewenste spoed het dan laai ek so 15 en skiet 3/3 groepe en verander TPL met so 0.5mm elke 3 om groepering te kry op 100m met ordentlike rest en tafel. Vir instel zero ek op 25m dan moet hy aldrie in een gat gooi dan zero hy weer op 200m. Ek sal dan groepe op 200m skiet en fynere verstellings als op 200, dans jy reg vir lekka lang skote.

Groete
Ben

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Fri Nov 19, 2010 8:41 am
by JACQUES BOTHA
Dok en STefan
Ek het dalk n foutjie gemaak met my stelling, maar ek se dat ek baie gemaklik op 60 meter n kopskoot skiet..
Ek steur my aan geen groepe wat ek skiet onder 200 meter nie.
Ek skiet my groepe op 200m min en as ek wil seker maak op 250 meter en 300 meter. Dit se my regtig wat is my en roer kombinasie se potensiaal.
Daar is werklik min dae wat jy ideale omstandighede op die baan kry veral as jy op 250 of 300 gooi en daar is n windjie wat nie konstant roer nie of glad nie roer nie.
daar is soveel veranderlikes dat ek maar berus daarby dat ek en my roere en my doppe en my laaimetodes nie een gat op 200 of 250 of 300 sal skiet nie. EK streef daarna en dis hoekom ons skuus ek  al weet ons(ek) watter lading ons(ek) gebruik nogsteeds speel met seating dept en ladings, gooi ,5 grein by, sit 1mm  nader ens.
My jongste dogter roer gereeld my snare as sy so smaaklik se of neom: ja pappa dis tog die waarheid dat mans se speelgoed net duurder word  endat hulle nooit ophou speel nie.....
Heerlike dag (as ek nie nou begin werk nie, gaan ek Sondag nogsteeds sit en werk)
Speel speel die bult uit
Jacques

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Fri Nov 19, 2010 9:44 am
by Jagtersdok
JB

Wat jy nou ges? het stem ek heelhartig mee saam

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Fri Nov 19, 2010 12:28 pm
by Francois Marais
Manne

Ek stem heel hartig saam met julle aanbeveling van groepe skiet op 200/300m, my logika se ook vir my dis beter, MAAR.......

Waar trek ek nu die streep met kondisies, hoe weet ek n swak skoot/groep is nie die werk van n skielike dwarswindjie op 150m nie?? Dit is tog NOOIT dieselle kondisies deur se n "string" van 5 5skoot groepe nie, dit word warmer, wind waai nu van links, nounet van regs, na die 3de groep beginne die mirage opkom, hoe sorteer ek dit als uit. Oom Dok, ek luiter.......

Mooi loop
Francois

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Fri Nov 19, 2010 1:09 pm
by Arnold
Om daardie omstandighede wat verander die hoof te sien kan jy een skoot op 'n teiken een skiet met jou eerste lading, dan skoot twee van jou tweede lading op teiken twee ens. en dan begin jy weer van voor af met lading een op teiken een {maw die tweede skoot op teiken een}

So beinvloed die veranderende kondisies al die groepe min of meer dieselfde ... ???

(Soos wat mens die Optimal Charge Weight metode sou gebruik vir lading ontwikkeling)

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Fri Nov 19, 2010 1:24 pm
by Francois Marais
Arnold

Maak sin.....

Mooi loop
Francois

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Fri Nov 19, 2010 4:08 pm
by Jagtersdok
Arnold

Dit is presies hoe ek die dinge ook maar probeer elimineer

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Tue Nov 30, 2010 4:00 pm
by KSV
Arnold en ander,

Verduidelik bietjie vir my die OCW?

Ek het dit nou op die web gaan lees maar verstaan nie so lekker die verduideliking nie.  Hulle begin se maar op 41.5gr een van, dan 42 een van, dan 42.5 een van en 'n 4de een van 43.  Dan word daar 3 elk van 43.4, 43.8, 44.2, 44.6 en 45gr.  45 is amper maks en 45.4 is maks.

