Page 1 of 1

Laaste Jag 2013

Posted: Mon Aug 26, 2013 8:09 am
by Alvar
More manne

Ons het die naweek so vir oulaas gaan jag, voor die 2013 Jagseisoen tot op 'n einde loop.

Die plaas is so 20 km anderkant Nylstoom, op die Marken pad. Die fasiliteite was uitstekend en ek sal meer as gemaklik wees om vroulief op die volgende jag saam te vat.

Ons was 4 manne wat gaan jag het. En vir die naweek het 2 koedoebulle, 3 rooibokke, 'n blesbok (16") en 'n willebees in die slag gebly.

Ek self het 'n willebees en 'n rooibok geskiet met my 416 Rigby, gelaai met 400gr Hornady Interlocks teen 2250fps.

Die wildebees het ek geskiet op so 80m. Hy het skuins weggekyk van ons af. Die skoot is op die knop in en voor op die bors uit. Die koeel is deur die hart en deur een long. Die willie het nog so 80m gegaan voor sy petrol op was.

Die rooibok het ek op 160m geskiet. Sy het plankdwars gestaan. Die koeel is agter die blad en, en ook dan net weer uit. Sy het seker nog so 100m gegaan voor haar petrol op was. Ek kon dit amper nie glo nie. Toe ons haar slag was albei haar longe net een bloederige pappery.

My vriend het sy blesbok geskiet op so 100m met 180gr Pro Amms. Hy het net daar bly lĂȘ.

Dit was 'n heerlike naweek, en ons sal verseker volgende jaar terug wees.

Ek sit fotos by van die willie en die blessie.

[image]http://i1167.photobucket.com/albums/q635/Alvar416/IMG-20130824-WA0001.jpg[/image]

[image]http://i1167.photobucket.com/albums/q635/Alvar416/IMG-20130824-WA0003.jpg[/image]

Re: Laaste Jag 2013

Posted: Mon Aug 26, 2013 8:17 am
by DWB
Baie Mooi Alvar!

Ja ek het ook al agtergekom ons onderskat 'n Blesbok gans te maklik!

Re: Laaste Jag 2013

Posted: Mon Aug 26, 2013 8:56 am
by VdWalt
Mooi bwb, baie geluk!

Re: Laaste Jag 2013

Posted: Mon Aug 26, 2013 8:58 am
by FCLoretz
Baie mooi en Geluk Alvar

Re: Laaste Jag 2013

Posted: Mon Aug 26, 2013 9:01 am
by Alvar
Dankie, manne.

Re: Laaste Jag 2013

Posted: Mon Aug 26, 2013 7:05 pm
by Johan22
Baie mooi geskiet maar daai geweer van jou is mooi hoor