Page 1 of 2

Ek jeuk.

Posted: Sun Aug 18, 2013 11:29 pm
by tau
Ek wou 'n Cruiser koop, toe sien ek dit gaan my nie pas nie. Steeds was my paar km's in D/cab V8 Diesel in Namibie nie goed vir my kar probleem nie.

Re: Ek jeuk.

Posted: Mon Aug 19, 2013 11:32 am
by Hennie van der Merwe
Tau, ek glo nie jy het motivering nodig om n Cruiser te moet koop nie - die goed koop hulle self. Sal nooit spyt wees nie. Daai 105's kan jy darem maar lekker opzef met ekstras...

Re: Ek jeuk.

Posted: Mon Aug 19, 2013 12:03 pm
by tau
My pa het so 2003 105 gehad met alles wat jy kan doen opgehad het. Toe kom koop iemand daai kar letterlik uit sy garage uit en doen hom helemal oor. Het rerig lekker gery, maar die bransdtof verbruik was rerig rof met die groot tyres op. Ek gaan net lank soek na 'n laer km 100 wat netjies is.

Re: Ek jeuk.

Posted: Mon Aug 19, 2013 12:33 pm
by jacojrdn
Tau

Nes jy daar se, smag self al jare na n cruiser (bakkie) maar kon myself net nie sover kry om een te koop nie. Nou in die laaste 10 jaar het ek n 3L D/C 4x4 Isuzu, 4 L Fortuner 4x4 en Ford 3.2 Supercab 4x4 gery. Almal baie lekker voertuie, maar nie n cruiser nie.

Na al die "overlanding" extras op was, was my beursie ook n hele paar R ligter. Toe ek vroeer die jaar die Fortuner verkoop (met +- R90 000) se ekstras, het ek gesukkel om R200 000 te kry. As ek in 2006 die Landcruiser 4.2 gekoop het teen minder as die Fortuner, sal ek nou heelwat meer vir hom kon kry.

My vrou het my nou aan die kort hare gegryp en gese ek moet nou een keer koop wat ek wil he, anders gaan ek nooit gelukkig wees nie. Sy ken my die beste, so ek moet maar maak soos sy se.

Ek kry die Landcruiser D/C V8 TD volgende Vrydag as ek in JHB land. Het al Maart al deposito betaal so jy kan net dink hoe sleep die dae voort.

Wat ek probeer se, dit gaan nie altyd net oor prakties nie, n mens moet jou kar kan geniet en die 100 series is n maklike een om te geniet.

Re: Ek jeuk.

Posted: Mon Aug 19, 2013 12:36 pm
by PaulM
Tau, hier is vir jou bietjie motivering. En myne se brandstofverbruik pla gladnie - ek 'reset' nooit die afstandmeter nie, so ek kan nie uitwerk wat die verbruik is nie. ;) :laugh:

Re: Ek jeuk.

Posted: Mon Aug 19, 2013 2:52 pm
by tau
Ai manne julle help nie veel nie. Gaan vanaaand 'n oom op die dorp se 100 4.2 td VX gaan ry met die independant voor suspensie. Hy was al tot in Killimajaro met die kar en het al die wereld plat getoer. Ek soek eintlik die GX 4.2 met solid front axle.

Soos die http://www.gumtree.co.za/cp-cars-in-cap ... redAd=true , maar dan raak dit bietjie duur vir 'n tweede/derde kar.

Re: Ek jeuk.

Posted: Mon Aug 19, 2013 2:54 pm
by tau
jacojrdn wrote:Tau

Nes jy daar se, smag self al jare na n cruiser (bakkie) maar kon myself net nie sover kry om een te koop nie. Nou in die laaste 10 jaar het ek n 3L D/C 4x4 Isuzu, 4 L Fortuner 4x4 en Ford 3.2 Supercab 4x4 gery. Almal baie lekker voertuie, maar nie n cruiser nie.

