Page 1 of 1
ongediertes
Posted: Sun Aug 25, 2013 1:46 pm
by johans
ek wil sommer bietjie hoor hoe maak die ongediertes by die ander boere?hier by ons sukkel die manne baie.n boer naby my het al 80lammers verloor aan jakke in +-3mde
Re: ongediertes
Posted: Sun Aug 25, 2013 1:52 pm
by cassie_calvinia
dit gaan maar oral so.
maar, wat ek wel agter gekom het. hier in my wereld lam ons in die moeilike tyd. dan skrik die mense wakker, en wil jakkalse skiet. met die gevolg is, hul maak die goed meer skelm as iets anders.
die manne wat wel die broei pare uitskiet, voor die tewe kleintjies kry, lyk my beheer hul verliesse beter.
ek kyk maar die jaar by my, waar ek broei pare uitgeskiet het, en ysters gestel het, het ek amper nie 1 lam verloor nie. die plekke wat ek nie dit gedoen het nie, kan ek nie naby kom met 'n skaap nie.
ek dink dit is belangrik dat ons wat jag, en by ander jag dit vir die mense se hoe belangrik dit is om nou te jag. en nie om te wag dat die kalf in die put is nie. ek bel my bure, jag self verniet op party plekke, want ek weet, ek pluk ook die vrugte as daai jakkalse nie kleintjies kry nie.
Re: ongediertes
Posted: Sun Aug 25, 2013 2:17 pm
by johans
Ja cassie dis waar,maar jy weet mos hoe is n mens,hy sal nie voor lamtyd geld aan jag spandeer nie want daar word mos nou nie gevang nie
Re: ongediertes
Posted: Sun Aug 25, 2013 5:10 pm
by cassie_calvinia
johans wrote:Ja cassie dis waar,maar jy weet mos hoe is n mens,hy sal nie voor lamtyd geld aan jag spandeer nie want daar word mos nou nie gevang nie
dis waar. die jaar toe iemand my bel vir jag in die moeilike tyd, toe se ek hom hy kn wag vir augustus, ek het jou mos gewaarsku
Re: ongediertes
Posted: Sun Aug 25, 2013 5:29 pm
by James Wilson
Johan, hier by Christiana is die jakke so baie hulle gaan vir die beeste. N bekende voerkrale in die omgewing het n permanente jakkals jagter op die payroll. Hy het hierdie jaarin sewe maande net op die voerkraal plaas 100 jakke gedood. Dit ten spyt gaan daar nie n aand verby wat hy nie nog jakke skiet of ten minste sien nie.
Re: ongediertes
Posted: Sun Aug 25, 2013 7:02 pm
by cassie_calvinia
jy mak my bang...
Re: ongediertes
Posted: Sun Aug 25, 2013 7:16 pm
by johans
james ja daai is bietjie erg.hier is darm nie so baie jakke nie maar die goed is bitter skelm geroep deur onbevoegde mense.om jou n voorbeeld te gee,gister vra n boer vir my of ek nie vir hom n paar roepklanke het nie.hy gaan vir hom n roeper laat bou wat jy die speaker met n draad afrol

hy het nie eers n skietstoel of raam nie.ek se toe vir hom hy moet dalk net eers n kursus bywoon voor hy die goed slim maak.nee se die man,hy wil net eers roep en kyk wat gebeur!!!!

nou ja,dis wat ons werk so moeilik maak
Re: ongediertes
Posted: Sun Aug 25, 2013 7:18 pm
by cassie_calvinia
johans wrote:james ja daai is bietjie erg.hier is darm nie so baie jakke nie maar die goed is bitter skelm geroep deur onbevoegde mense.om jou n voorbeeld te gee,gister vra n boer vir my of ek nie vir hom n paar roepklanke het nie.hy gaan vir hom n roeper laat bou wat jy die speaker met n draad afrol

hy het nie eers n skietstoel of raam nie.ek se toe vir hom hy moet dalk net eers n kursus bywoon voor hy die goed slim maak.nee se die man,hy wil net eers roep en kyk wat gebeur!!!!

nou ja,dis wat ons werk so moeilik maak
ek kan net nie glo iemand is nog so onverantwoordelik nie!!!!!!!!
Re: ongediertes
Posted: Wed Sep 18, 2013 6:21 pm
by johans
gistraand 6 lammers gevang op een plek,net een lam is gevreet,eks raadop
Re: ongediertes
Posted: Wed Sep 18, 2013 9:42 pm
by Cobus(Cobb)
Cassie...daai pad wat jy gebou het so ruk terug...lewer dit al vrugte??
Re: ongediertes
Posted: Wed Sep 18, 2013 9:56 pm
by PWV
johans wrote:gistraand 6 lammers gevang op een plek,net een lam is gevreet,eks raadop
Johans, is jy 'n boer of 'n d...dokter?
Re: ongediertes
Posted: Thu Sep 19, 2013 6:02 am
by Henry 7
Hy's snags 'n ####dokter
Re: ongediertes
Posted: Thu Sep 19, 2013 6:49 am
by johans
Pieter Willem Vorster wrote:johans wrote:gistraand 6 lammers gevang op een plek,net een lam is gevreet,eks raadop
Johans, is jy 'n boer of 'n d...dokter?
Oom pieter eks net naweke en saans n dokter
Re: ongediertes
Posted: Thu Sep 19, 2013 8:03 am
by PWV
Henry 7 wrote:Hy's snags 'n ####dokter
Stel 'n mooi voorbeeld!

Re: ongediertes
Posted: Sun Sep 22, 2013 11:14 am
by 2vierniks
Die jakkalse vang nou erg...
Re: ongediertes
Posted: Sun Sep 22, 2013 1:00 pm
by cassie_calvinia
cobus
ek was nog net 1 keer teen berg uit, maak niks gekry. kon nie regtig lekker roep, want die pad was te nat, en konnie hoog ry nie. ek spaar daai roep plek soos goud. wil nie daar jag voor tyd nie reg is nie.