Page 1 of 2
Kopkrap oor herlaai
Posted: Mon Nov 15, 2010 8:55 pm
by James Wilson
dit lyk my ek sukkel kort kort met iets uniek. ek hoop my nuutste probleem is nie vir julle manne uniek nie.
ek help vandag n vriend met sy 300wm om sy patroon lengte te stel. maw die "jump." nou dit is n proses wat ek al baie en op verskillende maniere gedoen het. nadat ek sy jump bevestig het, het ek voort gegaan om die punt so raps meer as 1mm dieper te seat. en toe? nou wil die bl!ksemse patroon nie in die magasyn pas nie.

hy is te lank. ek het maar bly dieper en dieper gegaan tot die patroon pas. maar ek meen die geweer gaan nie so akkuraat wees as kan nie.
is daar n oplossing?
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Mon Nov 15, 2010 9:58 pm
by jmb
Dit is maar normaal vir baie van die groter kalibers. Ek laai 270 Barnes punte in my 375 en as ek 1mm van die lands af is pas dit glad nie in die magasyn nie. Ek laai dus maar 1mm korter as die magasyn en kry baie goeie akkuraatheid.
Die 300 behoort heel goed te groepeer met patrone wat in die magasyn pas. Speel maar bietjie rond met die lading. Die geweer gaan heel akkuraat genoeg wees vir jag. As jy wil 500m teikenskiet akkuraatheid he sal jy hom maar as 'n enkelskoot soos die RSA aksie moet hanteer.
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Mon Nov 15, 2010 10:00 pm
by Wismit
Jagbehep! wrote:
is daar n oplossing?
Sover ek dit verstaan is daar nie iets wat jy kan doen nie. Dis of een patroon op `n slag laai vir meer akkuraatheid of 5 patrone in magasyn met minder akuraatheid.
Verder ook kry alle gewere nie altyd die beste groepering na aan die groewe nie. `n vriend van my se .303 kry sy beste groepering met `n 5mm jump. Ek stel voor laai 5 patrone van 0.01mm van die groewe tot op 5mm jump (of tot daar waar patroon in magasyn pas (welke een die langste is)).
As jou beste groepering se patroon nie in magasyn pas nie moet jy maar met die lading speel op die patroon wat in die magasyn pas.
Net my 2c
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Mon Nov 15, 2010 10:18 pm
by James Wilson
wat kan n geweersmmit aan die saak doen? die geweer is n pasmaak geweer uiy die laat negentigs.
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Mon Nov 15, 2010 10:34 pm
by jmb
Kyk eers hoe hy skiet met die maksimum lengte wat jy in die magasyn kan kry. Dit gaan tien teen een nie te sleg wees nie. Jy se ook nie watter punte jy gebruik nie. Punte wat meer rond is en minder spits behoort die regte TPL te gee en in die magasyn te pas. Om 'n langer magasyn in te sit is na my mening baie moeilik maar ek is nie 'n geweersmid nie.
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Mon Nov 15, 2010 10:42 pm
by James Wilson
die vriend van my dring aan op 150grn pro-amm. lag maar vir my maar ek is seker die geweersmit kan die loop afhaal en die agterkant korter maak sodat die jump nie so lank is nie.
ek het maar die col/tpl so gestel dat die patroon net net in die magasyn pas en tot onder gaan as hy vol gelaai is.
sal maar my ladings op 1 lading onder maks, 1 bo min en 1 in die middel toets sodat ek kan sien waar will hy groep.
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Mon Nov 15, 2010 10:50 pm
by jmb
Ek is seker mens kan dit doen maar ek dink dit is onnodig. 150gr punte is myns insiens lig vir die 300WM. Die voordeel van die kaliber le meer na die 168 gr plus punte se kant toe. Ek dink egter hy gaan groepeer.
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Mon Nov 15, 2010 10:58 pm
by Francois Marais
Jagbehep
Ek het vi jou heel goeie nuus, hier van 6.5mm/.264kal af hou die gewere in elk geval van n groter spring na die lands toe. Skiet my 260 Rem, met so 2.5mm jump.
Laai jou patrone so 1mm korter as jou magasynkas se mate en ek reken jy sal heel tevrede met die groepe wees, jy moet net onthou om jou lading aan te pas as jy punt dieper seat
Mooi loop
Francois
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Tue Nov 16, 2010 7:49 am
by Dawie
Interessante brokkies wat ek op afgekom het
Hoe diep om te "seat" in die doppie se nek in?
