Page 1 of 1
Voertuig skade
Posted: Fri Aug 23, 2013 8:25 am
by ALM
So kry ons die jakkals op die lyf die dag. Rondtes is op. Skoonpa is agter die stuur. Die jakkals is na een of ander bonatuurlike ingryping van die bose deur die jakkals-proof en 'n stock-proof. Ons is met die plaasbakkie bo-oor die stockproof sonder dat die draad eers "ZING" gemaak het. Hoe weet ek nie. Die volgende dag sien ons die stel spore wat spookagtig "deur" die draad is - daar is nie eens 'n dropper gebreek of gebuig nie. 200m anderkant die draad My skoonpa se woorde eggo nogsteeds in my ore: "Ons kan nie hier afry nie!" en die volgende oomblik is ons by 'n klipbank van 1m hoog af. In die kort oomblik sien ek daai ouens van Lethal Weapon wat deur die lig vlieg bo-oor 'n trein en wonder hoe in die lewe het hulle dit met 'n kar gedoen. Alles is OK behalwe vir die feit dat ek sowat 20mm van my lengte verloor het en dat my ken nou vlak tusen my sleutelbene gemonteer is, maar toe is daar net rook in die kajuit en die bakkie vrek. Die jakkie draai nog ewe om om net gou vir ons te lag en vat die pad toe verder. Die self starter van die bakkie het losgebreek, 'n kortsluiting volg en smelt beide die batery se pole tot twee hopies mismoedige lood. Nodeloos om te noem dat die bedrading 'n spoor van gesmelte plastiek en koper was.
Nou wil ek uitvind hoeveel van julle groot skade aan 'n voertuig aangerig het tydens 'n jakkals/rooikat situasie waar jy hom moes jaag. Ek praat nou van die geval waar die geweer nie meer patrone het nie of waar die jakkie op die lyf gekry is sonder om skietgeleentheid te kry.
Of gebeur dit nooit op ander plekke nie?
Ek hoor graag van julle
Re: Voertuig skade
Posted: Fri Aug 23, 2013 8:30 am
by Geno
Ek dink ek onthou iets. Daar het so 2 of 3 jaar terug 'n forumlid een sondag na kerk sy Fortuner gerol agter 'n jeckol aan. Sy gesin was nogal saam.
Re: Voertuig skade
Posted: Fri Aug 23, 2013 9:27 am
by Hardyman
Ek het nou nie n storie oor n beskadigde voertuig nie, maar jou storie laat my dink aan n staaltjie wat my oupa altyd vertel het. Hy het in die Williston distrik geboer en ook al die jare gesukkel met jakkalse. Op n dag ry hy op n jakkals af met die perd. Nodeloos om te se daar was nie eers n skiet ding naby nie, maar hy kan ook nie die jakkals laat wegkom nie. Hyt hom gejaag tot hy in n vlak erdvark gat ingehardloop het. Net daar spring hy af en sny die jakkals se hakskeen senings af en haal hom uit die gat. Van daar het die karoo klippe hulle werk gedoen en die jakkals het die tydelike met die ewige verwissel.
Re: Voertuig skade
Posted: Fri Aug 23, 2013 10:51 am
by FHM
Toe ek op hoerskool was, was n perd op die plaas my voertuig, buiten my dikwiel wat ek net gebruik het vir dates as ek in die dorp was. Dit was nie sommer enige perd nie - arabierse merrie genaamd Jana - niemand op Luka (plaas) kon op daai merie bly nie want sy vat nie n saal nie - vir haar ry jy bloots of los - ek en sy het mekaar vistaan - goed vistaan...tot die dag wat ek en sy n rigtigsverskilletjie gehad het.
Vroeg oggend eerste dag van n naweek of vakansie oppi plaas - nog voor koffie en biskuit, soos oudergewoonte - het ek vir Jana gaan toom aansit vir n vroeg-oggend galoppie plaasdam toe en terug so 2 Km verder. As sy my sien aankom het met die toom het sy letterlik n wille ding begin raak, rondgetrippel en geproes en kop op en af vir my gegroet asof sy nie kon wag om bietjie bene los te maak nie.
