Page 1 of 1
Vrystaat wetgewing?
Posted: Sun Aug 25, 2013 6:34 pm
by VdWalt
Ek kan dalk kans kry om saam met n vriend in die
Vrystaat een aand te gaan jakkelse skiet. Wat is die wetgewing
Tov van dit?
Moet ek lisensies of iets kry voor ek in die moeilikheid kom?
Re: Vrystaat wetgewing?
Posted: Sun Aug 25, 2013 7:59 pm
by tripodmvr
Probleem diere word nie eers in die ordonnansie genoem nie. Nagskiet word toegelaat en die beste is om 'n toestemmingsbrief vanaf die grondeienaar by jou te hĂȘ.
Re: Vrystaat wetgewing?
Posted: Sun Aug 25, 2013 8:28 pm
by Danie Lombard .243
En kry liefs ook 'n VS jag lisensie
Re: Vrystaat wetgewing?
Posted: Sun Aug 25, 2013 8:32 pm
by VdWalt
Ek sal so maak dankie.
Re: Vrystaat wetgewing?
Posted: Mon Aug 26, 2013 9:41 am
by stan man
maak seker jy het n toestemmings brief van die boer. neem ook n vrystaat jag lisensie uit. natuur bewaring is nogal erg daaroor. en as dit moontlik is laat weet al die bure wat grens aan die gebied waarin julle werk .
die manne is redelik krapperig oor vee diefstal en sal sommer gou-gou die polisie op jou loslaat.
Re: Vrystaat wetgewing?
Posted: Mon Aug 26, 2013 11:19 am
by VdWalt
WOW! Die diens wat ek nou net gekry het van Vrystaatse Natuurbewaring was ongelooflik!
Dit het my 'n halfuur gevat vandat ek die eerste keer met Diana Nel gepraat het
tot sy my lisensie gemail het.
Die oorsproklike is in die pos maar ek kan die een in kleur print.
Re: Vrystaat wetgewing?
Posted: Mon Aug 26, 2013 11:23 am
by stan man
waar gaan julle jakkals roep ?
Re: Vrystaat wetgewing?
Posted: Mon Aug 26, 2013 11:29 am
by VdWalt
Naby Memel.
Re: Vrystaat wetgewing?
Posted: Mon Aug 26, 2013 11:38 am
by stan man
lekker omgewing om jakkals te roep. daar is n gross jakkalse in daardie omgewing.