Antwoorde....
"I believe that the general rule is, The seating depth should be at least 1 caliber long into the case neck"
en nog....
"All that's "needed" is deep enough to insure the bullet won't be disloged with normal handling."
Oor lang "Jump".....
"I once shot a .6" 10 shot group with over .400" jump."
Lw. 400" is net oor die 10mm
Vannaf Reloader's Nest Forum
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Tue Nov 16, 2010 8:01 am
by jmb
Dawie ek stem saam met wat jy daar skryf. As ek 270 barnes punte in my 375 laai tot 1mm van die lands af kan ek hulle nie weer uitkry nie die punt druk teen die voorkant van die slot vas as ek die grendel terugtrek. Ek laai dus vor magasyn lengte. Ek weet nie hoe ver die punt "jump" nie maar dit is baie en daardie geweer skiet onder 'n duim groepering op 100m.
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Tue Nov 16, 2010 8:34 am
by Dawie
Tools wat vir my onmisbaar is met herlaai.......
'n Handige tool om te h? wat vir 'n verwysing kan gee of jou patrone konstant "geseat" word en min of meer hoe v?r jy van die "lands" af is, is die Stoney Point O.A.L Gauge.
Nog 'n tool is 'n chronograaf, ek het onlangs 'n 200fps verkil in snelheid gehad net met 'n ander "batch" kruit op my 22-250. 'n Ander vriend van my het dit gehad op 'n 308 ook 200fps verskil tussen "batches". Op ver afstande of klein teikens is daardie verskil 'n misskoot.
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Tue Nov 16, 2010 9:03 am
by Stefan764
Hallo almal
Verduidelik asb meer oor die "1mm korter as die magasyn" deel?
Ek skiet n Tikka met n los magasyn. Van waar tot waar meet ek?
Dankie dankie!
Stefan
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Tue Nov 16, 2010 9:25 am
by KSV
Dawie wrote:
Nog 'n tool is 'n chronograaf, ek het onlangs 'n 200fps verkil in snelheid gehad net met 'n ander "batch" kruit op my 22-250.
Dawie,
Ek het daai selfde moeilikheid gehad, sonder 'n Chrony sou ek nie geweet het wat was fout nie, moes my lading met .3 gr lig om by dieselfde spoed uit te kom. As ek nie 'n chrony gehad het nie het ek moontlik die loop vervang.
Kalahari groete
Hein
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Tue Nov 16, 2010 10:03 am
by jmb
Stefan ek spot sommer oor die 1mm korter as magasyn. Ek het maar my TPL gemaak op lengte wat gemaklik in magasyn inpas.
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Tue Nov 16, 2010 10:10 am
by Stefan764
J&B, ag ek bedoel jmb
Ek sien Francois het dieselfde ding gese.... die 1mm biesigheid...
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Tue Nov 16, 2010 10:20 am
by jmb
Ek hou nogal van J&B jy is heel reg. Ek dink meeste 7X64 rondtes gaan nie in die magasyn pas as jy hom tot op die lands laai nie. Dit is mos maar die aard van die kaliber tog is die goed mos verbrands akkuraat. Ek hoef dit mos nie vir jou te vertel nie. Ek dink die 1mm van lands maatstaf is die plek waar meeste gewere goed sal groepeer en dus 'n goeie beginpunt vir herlaai. Ek vat my Ferlach RSA as voorbeeld. As ek 150 Sierra Matchkings laai 1 mm van die lands het ek 'n baie lang patroon wat in geen 308 magasyn sal pas nie. Hy groepeer baie mooi hiermee. Dan vat ek army patrone wat baie korter is en dan groepeer die geweer net so goed. Die 308 irreteer my eintlik so 'n klein bietjie omdat ek voel ek mors my tyd om vir hom te probeer 'n lading uitwerk want hy skiet akkuraat met enige ammunisie.
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Tue Nov 16, 2010 10:39 am
by Stefan764
jmb
Wat jy nou praat is waar, my pa se 308 gooi net so raak, maki saak wat hy laai nie.
Ja die 764 is lekker akkuraat, maar n man moet maar bietjie werk om daat uit te kom. Ek het altyd met my beperkte kennis redelik reggekom (25mm group op 100m en so 90mm group op 300m) maar ek wil nou en ek GAAN nou met die hulp van gesoute manne hier opi forum my standaarde bietjie opskuif. Wil ook van daai klawertjies skiet op 200m!
