Page 1 of 1

Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 11:18 am
by FCLoretz
Die wye vlaktes van die plaas en die stilte van die platteland het my dadelik in ontspannings mode gesit, al die sorge en bekommernisse van die stads lewe en gejaag het dadelik verdwyn. Op die plaas het ons onder die bome gestop en vinnig die jagraam opgestel en seker gemaak van die geweer se zero.

Agter op die bakkie het ons, onsself mooi ingerig en gemaklik gemaak vir die skiet wat voorle. Slegs die oormowwe kon my ore red van die koue. Ons het vinnig die springbokke gekry en Mamma het aangele op haar eerste bok. Sy het haar tyd geneem en mooi aangele om seker te maak van die skoot. Voor sy die sneller kon druk was daar net ‘n klein stofwolk waar die sowat 20 springbokke gestaan het. Die sprinbokke het ons nog so 3 keer die hakskene gewys voor ons ‘n skoot kon afkry. Selfs met die eerste 2 skote het Mamma se senuwees die beter van haar gekry en die skote sowat 3duim hoog geskiet en hulle is bo oor die bokke.

Die sprinbokke het rustig geraak en gaan stil staan, mamma wou net aanle toe dit begin lyk asof ons nog ‘n stofwolk sou sien. Een van die ramme het begin beweeg net so 3 ooie wat hom gevolg het. Hy wou nie gaan stil staan nie en het ongeveer 200m geloop voor hy gaan stil staan het en ‘n skoot gebied het. Die ram het dwars gaan staan op sowat 120m, Ek het die slot hoor toegaan en binne 3 sekondes het die skoot oor die vlaktes weergalm. Die ram het beide sy so 3m verder geval en ons was almal baie bly oor wat na ‘n baie goeie skoot gelyk het. Voor ons nader gery het, het ek dat Mamma dadelik nog ‘n rondte in die kamer gesit vir daai opvolg skoot, indien nodig. Soos wat ons die Ram genader het, het hy op omtrent 50m prober weg hardloop, maar altwee sy voorbene was net bo sy kniee afgeskiet en hy kon nie veel doen nie. Ons het die Ram vinnig in die nek skiet aangesien daarna, mamma het wel ‘n bietjie sleg gevoel het oor die bene.

http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/DSCN2068_zps76d4a314.jpg

http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/DSCN2070_zps6fd9bd43.jpg

Langste horing het 10.75" gemeet en kortste was 10.5"

Ek het daar gedink sy sal nie weer wil jag nie. Maar sy was vinnig om te se sy wil volgende jaar ‘n blesbok skiet, maar sy wil meer oefen. Ek was darem baie bly dat sy nog wil jag.

Die slagraam, baie oulike slagraam, wat letterlike 'n paar stukkies yster is wat met 4 skroewe aan mekaar gesit word.

http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/IMG-20130808-WA0003_zpsd5fb5a90.jpg

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 11:22 am
by Riaan Beeslaar
Ek is bly sy het haar 1ste bok gekry

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 11:26 am
by Reggie Gerber
Mooi gemaak Fred

Wens vir mamma ook geluk. Lyk my sy is gehook

Wat se blou ding is by daai bok se oor?

Reggie

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 11:27 am
by FCLoretz
Reggie al die bokke het sulke tags aan.

Ek weet nie hoekom nie, maar ek het ook vergeet om te vra

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 11:28 am
by Eugene
Baie geluk man!

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 11:38 am
by Cobus(Cobb)
Baie geluk aan haar en jou...
Sy moet ooknie te sleg voel oor dir voorbene nie....Ek het my eerste vark se agterbene weggeskiet...

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 11:41 am
by FHM
Man dit sit darem lekker in n man se borskas as vroulief so saamjag. ;)
Baie geluk aan ma ou FC ;)

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 11:45 am
by FCLoretz
FHM wrote:Man dit sit darem lekker in n man se borskas as vroulief so saamjag. ;)
Die beursie stem nie saaam nie >:D

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 11:46 am
by stan man
baie geluk fc.
mooi bok daardie.
ek wens my vrou wil saam jag. sy eet gelukkig darem lekker saam.

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 11:47 am
by FHM
FCLoretz wrote:
FHM wrote:Man dit sit darem lekker in n man se borskas as vroulief so saamjag. ;)
Die beursie stem nie saaam nie >:D

Jajajaja, jy ken die ou gesegde - jy het jou bed gemaak - slaap in hom ++>:
Vir 'botter of wors' mater! ;)

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 11:57 am
by FCLoretz
FHM,

Plaas botter en tuisgemaakte wors dan is ek heppy

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 12:04 pm
by Chevvy SS
FHM wrote:
FCLoretz wrote:
FHM wrote:Man dit sit darem lekker in n man se borskas as vroulief so saamjag. ;)
Die beursie stem nie saaam nie >:D

Jajajaja, jy ken die ou gesegde - jy het jou bed gemaak - slaap in hom ++>: Vir 'botter of wors' mater! ;)


En nou lê jy alleen!

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 12:06 pm
by FHM
Chevvy SS wrote:
En nou lê jy alleen!

Skuus tog oom...se wie...? 8)

PS: ons maggie FC se pos kaap nie!!!

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 12:10 pm
by Swede
Baie mooi foto's van julle jag. Vertel bietjie meer van die geweer en kaliber wat gebruik is, dit is definitief "eye candy"

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 12:22 pm
by FCLoretz
Swede wrote:Baie mooi foto's van julle jag. Vertel bietjie meer van die geweer en kaliber wat gebruik is, dit is definitief "eye candy"
Hi Swede,

Dit is die Ruger No1a in .30-06 met 'n 4x40 Tasco teleskoop. Ruger is een van die min make wat die falling blocks verkoop. Die akkuraatheid uit die boks uit op die falling blocks is fantasties. Ek het al baie goeie resultate gerky met 150gr Factory ammo en dan 200gr, 180gr en 165gr hand gelaaide Ammo.

Die geweer is baie lig vir die 'n .30-06 maar die recoil is nie te erg nie. Die enigste probleem wat ek regtig ervaar met die geweer self is, is dat die sneller breek redelik swaar. Ek kon tot dusver net een geweersmit kry wat werklik aan die geweer se sneller kan werk om dit ligter te laat breek en dit is Ralph Badenhorst in Ermelo.

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 12:32 pm
by Swede
Dankie vir die inligting, weereens 'n besonderse geweer! ;D

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 3:46 pm
by Wielie Waps
Well done Mamma - skiet hom tot hy le
Dit lyk dan vir my na mr truelove(Truluck) op die foto van die slagraam.

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 4:01 pm
by FCLoretz
Wielie Waps wrote:Well done Mamma - skiet hom tot hy le
Dit lyk dan vir my na mr truelove(Truluck) op die foto van die slagraam.
Die einste Mr Truluck

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 5:04 pm
by vlakvark1
Ek het al geluk gesê maar weereens geluk. Mooi gedoen ;)
Sal graag wil hê dat my vrou ook skiet maar sy wil niks weet nie :-X

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Fri Aug 23, 2013 7:49 pm
by Marc
Baie geluk, mooi foto so op die klip plaat :)

Re: Mamma se Eerste Springbok

Posted: Sat Aug 24, 2013 1:34 pm
by LongWolf
Geluk.

Mooi fotos.

En sterkte van volgende jag seisoen met jou beursie.