Page 1 of 1
2de Handse bakkie
Posted: Thu Aug 22, 2013 3:06 pm
by FCLoretz
Ek begin kyk na 'n 2de handse bakkie.
- Dit moet 'n dubbel kajuit wees.
- Hoef nie 4x4 te wees nie.
- Relatiewe goeie Petrol/Diesel verbruik he.
- Verkies 'n Diesel.
Die bakkie sal meestal gebruik word vir jag en visvang doeleindes. Wat se bakkie stel julle voor. Ek hou nogal van die Isuzu KB reeks.
Re: 2de Handse bakkie
Posted: Thu Aug 22, 2013 3:09 pm
by Smiley
To yo ta hilux
Re: 2de Handse bakkie
Posted: Thu Aug 22, 2013 3:14 pm
by VdWalt
Smiley wrote:To yo ta hilux
Nee - hy wil grond pad ook kan ry ....
Nou moet ek koes!!
Re: 2de Handse bakkie
Posted: Thu Aug 22, 2013 3:15 pm
by FCLoretz
Hahaha, lekker lag ek nou VdWalt
Re: 2de Handse bakkie
Posted: Thu Aug 22, 2013 3:31 pm
by Eugene
Jy sal nie verkeerd gaan met Isuzu nie. Ligter op brandstof as mededingers (al sĂȘ die toyota ouens nou wat!) en is tweedehands baie goed geprys. Op die einde van die dag is dit maar persoonlike smaak en ek dink nie die Isuzu is beter of slegter as die Toyota of ander fabrikate nie.
Re: 2de Handse bakkie
Posted: Thu Aug 22, 2013 3:33 pm
by Reggie Gerber
IZUZU
Re: 2de Handse bakkie
Posted: Thu Aug 22, 2013 3:39 pm
by RUPERT
Ag nee my maat Isuzu is reg vir die boer maar nie vir ons stads jaapies nie.Ek koop enige iets anders as n Isuzu
Re: 2de Handse bakkie
Posted: Thu Aug 22, 2013 3:40 pm
by Geno
Kazoesbox
Re: 2de Handse bakkie
Posted: Thu Aug 22, 2013 4:01 pm
by mariusr
Kyk maar na Ford en mazda D/C niks fout nie sal goedkoper as Toyota wees maar goeie enjins!
Re: 2de Handse bakkie
Posted: Thu Aug 22, 2013 4:04 pm
by Chevvy SS
Niks fout met die Isuzu nie. Die Fords en Mazdas is ook goeie kopies.
Re: 2de Handse bakkie
Posted: Thu Aug 22, 2013 5:55 pm
by Pvdw
Prysklas??
Re: 2de Handse bakkie
Posted: Thu Aug 22, 2013 7:43 pm
by Bulvegter
As jy lekker wil ry is daar net een bakkie en dis'n Izuzen.
Re: 2de Handse bakkie
Posted: Thu Aug 22, 2013 7:56 pm
by FCLoretz
Budget is maar styf ek kyk na so R150k max
Re: 2de Handse bakkie
Posted: Thu Aug 22, 2013 8:12 pm
by mariusr
Behoort mooi skoon bakkies van 2008/9 op te tel vir daai geld!!! Veral as jy privaat kyk!Pasop net vir die brandstof suipers 3lt ens! Want lyk my ons gaan nog swaar kry met ons brandstof pryse! Sal ook vir diesel eerste gaan!
Re: 2de Handse bakkie
Posted: Fri Aug 23, 2013 6:01 am
by ANDRIES
Ek sou ook vir 'n 2.5 Ford/mazda gesoek het as ek jy was.Die bakkies is ongelooflik taai en hou hulle waarde .
Re: 2de Handse bakkie
Posted: Fri Aug 23, 2013 6:40 am
by SAKO
Hilux 3.0D4D 4x4 D/C gaan jy optel vir R150k - soek maar geduldig, die beste brands is maar bitter skaars!