Na al die "overlanding" extras op was, was my beursie ook n hele paar R ligter. Toe ek vroeer die jaar die Fortuner verkoop (met +- R90 000) se ekstras, het ek gesukkel om R200 000 te kry. As ek in 2006 die Landcruiser 4.2 gekoop het teen minder as die Fortuner, sal ek nou heelwat meer vir hom kon kry.

My vrou het my nou aan die kort hare gegryp en gese ek moet nou een keer koop wat ek wil he, anders gaan ek nooit gelukkig wees nie. Sy ken my die beste, so ek moet maar maak soos sy se.

Ek kry die Landcruiser D/C V8 TD volgende Vrydag as ek in JHB land. Het al Maart al deposito betaal so jy kan net dink hoe sleep die dae voort.

Wat ek probeer se, dit gaan nie altyd net oor prakties nie, n mens moet jou kar kan geniet en die 100 series is n maklike een om te geniet.
Voor die Fortuner het ek 'n 3.0 l Ford gehad en al die voertuie het my nog nie een dag se moeilikheid geggee nie, maar hulle het nie siel nie.

Re: Ek jeuk.

Posted: Mon Aug 19, 2013 7:48 pm
by BRNO (Pierre)
jacojrdn wrote:Ek kry die Landcruiser D/C V8 TD volgende Vrydag as ek in JHB land. Het al Maart al deposito betaal so jy kan net dink hoe sleep die dae voort.
Ek reken self hierdie is die Bul om te koop. Jy gaan vir hom nooit kan klaar maak nie!

Re: Ek jeuk.

Posted: Mon Sep 02, 2013 6:31 pm
by tau
Kerels wie het 'n 70 series stasiewa??? Ek kry nie 'n netjiese bekostigbare 100/105 diesel nie.

Re: Ek jeuk.

Posted: Thu Sep 12, 2013 8:54 am
by tau
My Fortuner steeds nie verkoop nie!!!!

Het gister 'n 70 Stasiewa gaan ry wat spotless is met 99 000km op. Ek weet hy is stadig, maar shucks daai kar ry lekker en die gedruis van daai ou straight 6 4.2 is darem pragtig.

Re: Ek jeuk.

Posted: Thu Sep 12, 2013 11:23 am
by Hennie van der Merwe
So outjie is ook op my lys wanneer vroulief se kar oor twee jaar afbetaal is.
Dan is my 2001 Prado met 260k kms reg om gepension te word.

Erg frustrerend as 'n man reg is om te koop, en jou ou voertuie is nog in die mark. Sterkte en vasbyt Tau.

Re: Ek jeuk.

Posted: Thu Sep 12, 2013 3:37 pm
by Chevvy SS

Re: Ek jeuk.

Posted: Thu Sep 12, 2013 3:39 pm
by Chevvy SS
download.jpg

Tau, sal hy nie lekker loop op ons sleg paaie nie?

Re: Ek jeuk.

Posted: Thu Sep 12, 2013 3:48 pm
by Chevvy SS

Re: Ek jeuk.

Posted: Thu Sep 12, 2013 3:51 pm
by tau
Nee daai nommer vat hom daai petrol. Ek het is nie so lief vir Shell, BP en Engen nie.

Re: Ek jeuk.

Posted: Thu Sep 12, 2013 3:53 pm
by PaulM
Tau, jy moet erken, jy het darem 'n redelike aangename probleem waarmee jy worstel!

Re: Ek jeuk.

Posted: Thu Sep 12, 2013 4:29 pm
by tau
PaulM ek het 'n Fortuner wat heel is en betaal. Jy is reg ek moet my kop laat lees. EK dink self so 10 keer per dag daaraan.

Re: Ek jeuk.

Posted: Fri Sep 13, 2013 9:41 am
by Chevvy SS
Tau, sit 'n Old Man Emo suspensie op die Fortuner. Dan het jy nie meer 'n widowmaker nie en 'n heel nuwe ryding wat heeltemal anders hanteer.