Hoekom begin hulle eers na 4 ladings met die .4 spronge?  Dis die een wat hom se tor laat afval.

Hein

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Tue Nov 30, 2010 4:14 pm
by Jagtersdok
Hein

Die rede wat die ou aanvoer is dat jy jou geweer se volle potensiaal wil gebruik. Maw jy wil nie 243 so stadig skiet soos 303 nie

die eerste 3 wat jy laai is "sighters"

2 redes
1) om die geweer met die laaste sighter so na aan die bull te kry as moontlik. Want soos jou load opgaan skuif jou POI
2) om te kyk vir druk tekens, want as jy "tight" kamer het kan jy pressure kry op laer loads as die geweer soos my 270 wat maklik 2gr oor max kan gaan sonder pyne.

Om die OCW te kry vergelyk jy al die POI's van opeenvolgende loads en waar daar 3 groepe is wat se center amper dieselfde is vat jy daardie middelste load, maak nie saak hoe groot die groep is nie en begin met tpl speel

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Tue Nov 30, 2010 4:23 pm
by KSV
Ooo!

Die 2de deel het ek verstaan maar nie hoekom hulle bietjie ladings geskip het nie.

Dankie, die tor is nou terug gedoktor.

Hein

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Sun Dec 05, 2010 10:50 am
by henslin
Vir wat dit werd is. Ek speel met my ladings op 50 meter tot ek tevrede voel en zero dan 50mm hoog op 100m. Vir bosveldjag glo ek jou kans om te mis is redelik skraal tot op 200m. Vir langer skote - Kan omtrent nie 'n rooibok op 200m sien nie  ::)

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Sun Dec 05, 2010 7:28 pm
by KSV
Ek het nou die outjie mooi bekyk en die ladings uitgwerk vir 10% onder maks.

Ek weet my 22-250 loop mooi hier by 34.2 tot 34.8gr.

As ek die begin groepering ladings kyk ek na  35gr. Dis nou van 35gr wat ek begin druk kry.

My vraag sal nou dan wees of ek nog laer moet begin of hoe moet ek maak?

