Page 1 of 1

Vlakvark voer?

Posted: Wed Nov 17, 2010 1:17 pm
by Benman
Goeie dag manne


EK wil graag weet of daar voer metodes is vir vlakvark voorsit soos die wat manne vir bosvarke uitsit? Die ding laat my nou al vir maande wonder!

Ek lees graag.

Groete
Benman

Re: Vlakvark voer?

Posted: Wed Nov 17, 2010 1:25 pm
by BLOK
Benman

Daai selfde vraag het ek ook al lank gedink. Weet by my swaer op die plaas as hy meel uitsit vir kalwers by poste dan kry jy tien keer meer daai maand varke as gewoonlik. Maar luister graag wat die manne se mening is.

Blok.

Re: Vlakvark voer?

Posted: Wed Nov 17, 2010 1:34 pm
by Geno
Groen sonneblom koppe, met 'n vleismeule gemaal, gevacuum, en gevries. Dit werk lekker vir koedoes ook.
Ek is seker Freek se mieliemaroek sal net so mooi werk.

Eugene

Re: Vlakvark voer?

Posted: Wed Nov 17, 2010 2:08 pm
by Gerhard
Sout, water en voer soos lusern of boskos sal varke van ver af trek veral as dit droog is.

Re: Vlakvark voer?

Posted: Wed Nov 17, 2010 2:20 pm
by Theo E
chop also works like a bomb 

Re: Vlakvark voer?

Posted: Wed Nov 17, 2010 2:21 pm
by FDJ
My voer vir die bosvarke is "pig feed" gemeng met mielie pitte en dan gooi ek so paar sakkies bier "yeast" by om die voer lekker suur te kry.Alhoewel `n mens nie baie vlakvarke hier by ons in die riet kry nie het ek al`n vlakvark op die voer geskiet.

Re: Vlakvark voer?

Posted: Wed Nov 17, 2010 2:49 pm
by Benman
Hi Theo E

What is chop?  This seems to be an interesting toppic?

Ek luister graag verder.

Benman

Re: Vlakvark voer?

Posted: Wed Nov 17, 2010 6:21 pm
by Theo E

Re: Vlakvark voer?

Posted: Thu Nov 18, 2010 11:28 am
by James Wilson
ek gebruik ook daai plan om bier by te gooi of yeast. onthou net as n bees dit inkry sal hy suurpens kry en kan vrek daarvan.

Re: Vlakvark voer?

Posted: Mon Dec 13, 2010 11:05 pm
by molopohunter
Hier by ons soek hulle sout en ek sit van daai wildsblok met aalwyn uit. Bees en kleinvee kan nie skade van dit kry nie en werk uitstekend. Die varke gooi daai wildblok sommer soos n bal rond en as hulle hom nie ken nie, vreet hulle hom sommer vinnig aan die begin. Dan kom hulle net altyd terug vir onderhoud. As die sout klaar is, dan grawe hulle in die grond in vir dit. Daar moet ook net altyd water beskikbaar wees vir hulle. Lusern werk goed, maar oppas as mens in droe wereld is, jou kleinvee blaas op en vrek as hulle dit inkry.