Skedelkuspark se leeus uitgewis - vergiftig
Posted: Tue Aug 20, 2013 3:48 pm
Ai dis darem hartseer die....
http://www.republikein.com.na/politiek- ... 130344.php
Voorgelê deur Republikein op Di, 2011-07-12 01:00
n SKOKKENDE ontdekking wat ?n reuseverlies vir natuurbewaring in Namibië is, is in die Skedelkuspark gemaak toe drie woestynleeuwyfies Sondag dood in die Hoarusebrivier aangetref is.
Volgens die webtuiste van die wêreldbekende projek oor die woestynleeus, http://www.desertlion.info, is die totale Hoaruseb-trop nou uitgewis nadat die drie wyfies Sondag vergiftig is.
?Die drie wyfies, Morada, Tawny en Maya, is ?n paar meter van mekaar in die Hoarusebrivier dood gevind.?
Maya was Tawny se welpie. Twee swartrugjakkalse is ook dood op die toneel gevind. Monsters is vir ontleding geneem, maar dit blyk dat strignien die oorsaak van die tragedie is.
?Die nekbande en die kopbene van al drie die leeuwyfies is gehou. Hul karkasse, asook die van die jakkalse, is verbrand om te voorkom dat ander wilde diere ook van die gif vrek.
?Die tragiese voorval beteken die einde van die era van die trop Hoaruseb woestynleeus,? volgens die webwerf.
Op 21 April 2010 is die maanhaar Leonardo doodgeskiet. ?n Klag van onwettige jag is teen die professionele jagter, mnr. Keith Wright, aanhangig gemaak.
Morada en Tawny het vroeg in 2008 hul eerste werpsels in die Hoarusebrivier gekry. Hierdie leeus was die fokus van intensiewe navorsing en monitering.
Die implementering van volhoubare leeu eko-toerisme in die Kunenestreek sou op hulle gegrond wees, volgens die webwerf. Op die webwerf word Wilderness Safari?s vir hul hulp en ondersteuning tydens die voorval bedank.
Dr. Flip Stander is die hoofnavorser van die woestynleeu-projek