Kalahari Groete
Hein

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Fri Jan 07, 2011 10:09 am
by Wouter Roets
Steef
My skietbaan by die huis was net 50m en ek het vir lank so reg gekom, maar dit was nie idiaal nie. Ek het hom nou verleng na 110m en beskou 100m as die minimum. Ek het aan die begin ook soos Yalair gemaak deur eers my idiale spoed te kry en dan met die TPL te speel(0.2mm) totdat ek n groep van minder as n duim gekry het wat vir my aanvaarbaar vir jag was. Hierdie toetse is ook altyd met n kronograaf gedoen, ek glo dit is een van die mees kardinale intrumente as dit by herlaai kom. Die rede hoekom ek destyds hierdie metode gebruik het is dat ek ook die potensiaal van die kaliber optimaal wou gebruik en dit was vinnig. As n persoon redilik baie roere het leer jy maar kortpaaie vat.
Met roere waar ek na bietjie meer as net n duim groeperings gesoek het het ek my toetse op die ou manier (laai 3 op n TPL van 1mm of 0.5mm van die groewe af en 0.5gr kryt inkremente) en skiet op 200m. Belowende ladings is met 0.2gr inkremente op en af gelaai en weer gaan toets vir die beste een. Dan is daar 20 van daai gelaai en geskiet in verskillende weersomstandighede(200m en 300m) om seker te maak hy dupliseer sy inisieele resultate. Dit is maar n lang proses wat baie geduld verg.
In die laaste tyd het ek maar n bietjie meer tegnies geraak en maak gebruik van Arnold se loopnode metode. Glo my dit werk! Dit is die eerste formule wat op papier en uitwerkbaar verklaar wat n persoon oor die jare vermoed en aangevoel het maar nie kon kwantifiseer nie. Dit maak dit nou ongelooflik maklik en vinnig om n uitstekende lading te vind op 100m.
Iets wat baie mis gekyk word met ladingontwikkeling is die vooraf beplanning wat moet ingaan voor n persoon skietbaan toe gaan. Om voor die tyd mooi te sit en besin oor jou lading die koeel en of hy geskik is vir jou twist en die poeier en primer kan n persoon baie tyd en furstasie spaar op die baan.
n Goeie idiee is as jy n persoon wat darm ook iets weet hierdie proses en self die skietwerk te kan deel. Ek was al op tye mismoedig waar so n persoon my baie gehelp het. Een ding waar baie mense faal en dit kan dalk so bietjie help oor jou kommer oor jou skietvermoe en dit is dat mense nie gefokus genoeg op die skietbaan is nie.
Die eerste groepe is gewoonlik n bokkerop en dit sal jou goed doen om eers twee of drie skote te skiet as foulers en sighters. Dit settle jou en jou geweer eers. n Ander ding is dat jy jou geweer moet genoeg laat afkoel tussen skote. Ten minste 4 minute dalk lager na gelang van jou loopdikte(Hoe dunner, hoe langer). Met jou skote moet jy n roetine uitgewerk het voordat jy skiet. Gemaklik agter jou geweer wees, jou geweer moet reg le sonder dat jy te veel met hom te doen he, moet ook nie inle in jou geweer nie jou liggaam moet in so natuurlik moontlike posiesie wees sodat jou spiere nie te veel werk nie, eerder die druk op jou gebeendere wees en probeer maar die interaksie tussen jou en hom so min as moontlik maak en dan jou asemhaling, baie belangrik en dan laastens jou deurvolg. Hierdie is een van die belangrikste goed wat ek sien by mense wat nagelaat word. Jou vorm na die skoot, hy moet jou maar redelik verras as die skoot loop en sorg na elke skoot dat jy die sightpicture kan onthou nadat die skoot geloop het. Hel hier is so baie dinge n persoon kan vir ewig aanhou!
Ek moes maar hierdie dinge self leer of oplees en dit dan toepas en glo daar is ouens op die Forum wat baie beter raad sal he. As jy n persoon kan kry met baie ondervinding wat jou kan help met die fynere dinge.
En laastens, skiet MEER, ek weet dit is nie altyd so maklik daar in die stad nie, maar dit bou selfvertroue wat aan die einde van die dag die belangrikste is!
Groete
Wout

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Fri Jan 07, 2011 3:48 pm
by Stefan764
Wout

Thanks maat. Wyse woorde van n man met praktiese ondervinding... Ek waardeer jou inset en verduidelikings. Leer elke keer iets nuuts. Ek leer graag nog  :)

Groete
Stef

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Mon Jan 24, 2011 10:53 pm
by fanie17
Maak ook seker wat die scope se parelaks is,gewoonlik 100 meter behalwe as hy verstelbaar is.Gebruik die,sweetspot,metode.

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Tue Jan 25, 2011 10:33 am
by baboonstalker
Ek het al baie gewonder of mens nie jou lading ontwikkeling vroeg oggend, net voor sonop moet klaarmaak nie. Dan sal die mirage heeltemaal weg wees en die wind is mos daardie tyd van die oggend op sy makste (gewoonlik)
As jy 'n lekker klein reflective plakkertjie (soos die ogies wat party manne op hulle foxpro's plak ;)) op die teiken plak en jy sit 'n lig op hom soos 'n LED koplampie 'n meter voor die teiken, kan jy mos tog te lekker aangaan sonder mirage of wind.
Ek dink ek moet sommer vannaand 'n teiken opsit en kyk hoe lyk hy deur die scope...

P

Re: Lading ontwikkeling - Minimum skiet afstand??

Posted: Tue Jan 25, 2011 11:00 am
by Stefan764
Pieter

Ek en Wouter het noudie aand oor dieselle ding gesels. Probleem is nou die chrony wat lig nodig het om te lees...

Mar ek stem met jou oor die wind en mirage. Ek was Saterdag oggend 5am opi baan. Chrony gooi maar paar errors dai tys vani more...

Stef