Page 1 of 1
375 vleisskade
Posted: Sun Aug 25, 2013 10:41 pm
by Alphamale
Naand manne
My 375 gaan my "bos" geweer wees waarmee ek alles van 'n Vlakvark tot 'n Eland wil skiet. Ek wil graag weet wat julle voorstelle sal wees aangaande punte vir die minste vleisskade: moet ek monolithics of solids skiet wat nie gaan blom nie?
Re: 375 vleisskade
Posted: Sun Aug 25, 2013 11:00 pm
by Pappabeer
Solid mors min, maar is maar doel spesifiek. I.e die vitals van 'n BAIE grrot din beryk teen n slegte hoek. Jou andwoord lê meer by matige snelheid en skootplasing as jy sê hy gaan in die bos gebruik word. Die ekstreme is dat selfs n lood cast koeël teen baie lae snelheid goed gaan werk en min skade aan vleis gee.
Jou beste midde weg in my beskeie opinini is n premium koeël, monolities bv. Barnes TSX, of konvensioneel, bv. Nosler Partition teen net genoeg snelheid om hom te laat oopblom. Dit sal rondom 2400- 2600 fps wees, nav die koeëlgewig.
Dewald
Re: 375 vleisskade
Posted: Mon Aug 26, 2013 1:17 am
by Kruger
Ek skiet al jare net solids in my 375 vir daardie spesefieke rede. Skootplasing is belangrik anders gaan jy ver loop. Het begin met 286gr monolithics, later 300gr Hornady solids. Resultate is dieselfde vir algemene jag. Spoed in die omgewing van 2600fps, vleisskade werklik min. Dieselfde lading in 300gr Rhino gee sommer taamlik meer vleisskade.
Re: 375 vleisskade
Posted: Mon Aug 26, 2013 9:57 am
by Gerhardu
Ekt altyd Swift A-frame 300gr punte gebruik teen so 2500fps.En hierdie jaar het ek oor geskuif na Rhino 300gr solid shank toe teen so 2450fps en kyk nie terug nie.Ek kan letterlik alles met daai punte skiet.Dit het so erg geraak dat ek al my kalibers oor geskuif het na Rhinos self die 458lott. Ekt vroeer die jaar n pel van my gehelp om van sy rooibokke uit te dun.Die een rammietjie het met sy gat na my toe gestaan en vir hom n 'Texas Heart Shot' gegee.Hyt nie geweet wat hom tref nie en net daar neergestort.Die punt is by die bors uit en na die skoot op die bout is daar geen vleis skade net n gaatjie!!!
So ja kyk na n Mono koeel.
Groetnis
Gerhardu
Re: 375 vleisskade
Posted: Mon Aug 26, 2013 11:13 am
by Marc
Skoot plasing gaan vleis skade beperk, nie die koeel maak nie
Twee vriende van my skiet 375's en albei het die jaar 'n Rooibok afgestaan aan skoot plaasing. Een was mooi op die blad en die resultaat is -2 voorkwarte. Die ander was 'n frontale skoot wat vol lengte penetreer het en die pelvis gebreuk het met uitgang. Die man het net sy regter blad kon red.
Wees maar versigtig waar jy die kruis neerlê met die outjies

Re: 375 vleisskade
Posted: Mon Aug 26, 2013 11:22 am
by stan man
ek het die jaar n paar jagters gehad met .375's
die koeel wat my die meeste beindruk het was die barnes tsx.
min vleis skade en baie akuraat. vanaf n rooibok tot n eland ,het die barnes mooi vertoon.
Re: 375 vleisskade
Posted: Mon Aug 26, 2013 11:47 am
by Marc
stan man wrote:ek het die jaar n paar jagters gehad met .375's
die koeel wat my die meeste beindruk het was die barnes tsx.
min vleis skade en baie akuraat. vanaf n rooibok tot n eland ,het die barnes mooi vertoon.
Versker Frans, albei my vriende laai self en gebruik Barns TSX'e. Die TSX maak baie mooi, maar dis al daai been vragmente waarvoor 'n man moet pasop

Re: 375 vleisskade
Posted: Mon Aug 26, 2013 1:03 pm
by ZKK
Ek het hierdie jaar 260gr Nosler Accubonds teen 2700fps geskiet in my H&H.
Die drie rooibokke wat geskiet is, se blaaie was maar redelik verniel.
So ek sal vir volgende jaar die spoed bietjie laat sak
Re: 375 vleisskade
Posted: Mon Aug 26, 2013 8:09 pm
by dawiec
EK self skiet 250g sierra gamekings.....baie tevrede en as skootplasing reg is, is daar min skade.....daar gaan baie opinies wees oor punte maar die spoed is maar 'n faktor om in gedagte te hou.
hou dus die spoed maar laag!
