Page 1 of 1

Mama Bosvark

Posted: Sat Aug 17, 2013 6:05 am
by Reggie Gerber
Manne ek kry Woensdag n oproep van een van my boer vrinne. Hy's so opgewonde dat ek skaars kon uitmaak dat hy vertel "They are coming to the bait, the pigs are eating the bait"

My hart mis n paar "beats" want hy gaan mos vir my nou nooi om hulle te kom piets. Ek skiet baie Jakke vir hom mahala.

Ek wag vir die uitnodiging en pass amper uit toe hy my vra "KAN EK JOU REMOTE SWITCH VIR DIE LENSOR LEEN" Ek sluk toe hard en se toe ja ek sal plan maak om by hom te kry. Geen uitnodiging

Hy het so week al gevoer en gesien op n trail kamera dat hulle elke aand vir so vier dae al ingekom het. Hierdie is die eerste keer in die geskiedenis van die plass en area dat daar bosvarke is.

Hy het toe aleen so 6:30 die aand gaan sit en binne n half uur het 8 varke ingekom.

Die SOG is met sy 270 geskiet in die kop op so 50m met n 130g koeel en my LED se switch

https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/2013-08-16%2010.18.10.jpg

Ek weet nie wat sy uitgeslag het nie maar sy lyk baie groot

Hoop ek kry kans as hy weer gaan sit :-[

Re: Mama Bosvark

Posted: Sat Aug 17, 2013 7:54 am
by James Wilson
Reggie, ek glo hy gaan jou nooi, hou wou net eers self die eerste of dalk die eerste paar self skiet. Byt vas. Wat gebruik hy as bate?

Re: Mama Bosvark

Posted: Sat Aug 17, 2013 8:02 am
by Pvdw
Reggie 'n man wat 'n ander man uithelp met jakke sal sy beurt ook kry. Ek wag vir jou opvolg post met 'n foto van jou en 'n lekker groot ot. (hoop nie hy het almal reeds geskiet nie) :):

Re: Mama Bosvark

Posted: Sat Aug 17, 2013 9:32 pm
by theedge
Baie nooi vark daai

Re: Mama Bosvark

Posted: Sat Aug 17, 2013 10:32 pm
by douw
theedge wrote:Baie nooi vark daai
ek sal darem nie 'n sog 'n "nooi" noem nie, maar nou ja elk man het maar sy eie dingetjies nĂȘ? >:+ ;D

Re: Mama Bosvark

Posted: Sat Aug 17, 2013 10:37 pm
by vlakvark1
Mooi groot vark
Reggie hoop jy kry ook n beurt om een plat te trek ;)

Re: Mama Bosvark

Posted: Sun Aug 18, 2013 5:59 am
by Reggie Gerber
Kerels

Dankie vir die woorde.

My vriend Owen is n yster en ek is seker ek sal een dag ene kan skiet.

Die varke pla nie rerig vir hom nie en hy het eintlik geskiet vir die yskas. Hy wil hulle nie weg jaag nie en ek glo as hulle daar op die plass bly sal hy elke maand een of so afhaal.

Hy het hulle gevoer met n mengsel van mielies, ou brood (geskenk van my bakery) gis en water.

Die kamera is nog op so sal interresant wees om te hoor of hulle weer ingekom het

Lekker dag

Re: Mama Bosvark

Posted: Sun Aug 18, 2013 8:16 am
by Geno
Reggie. Groot tip:
Skiet net bere. So sal die soggies nie lank wegbly nie. Hulle sal ook na 2 weke of wat met n nuwe beer terugkom.
Pel van my wat altyd 3+ aktiewe voerplekke het vir jagkliente het my vertel.

Re: Mama Bosvark

Posted: Sun Aug 18, 2013 8:27 am
by LongWolf
hou duimvas vir jou dat jou uitnodiging vinnig sal kom.

Re: Mama Bosvark

Posted: Sun Aug 18, 2013 4:59 pm
by Reggie Gerber
Geno Thanks

Ek sal hom se. Dit maak sin :D

Re: Mama Bosvark

Posted: Sun Aug 18, 2013 8:37 pm
by Dweetster
Geno is reg, die bere sal altyd na die soggies kom soek. Na n paar keer se bere skiet van die selfde sog op die selfde voerplek kan die soggies ook slimmer raak en sal hulle die bere slimmer leer.
My ervaring is maar net om jou voerplek na n ander plek te skuif, nie ver van die bestaande een af nie, 100mtr is voldoende. Die varke leer deur asosiasies, aanhoudende druk op een voerplek gaan jou net werk kos en geen varke nie.
As die saggies senuagtig is voel die bere dit aan. Jou klein varkies sal gewoonlik eerste op jou voer kom vreet dan jou sog, dan eers jou beer, as als ok is natuurlik.
Geniet die varke dis harde werk.

Re: Mama Bosvark

Posted: Mon Aug 19, 2013 9:56 am
by Riaan Beeslaar
Baie mooi vark. Stem saam Geno skiet net die bere

Re: Mama Bosvark

Posted: Mon Aug 19, 2013 10:53 am
by Jake1
Dis 'n baie mooi vark daai, regtig groot! Ek het nou al baie uitgegaan om bosvarke te skiet en het elke keer net die bere geskiet.......... want hulle is mos die grootste, dis maar 'n instintiewe ding om altyd die grootste ding te wil skiet, maar die probleem is die groot bere se vleis stink. Ek wens ek kan myself volgende keer oorreed om die jong soggies te skiet, ek hoor hulle vleis is die lekkerste. Ek het nog nie bosvark geeet nie, ek hoor dis baie lekker.

J1

Re: Mama Bosvark

Posted: Mon Aug 19, 2013 5:52 pm
by Dweetster
Jake jy kan baie lekker produkte van die vark laat maak. Ek sny net braai tjoppies, en ontbeen die res vir maalvleis of blokkies vleis soos vir kerrie. Daars baie behoeftige mense wat baie ver kan kom met maalvleis. Maak die blokkies vleis gaar in klappermelk, julle gaan nog n pakkie uithaal en weer kos maak. Dit ne dit is nou lekker.

Re: Mama Bosvark

Posted: Mon Aug 19, 2013 6:06 pm
by Jake1
Dweetster praat jy nou van Bere wat kan stink, of jong bosvarke? Indien nie is daar iets om met daai ou groot bere te doen?

J1