Ek het nou begin met die skerp Impalas so ek glo nie ek gaan n probleem he met aftand van die lands af nie. Sal mar moet sien vamiddag.
Bells - Groete
Stef

Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Tue Nov 16, 2010 11:31 am
by Dawie
Kalahari Sands Varminting wrote:
As ek nie 'n chrony gehad het nie het ek moontlik die loop vervang.
Hein
Dieselfde het met my gebeur, eers het POI geskuif, +- 3 clicks op en die groeperings was pateties. Het ook eers gedink my loop is uitgeskiet toe ek die verskil in spoed sien, ek moes 0.8gr (S355) opgaan om op spoed te kom. By iemand gehoor dat by die kruitfabriek daar 'n 7% toleransie wat toegelaat word.
Van nou af met elke nuwe batch kruit...eers deur die chrony.
Tip met elektroniese skale....hou jou selfoon v?r weg, selfone se seine wat hulle stuur "interfere" met die elektroniese skaal se koppie.
Cheers
D
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Tue Nov 16, 2010 6:34 pm
by 243Songdaug
"Tip met elektroniese skale....hou jou selfoon v?r weg, selfone se seine wat hulle stuur "interfere" met die elektroniese skaal se koppie."
En ek beskuldig my "dom-ass-tic" dat sy my RCBS ChargeMaster van die herlaai tafel afgesmyt het!
Gaan liewer nie toets of jy reg is nie - sal jou maar net glo!
Groete.
Jaco
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Tue Nov 16, 2010 7:12 pm
by KSV
Jaco,
Sit hom aan gooi n lading en bel dan da naby.
Jy moet sien hoe hol hy dan rond.
Hein
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Tue Nov 16, 2010 8:17 pm
by Stefan764
Wat mens nie als op die blerrie forum leer nie.......
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Thu Nov 18, 2010 2:55 pm
by JACQUES BOTHA
LADINGS DRYFMIDDEL.
EK HOOR SO VOELTJIE FLUIT DAAR IS WEER PROBLEME MET S365 EK DINK LOT 061... AS EK HERMAL LAATZ REG AANHAAL.
KWAAI DRUK IN DIE 6MM MET DIE LIGTER PROJEKTIELE(KOELE,PUNTE) ENIG IEMAND PROBLEME GEHAD DIE LAASTE TYD?
GROETNIS
JACQUES
EK het wel verskillende groepe gekry met n nuwe blik 365 en met n ou blik, wonner nou watse lot is die nuwe blik????????????????
(as ek nie n maatemmer fout gemaak het nie.)
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Thu Nov 18, 2010 4:31 pm
by 243Songdaug
Nog 'n rede hoekom ek liewer 361 skiet die laaste tyd........
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Thu Nov 18, 2010 5:03 pm
by JACQUES BOTHA
243SD
HET JY N RESEP VIR CONVERT VAN 365 NA 361. DIE LEKKER AS DIT WERK IS DAT DIE 361 IN BLOEM OMTRENT R60 N BLIK GOEDKOPER IS AS DIE 365.
EK HET OMTRENT N VERMOEDE DAT DIT IN DIE OMGEWING VAN 8% MEER DRYFMIDDEL GAAN WEES AS 361 ..
EN EK SIEN AL KLA DIE WISKUNDIGES REKEN DAT 8% MEER KRUIT N BARGAIN IS AS DIE BESPARING IN GELD AMPER 35% IS? OF IS MY SOMM NOU VERKEERD?
HOOR GRAAG WAT SE DIE SLIM MANNE , EK WEET HERCULES LOUW SOU AL DIE SOM GEMAAK HET.
dAL;K HET PIET AL DIE RESEP PROBEER IN SY 25.LAAT WEET ASB EK WIL GAAN VOORRAAD AANVUL, DALK GAAN DIT 361 WEES.
EN DIE SLEGTE NUUS IS EK HET N PAAR BLIKKE 365 MET LOT 061 OP. GOU GAAN LOER.
GROETNIS
JB
Re: Kopkrap oor herlaai
Posted: Thu Nov 18, 2010 9:31 pm
by Boesman
En daar hardloop ons almal gou om ons blikke S365 se lotte te beloer! Myne is veilig!