Nou ek en Jana het baie jakke, varke, meerkatte en enige wilde-ding in die Noordwes-kaap wat kan hardloop al gejaag en met die haelgeweer geskiet, daar was n paar keer dat ons so naby n jak se gat was dat sy letterlik begin kap het met haar hoewwe na die jak en dan het daai jak begin onaardse geluide uiter terwyl hy sy nitros oopdraai en ek so gelag dat ek soms baie amper afgeval het. Jana het geweet wat n jakkals is - sodra ons twee saam een opspoor voor ons in die veld of plaaspaadjies het sy sonder dat ek aansporing gee ore platgetrek en regtig-waar gegaan vir daai jak - sy wou die goed doodtrap - ek se julle!
Jana en ek is die oggend weer op n galoppie plaasdam toe - lieflike oggend - son wat net-net sy koppie wil uitsteek agter die kameeldorings, daai koel-klam vars veldreuk wat sommige van ons verslaaf is aan en diep heimwee bring vandag as ons dit ruik. Fisante raas, duiwe koer, tarentale begin skrop-skrop ontbyt-sake doen en ek bloots op my hart se punt met die wind in my hare.
So 400 m voor die plaasdam is daar n reguit stuk met sagte rooi-sand en ek en sy het altyd daar bietjie oopgemaak - kole gegooi tot by die dam - die oggend hou ons by roetine en maak oop-en-toe dam toe. Kom hardloop jak mos so skuins van links voor in die pad so 40 m voor ons en hou vir n paar sekondes in die pad en tipies soos jak swenk weer skerp regs van die pad af bos-in toe hy sien die gevaarte haal hom in.
In daai sekonde wat ek en Jana reguit in lyn agter daai jak is en ek gaan le agter haar nek en skree aanmoediging, swenk jak-se-kind mos regs uit die paadjie, Jana volg vir jak met n regs swenk so skielik en onverwags dat my brein en die liggaam nogsteeds reguit aanhou. Mense ken jy hard en ver val, ek was seker 4 sekondes in die lug, toe sand en klip en blou en rooi liggies wat flits in my kop. Kom tot stilstand en gaan sit stadig regop - kyk of alles nog vas is en niks in die ploegarea agtergebly het nie - sand en klippe in my mond, my elmboe, kniee, rug, hande en wang. Letterlik woertoe geval! Hoor ek n geproes en die dowwe beeld raak duidelik - dis Jana wat so ent van my af staan, kop op en af maak seker om te se ' jou dom donnr kan jy nie vashou of meer perdry nie'...
Nou ja, vroegoggend op die plaas was daar n gebulder en skater van lag om die kombuis tafel toe ek by die kombuis instrompel en soos n zombie lyk en in die familie om die tafel se verslae gesigte vaskyk. Dit was die hardste wat ek in my lewe geval het - daai dag op my gusteling merrie net voor die plaasdam - 1981
Re: Voertuig skade
Posted: Fri Aug 23, 2013 10:53 am
by Capt. Yoda
My pa se buurman het so 3 jaar terug sy ranger gerol agter n jack aan toe hy van die dorp af terug gekom het.
Sy seun het ook so maand daar na n "Quad bike" vernietig agter n Jacki aan
So 6 jaar terug het ons Springbokke gejag daar ander kant Upington op n friend van pa se plaas.So laat middag toe ons omtrent klaar is hardloop da n groot ram ver oor die duin en die oom se hou vas (blykbaar het die ram hom vroeer kwaad gemaak).
Ek my pa en n plaas werker agter op die bakkie die Oom wat bestuur en nog n maat van my pa links voor.
Nou die mense op daai plaas vang vandag nog gemsbokke man alleen uit daai selfde bakkie so in die ry so die oom is nie bang om te ry met daai Ford nie.
As die ou kerel so gedraai het kon mens jou hand amper op die grond sit om daai bakkie regop te druk.
Toe die ram mooi in die oop veld hardloop en die ford kom mooi reguit in lyn agter hom en mooi op spoed toe slaan ons n klip bank/rif in die veld.
Van die klip bank/rif tot wa die spore weer begin het was so tussen 15 of 20m en toe net een plas oli en n wiel wat anderkant lyk.
My pa en sy ander groot maat wat voor gesit het het da af geklim n Stuyvesant gevat en begin huis toe stap en gese hul ry nie weer in daai bakkie nie.
Tot vandag praat ons nog oor daai dag as ons amal saam om die braaivleis is