Page 1 of 1

"Shooting-Rest" gesoek - enige verwysings?

Posted: Tue Nov 16, 2010 9:53 am
by Stefan764
Hallo maats

Ek is op soek na n shooting rest. Hy moet op dieselle prinsiep as die een werk:

Image

Enige verwysings van of na handelaars/agente sal verwelkom word! Ek skiet tans op die sakkies, maar ek vind hulle nie so steady soos n vaste rest nie. Ons het vir my pa een gebou, wat voor en agter stut, maar ek is op soek na so een soos die. Sal hom agter met my sakkies stut.

Dankie manne
Stefan

Re: "Shooting-Rest" gesoek - enige verwysings?

Posted: Tue Nov 16, 2010 12:14 pm
by Raven
Stefan,

Vir ons arm manne gebruik ons sommer die ou konsertina jack wat Cymot verkoop.  ;)

Raven

Re: "Shooting-Rest" gesoek - enige verwysings?

Posted: Tue Nov 16, 2010 12:21 pm
by WOLF
Raven
Hy werk soos n bom

WOLF

Re: "Shooting-Rest" gesoek - enige verwysings?

Posted: Tue Nov 16, 2010 12:22 pm
by Stefan764
Norton nou gee jy my n plan....

Re: "Shooting-Rest" gesoek - enige verwysings?

Posted: Mon Nov 22, 2010 6:28 pm
by Stefan764
Raves

Dankie vir die skitterende idee! Gaan kyk asb onder ALGEMEEN in die Voorportaal, het toe vir my een gebou! En het jou darem erkenning gegee vir die idee!

Groete
Stef

Re: "Shooting-Rest" gesoek - enige verwysings?

Posted: Tue Nov 23, 2010 12:52 pm
by Raven
Stefan764 wrote: En het jou darem erkenning gegee vir die idee!
Groete
Stef
Stef Man, ek het ook maar self dit net gesien by ander manne  ;)

Geniet hom, en hoop hy gaan mooi help vir die klein groepies.

R

Re: "Shooting-Rest" gesoek - enige verwysings?

Posted: Tue Nov 23, 2010 12:54 pm
by Stefan764
Het nou self n nuwe gedagte gekry met n M32 bout en moer... Sal fotos opsit as ek kans kry om die ding te prakseer. Vakansie kom nou nader!

Re: "Shooting-Rest" gesoek - enige verwysings?

Posted: Wed Nov 24, 2010 3:34 pm
by SmitH
Hi Stefan754

Het vir jou n pm gestuur met n foto van hoe myne lyk want ek kry die foto nie gelaai nie.

Groete
SmitH

Re: "Shooting-Rest" gesoek - enige verwysings?

Posted: Wed Nov 24, 2010 9:06 pm
by Jagtersdok
Nee man Smith.

Ons wil ook sien :(

Re: "Shooting-Rest" gesoek - enige verwysings?

Posted: Wed Nov 24, 2010 9:33 pm
by Stefan764
Hiers ou Smitta se rest:

[img width=800 height=600]http://i1044.photobucket.com/albums/b44 ... CN0512.jpg[/img]

Re: "Shooting-Rest" gesoek - enige verwysings?

Posted: Wed Nov 24, 2010 9:50 pm
by Jagtersdok
Thanx Stef

Re: "Shooting-Rest" gesoek - enige verwysings?

Posted: Wed Nov 24, 2010 10:02 pm
by JACQUES BOTHA
Manne en maninne
Ek is nie n pro met die goed nie, my aanbeveling sal wees kry n rus voor  wat stewig staan en ordentlike skiet oppervlakte en n rus agter met ordentlike skiet oppervlakte. Die 2 plekke rus  is die mees stabielste wat jy kan kry en jy sal beste groepe van hom af kry.
As die aaneenlopende rus vir jou werk hou by dit, maar gee die voor en agter rus ding n kans..Dit is tog hoe jy meeste kere jag ens keit van jou .
Groetnis
Jacques

Re: "Shooting-Rest" gesoek - enige verwysings?

Posted: Wed Nov 24, 2010 10:15 pm
by SmitH
Hi Stefan

Die mikie staan stil as die geweer in die skietraam le terwyl die swart knop aan die linkerkant op of af stel. Dit is n kantoorstoel se onderste gedeelte wat ek gebruik het op die ander foto sal jy mooi kan sien hoe dit aanmekaar sit

Groete
SmitH

Re: "Shooting-Rest" gesoek - enige verwysings?

Posted: Thu Nov 25, 2010 12:46 pm
by Stefan764
Smittie

Hier is my rest wat ek vroeer die week aanmekaargeslaat het...
Image

En so werk hy met die roer op, n sandsakkie agter...
Image

Ek dink sommer die manne moet bietjie idees of fotos van hulle rests hier uitruil, dan kan ons bietjie so met die oog steel en kyk wat lyk of hy vir jou lekker kan werk  ;)
Stef

Re: "Shooting-Rest" gesoek - enige verwysings?

Posted: Thu Nov 25, 2010 1:07 pm
by Rasmus
Ek het een van die ou in die kaap bou hulle dink die prys is R 450 werk heel gaaf.

[img width=800 height=600]http://i891.photobucket.com/albums/ac11 ... 010183.jpg[/img]