Page 1 of 1

Ferral Pigs

Posted: Sun Aug 18, 2013 7:12 am
by JohanvB
Ek hoor so die manne looi die Ferral pigs of Boars daar in die Vredenburg, Veldrif distrik?

Kan iemand dalk kontak besonderhede hier plaas?


Dankie

Re: Ferral Pigs

Posted: Sun Aug 18, 2013 8:07 am
by Gawie(13mm)
Dagsê Noors.

Skakel vir Matt by Kaapjag, hy sal jou in kontak kan bring met van die "skimme".
Die vark-skiet stories begin ook vir my na "urban legends" klink,
nes die takbokke wat kamtig so volop is.

Almal vertel hoe hulle skiet, maar as jy meer besonderhede wil hê is die manne doof-dom en stok-doof.

Sal ook graag wil weet.

Groete,
Gawie.

Re: Ferral Pigs

Posted: Sun Aug 18, 2013 8:45 am
by vriell
Die manne wat die varke so skiet hou nie van "indringers" nie . Overberg tak SA Jag is ook betrokke by die varkskiet projek wat gemonitor word deur natuurbewaring.Het laas week vergadering bygewoon waar ek bietjie nuus opgetel van die vark skiet vordering.Die varke is maar stil op die oomblik maar daar is al heelwat geskiet in die verlede en nogal grotes ook.Ek self was nie betrokke by die skietery nie maar soos ek genoem het die manne hou dit maar onder hulle self en is maar suinig om nuwe manne te akkomodeer. Soos ek verstaan sit hulle voor in die Riebeeck Kasteel area op die oomblik.

Re: Ferral Pigs

Posted: Sun Aug 18, 2013 9:30 am
by JohanvB
'n Ander ding wat my pla, is dat die varke 'n pes is, soos verklaar deur Natuurbewaring...die goed doen die boere groot skade aan...maar nou sien sommige boere dit as 'n geld maak geleentheid ten spyte van die skade wat die varke die boere aandoen..

Mag jy as 'n boer geld vra om 'n pes te verwyder?

"Charge" boere jagters om jakkalse te kom skiet?

Ons wat nou nie bevooreg is om plase te hê nie doen die boere tog seker 'n guns om te help in die bestryding van die varke wat sy koring, druiwe, olye ens opvreet...

sê ma net..

Re: Ferral Pigs

Posted: Sun Aug 18, 2013 10:11 am
by Gerrie Smith
Daar is meer feral varke as wat ons sal kan uitskiet en hulle teel ook vinniger aan as wat ons hulle kan skiet. Min boere laat jou toe om net op sy plaas aan te kom en begin skiet, of iemand saambring wat hy nie ken nie, maar die problem raak al groter, so iewers sal daar meer geleenthede kom - byt net vas.

Re: Ferral Pigs

Posted: Sun Aug 18, 2013 10:16 am
by Hardyman
Kerels ek stel beslis ook belang as daar n gelentheid kom.

Re: Ferral Pigs

Posted: Sun Aug 18, 2013 10:17 am
by JohanvB
MUSIEK op my ore!!!!!!

Re: Ferral Pigs

Posted: Mon Aug 19, 2013 10:35 am
by ROBBIE1
Ek verstaan die boere se siening ook. Baie keer kom daar manne op die plaas aan, en dink hulle is op n Rodeo sessie, "cowboy's" se moses! Dink die boere is ook maar ligtig vir dit, dis hoekom die manne maar iemand wat hulle ken kry, of dit maar self probeer doen. Die verkoop van die vark is ook verstaanbaar. Die boer probeer ook maar iets terug kry vir die skade wat die goed al gedoen het. Dis maar die selfde soos skade permitte vir seekoei, kudu, buffel ens.

Maar nog steeds, sal dit erg lekker gewees het om so jag mee te maak, net jammer dis so ver van ons af!!

Hoop julle manne kry n voet in die deur, en post maar vir ons die foto's!

Re: Ferral Pigs

Posted: Mon Aug 19, 2013 10:56 am
by Jake1
Ek sal graag 'n foto wil sien van een as iemand 'n foto het?

J1

Re: Ferral Pigs

Posted: Mon Aug 19, 2013 11:56 am
by GreyGhostGear
Het hierdie een naby Hermon geskiet - nog baie wild en "oorspronklikheid" in die vark. Ek skat die meeste wat geskiet word het al erg ingeteel en lyk meer soos ons plaas varke, maar baie bont - grys met bruin kolle of vaal met grys kolle ens..
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/IMG-20120728-00054.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/IMG-20120728-00053.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/IMG-20120728-00056.jpg

Hulle is maar bitter skelm en wild en nie sommer net vir gaan skiet nie, ek dink ek het so 1 uit elke 6de trip 'n vark geskiet.

Re: Ferral Pigs

Posted: Mon Aug 19, 2013 12:06 pm
by Jake1
Dankie Grey Ghost vir die fotos. Waar kom hierdie varke vandaan, was hulle ingevoer? Lyk amper of hy bosvark in hom het.

J1

Re: Ferral Pigs

Posted: Mon Aug 19, 2013 1:00 pm
by GreyGhostGear
http://www.wine.co.za/news/news.aspx?NEWSID=8497

Ek sien 'n boer praat selfs van lammetjies gevang deur die varke.