Page 1 of 3

Planne Maak

Posted: Tue Nov 16, 2010 7:02 pm
by Geno
Hallo julle,
Ek het vanmiddag die jakkie hier naby my huis gesien, hy/sy is so te se hondmak, hy was so 6 meter van die bakkie af, hy het gaan sit toe hy my die eerste keer sien. Ek het hom nuuskierig gehou met kiss of death, die wetter het selfs nader gestap!
Nou het ek 'n idee hoekom die blesbok lammers nie hier hou nie.
Image
Lyk my die rooihond bly in die populier bos, daar is baie water naby, en die blesbokke is op die eragrostis langs die bos.
Nou kom die moeilikheid: waarmee skiet ek hom? Ek bly in 'n estate waar ons nie mag skiet nie. Gaan sit ek in die bos dalk met die boog?
Hoe sou julle maak?
Daar is nerens skaap/bok/wildboere naby nie, so hy pla nie juis nie (behalwe vir die blesbokke). Moet ek hom maar eerder los?
Dis natuurlik heeltemal teen my beginsels!

Groete,
Eugene

Re: Planne Maak

Posted: Tue Nov 16, 2010 7:08 pm
by Theo E
skiet hom

if you have a bow shoot him with the bow.or .22 with a silencer with sub sonics   

Re: Planne Maak

Posted: Tue Nov 16, 2010 7:46 pm
by jmb
Ken jy nie iemand by wie jy een van hierdie nuwe super windbukse wat uit scuba tenks gevul word het nie. Daai goed skiet 1000fps en doodstil.

Re: Planne Maak

Posted: Tue Nov 16, 2010 7:48 pm
by Geno
JMB,
Ek het een, die CZ200 S, maar hy raas nog te veel, ek soek eers 'n knaldemper vir hom.
Ek het al 'n donkie en 'n rooibok met hom geskiet!

Re: Planne Maak

Posted: Tue Nov 16, 2010 7:53 pm
by Theo E
geno
i live in rustenburg you are welcome to use my cz air guns silencer

Re: Planne Maak

Posted: Tue Nov 16, 2010 7:54 pm
by jmb
Geno daar is natuurlik sekere produkte waarmee jy vleis kan geur wat doodstil die effek sal gee wat jy soek.T***C

Re: Planne Maak

Posted: Tue Nov 16, 2010 8:02 pm
by Geno
jmb wrote: T***C
Ek het nogal daaraan gedink, dan kan niemand se dat ek in die estate skiet nie. ;)

Re: Planne Maak

Posted: Tue Nov 16, 2010 8:03 pm
by Geno
Theo, thanks!
I will keep that in mind!

Cheers,
Eugene

Re: Planne Maak

Posted: Tue Nov 16, 2010 8:50 pm
by Stefan764
Nee wat, dreun hom met die 308 en maak of jy niks weet nie...

Re: Planne Maak

Posted: Tue Nov 16, 2010 9:17 pm
by Dawie
Stel 'n slagyster.....

Re: Planne Maak

Posted: Tue Nov 16, 2010 9:19 pm
by Geno
Dawie wrote: Stel 'n slagyster.....
Probleem daarmee is dat daar kinders speel en mense is wat met hulle honde gaan stap...

Re: Planne Maak

Posted: Wed Nov 17, 2010 6:35 am
by Stefan764
Daai stunja van jou het mos n silencer op???

Re: Planne Maak

Posted: Wed Nov 17, 2010 10:09 am
by Raven
Geno,
Bestudeer hom nog bietjie as jy kan.
Is hy alleen, het hy 'n maat,kan jy nie 'n trailcam daar iewers opkry nie.

Raven

Re: Planne Maak

Posted: Wed Nov 17, 2010 10:12 am
by Geno
Raves, my trailcam land die 1ste Desember, dan gaan ek hom daar in daai einste voetpaadjie opsit.
So 'n makkerige jakkie kan 'n mens seker baie leer oor hul gedrag?

Eugene

Re: Planne Maak

Posted: Wed Nov 17, 2010 2:41 pm
by Raven
Geno wrote: So 'n makkerige jakkie kan 'n mens seker baie leer oor hul gedrag?
Eugene
Nou lees jy my brein  ;)

Raves

Re: Planne Maak

Posted: Wed Nov 17, 2010 3:25 pm
by Geno
Dis hoe naby ek van hom af kon kom.
Image

Re: Planne Maak

Posted: Wed Nov 17, 2010 3:29 pm
by jmb
Jis ou Geno waaroor wonder jy oor silencers daai lyk vir my na kettie afstand. :D

Re: Planne Maak

Posted: Wed Nov 17, 2010 5:59 pm
by BLOK
Geno

Ek hou die storie nou al n rukkie dop, en na die laaste foto tot die gevolgtrekking gekom dat daai skelm defnitief hondsdolheid het. Kyk net hoe mak is hy en bly sommer amper in jou werf. Jy sal hom moet verwyder voor hy een van daai diere vriendelike bure se kinders of honde en katte byt en daar dan n hele hondsdolheid endemie uitbreek. As jy verstaan wat ek bedoel met die goeie verskoning warmee jy nou kan gaan redeneer. So jy kan hom maw met n lawaai van kant maak.

Net my opienie

Blok.

Re: Planne Maak

Posted: Wed Nov 17, 2010 6:03 pm
by jmb
Skitterend Blok ou Geno kan die jakkals skiet en nog 'n hero wees in die proses.

Re: Planne Maak

Posted: Wed Nov 17, 2010 6:37 pm
by Dawie
Blok...daais "good thinking" ;)

Re: Planne Maak

Posted: Wed Nov 17, 2010 9:11 pm
by Monrique (SJ)
Geno

Stamp hom met die swartkruit rollie, dan weet jy sommer wat hy maak... :D :D :D

Groetnis
SJ

Re: Planne Maak

Posted: Thu Nov 18, 2010 6:57 am
by Michiel(MCR)
.22 with a silencer with sub sonics. Ek dink dit sal goed werk,lekker kop skootjie ;)

Michiel.

Re: Planne Maak

Posted: Thu Nov 18, 2010 8:15 am
by Stefan764
SJ wrote: Geno

Stamp hom met die swartkruit rollie, dan weet jy sommer wat hy maak... :D :D :D

Groetnis
SJ
HAhahahahHAHA! Ja nee Geno, ou SJ het nou wragtag die beste plan. En dan kan jy nog BLOK se verskoning ook gebruik. EN dan kan jy nog Johan se raad ook volg en dalk n "gelukkie" of 2 optel omdat jy nou n HERO is in die kompleks!!!!!

Stef

Re: Planne Maak

Posted: Thu Nov 18, 2010 3:23 pm
by James Wilson
Blok ek sit en lees so die topic en bgin hond se gedagtes kry oor die hond, toe ek na page 2 gaan toe sien ek jy dink ook die vuilgoed is hondsdol. die feit dat hy so mak is en naby die water bly!!!  ek vermoed vuilspel.
skiet die black-sam en kry klaar. as iemand jou aanspreek se maar net sorry ek sal dit NOOIT weer doen nie.  intussen ontken alles en doen wat jy weet reg is.

Re: Planne Maak

Posted: Thu Nov 18, 2010 3:49 pm
by BLOK
Miskien moet Geno n pel se pitbull leen en die een van sy bure se konde katte of kinders laat byt, en dan die skult oordra en maak of dit hierdie skelm jakkals is, wat dit gedoen het en dat hy hondsdol is. Hier moet ons vasbyt die plan raak net beter.

Blok.