Re: Ek jeuk.

Posted: Wed May 28, 2014 9:37 am
by tau
"Koop 'n Toyota hy hou sy waarde en eendag as jy hom wil verkoop kry jy jou geld terug" - elke tweede persoon daar buite.

Manne na 8 maande het ek my Fortuner verkoop gekry vir naby aan boekie waarde. Ek is nou so gatvol ek het sommer 'n 3.2 Mazda d/cab 4x4 gekoop. Kom ons hoop hy breek minder as die Ford bakkies soos al my Toyota vriende my vertel :)

Spot sommer net. Sukkel ander mense ook so om hulle voertuie verkoop te kry? My kar was baie netjies en onder 100 000km.

Re: Ek jeuk.

Posted: Wed May 28, 2014 9:51 am
by VdWalt
Ek hoop nie so nie want ek moet my Tiguan oor 2-3 maande swaai!

Re: Ek jeuk.

Posted: Wed May 28, 2014 10:50 am
by win270
PaulM wrote:Tau, jy moet erken, jy het darem 'n redelike aangename probleem waarmee jy worstel!

+1

Re: Ek jeuk.

Posted: Thu May 29, 2014 7:24 am
by johans
tau wrote:Kyk mens raak mos soms mal dan koop jy snot. Ander kere rak jy net moeg vir iets. Elkgeval 3 jaar terug het ek my passat en pajero verkoop / weggegee en ' vars Fortuner gekoop. Die is nou ekonomies en het goed gewerk, net nie gemaak vir grondpad nie.

Ek is net nou gatvol om iets te ry sonder siel. En hy is betaal so ek vergeet te gouhoevoel skuld. So die plan. Verkoop die fortuner en koop vir mamma 'n tweedehandese X5 3.0 d en soek vir my 'n 100 of 105 cruiser stasiewa 4.2. Nou my pa het nou sy tweede X5 3.0 d en hulle herverkoopwaarde is bitter swak ek dink my pa is vir sy 2009 R299000 geoffer met 85000km op so hy gaan hom eerder op ry as verkoop. Sy ou kar het tot onlangs by vriende gery tot 265000km voor hulle verkoop het. Ek besef ek gaan my vas koop met die twee karre, maar dan ryek darem weer iets wat ek geniet en twee inplaas van een kar.

En dan kan ek 'n cruiser kry........verstaan. Of ek koop een nuwe doublecab Ford of Toy en betaal vir 5 jaar die verskil af en geniet nie die kar nie.
hoekom gaan jy nie die die double cab geniet nie?

Re: Ek jeuk.

Posted: Thu May 29, 2014 7:46 am
by tau
johans wrote:

Dit was 'n jaar terug amper wat ek dit geskryf het. Ek het intussen 'n paar cruisers gaan toets en besef vir iemand wat in die boland bly en meer teer as grondpad ry maak dit nie sin nie. Ook het ek besef 'n D Cab werk maar die beste. Op die einde wou ek eintlik 'n Ford Koop, maar nadat ek sien hoeveel goedkoper die Mazda is toe vat ek sommer die bakkie met sy skerp neus. Ek glo 147Kw kan my gelukkig hou.

Re: Ek jeuk.

Posted: Thu May 29, 2014 9:07 am
by Chevvy SS
4x4 Tau? Hoe loop hy- geniet jy hom?

Ek wil vlg. jaar as ek gespaar bly 'n Ford koop na die facelift.

Re: Ek jeuk.

Posted: Thu May 29, 2014 10:11 am
by tau
Chevvy SS wrote:4x4 Tau? Hoe loop hy- geniet jy hom?

Ek wil vlg. jaar as ek gespaar bly 'n Ford koop na die facelift.
Ja Oom vir die eenkeer per jaar wat ek die 4x4 gebruik. Eintlik heel onnodig, maar man bly mos man.