Page 1 of 1

Bumper replacement

Posted: Wed Aug 21, 2013 12:17 pm
by Pappabeer
Terwille van Stefan se post, en om nie te hijack nie, begin ek maar n nuwe een. Maar ek is nou al lank ook lus vir so n modifikasie op my hilux.

Wat is dan die beste waarde vir geld en voor en nadele?
ARB vs ONCA vs al die ander.

Hoor graag.

Re: Bumper replacement

Posted: Thu Aug 22, 2013 11:44 am
by PaulM
My broer het 'n "4x4 fitment centre", en sit baie bullbars op voertuie. Die kliënte kan kies tussen verskeie 'brands', maar die
ONCA is die gewildste hier. ARB is tradisioneel die Rolls Royce, maar raak nou belaglik duur. ONCA staan nie 'n duim terug vir
ARB nie, en is heelwat beter geprys. Die kwaliteit van die items is baie hoog. Hulle het ook verskillende modelle bullbars, en
spesialiseer op Toyota. Ek sal die ONCA enige tyd aanbeveel.

Dan is dit nog plaaslike manne daar in die Oos-Rand wat die ONCA bou ook. Local is Lekker, man!

Re: Bumper replacement

Posted: Thu Aug 22, 2013 12:09 pm
by Pappabeer
Dit klink goed Paul. Waarna kyk mens prys gewys na so n onca?

Re: Bumper replacement

Posted: Thu Aug 22, 2013 12:11 pm
by Geno

Re: Bumper replacement

Posted: Thu Aug 22, 2013 12:59 pm
by savage(P Coetzer)

Re: Bumper replacement

Posted: Fri Aug 23, 2013 12:28 pm
by PaulM
Ek moet sê, daardie Rhino bumpers lyk MEAN!

Re: Bumper replacement

Posted: Fri Aug 23, 2013 1:17 pm
by Stefan764
Ek het nou nog nie die voorreg gehad om iemand met my ONCA te orienteer nie, maar hy lyk bitter mooi op my kar. En hy voel lekker fris. ARB is baie nice en die real Macoy, maar die ONCA staan nie terug nie, net soos Paul daar se. Amper 35% goedkoper as die ARB. Ek het die ONCA towbar ook en daar kan ek getuig dat n Fortuner al sleg tweede gekom het wat nie wou luister nie!

Re: Bumper replacement

Posted: Sat Aug 24, 2013 10:41 am
by Wouter Roets
Sully

Dink jy nie dit is tyd vir so Anger Management klas of twee nie? Of verlang jy maar net terug hier na die wye Wes Transvaal vlaktes? Ek het mos vir jou gese daai "Paradise" is nie vir almal nie!

Groetnis
Wout