Mooi loop
Re: 375 vleisskade
Posted: Mon Aug 26, 2013 10:01 pm
by Giepie
Ek het vanjaar kans gekry vir net 'n swartwildebees en vlakvark. Die swb het ek op so 180m met TTSX 250gr geskiet. Ongelukkig die regter voorpoot op blad getref. Die been was stukkend so die beensplinters het skade gemaak, maak ek was steeds verbaas oor hoe min verlies ek het teenoor die blesbok wat ek anderjaar met die 303 met PMP ammo geskiet het. Die PMP 303 koeel het versplinter. Ek het die TTSX koeel onder die vel aan die anderkant gekry. Dit het ook deur die pens gegaan. So ek is heel tevrede.
Die vlakkie het ek op so 80m met Nossler Accubond 300gr geskiet. As ek reg onthou was die koeel se spoed ongeveer 2450f/s. Die koeel is reg deur, maar ook deur die pens. Vleisskade was nogal min gewees. Ek het besluit om op Accb te fokus, my roer werk vir my beter met hulle as die TTSXe.
Die "premium" koeels wat "oopmaak" en die bonded koeels is vir my maar dieselfde as dit kom by werkverrigting.
Re: 375 vleisskade
Posted: Tue Aug 27, 2013 7:10 pm
by Willem Grobler
Op my 375 gebruik ek net 300 gr Rhino en op die 30-06 200 gr Rhino vir jagdoeleindes. Hou die spoed so laag as moontlik en jy sal tevrede wees.
Re: 375 vleisskade
Posted: Thu Aug 29, 2013 8:49 am
by tau
EK het nog net twee varke en 'n Kudu met my .375 geskiet. Ek het GS custom 200gr HV koeels teen 2980 fps gebruik. Al die diere is onder 50m geskiet en die vleis skade was weglaatbaar. Ek is verlief op die .375 koeel en nadat ek my Ruger gebruik het besef ek die H&H sal net so goed wees, aangesien die koeels die werk kan doen en die dop wat hom dryf nie so belangrik is nie.
Kruger was by en hy kan getuig. EK het Ook 270gr TSx samm geneem, maar kon ongelukkig nie 'n Kudu kry om die vleis skade(lack off) kon meet nie.
Ek verstaan nou hoekom die Bosveld manne so lieries oor hulle .375 is.
Re: 375 vleisskade
Posted: Tue Sep 10, 2013 9:45 am
by 375fanatic
ek skiet 300gr hornady interlocks teen 2360 v/sec het nog nooit met vleis skade gesukkel nie
Re: 375 vleisskade
Posted: Tue Sep 10, 2013 2:09 pm
by Piet Pille
Ek het 2 weke terug 9 bokke (hartbees,eland, gemsbok en BWB) geskiet almal met my .375H&H en barnes TSX 270gr koeels. Almal was eenskoot doodskote en die almal is dwarsdeur met uitgangswonde wat goeie oopmaak wys. Selfs by die bladskote was vleisskade min. Hulle is ook baie akkuraat in my geweer.
Probleem is net om hulle (TSX'e) in die hande te kry. Kans om 'n meermin in die Hartbeespoortdam te vang is groter as om TSX'e iewers te koop te kry. By S & O is hulle al uitverkoop voor hulle nog uitgepak is gewoonlik. (Weet nie of dit intussen alweer beskikbaar is nie, maar vir die laaste jaar sukkel mens maar...).
Ek het onlangs vir my Frontier Spartan 250gr as (goedkoper, meer geredelik beskikbaarder-) alternatief aangeskaf en moet hulle nog toets en lading ontwikkel. Hulle behoort soortgelyk as die Barnes TSX te vaar.
Re: 375 vleisskade
Posted: Tue Sep 10, 2013 2:11 pm
by Piet Pille
O ja, ek het vergeet om by te voeg- die .375 ook my "stap-jag bosgeweer" en ek ruil hom vir niks ter wereld nie!
Re: 375 vleisskade
Posted: Tue Sep 10, 2013 2:16 pm
by 375fanatic
Pieter Vorster wrote:Ek het 2 weke terug 9 bokke (hartbees,eland, gemsbok en BWB) geskiet almal met my .375H&H en barnes TSX 270gr koeels. Almal was eenskoot doodskote en die almal is dwarsdeur met uitgangswonde wat goeie oopmaak wys. Selfs by die bladskote was vleisskade min. Hulle is ook baie akkuraat in my geweer.
Probleem is net om hulle (TSX'e) in die hande te kry. Kans om 'n meermin in die Hartbeespoortdam te vang is groter as om TSX'e iewers te koop te kry. By S & O is hulle al uitverkoop voor hulle nog uitgepak is gewoonlik. (Weet nie of dit intussen alweer beskikbaar is nie, maar vir die laaste jaar sukkel mens maar...).
Ek het onlangs vir my Frontier Spartan 250gr as (goedkoper, meer geredelik beskikbaarder-) alternatief aangeskaf en moet hulle nog toets en lading ontwikkel. Hulle behoort soortgelyk as die Barnes TSX te vaar.
prober gerus die 265gr hv GSC hulle is net so goed soos die barnes as hulle nie beter is nie . penetreer n seekoei wat broadside staan