Page 1 of 1

Hoeveel eet hulle

Posted: Sun Mar 08, 2009 3:23 pm
by Yalair
Hoeveel kg vleis sal 'n pak van: reun, teef, helper en se 3 kleinkies per week benodig ? Sal jy kan bepaal deur hoeveel hulle vang hoe groot die span is, of sal dit moeilik wees ?

Re: Hoeveel eet hulle

Posted: Sun Mar 08, 2009 7:22 pm
by Ambessa
Hallo Yalair

Sal graag die antwoorde op hierdie een lees?

Ambessa

Re: Hoeveel eet hulle

Posted: Sun Apr 12, 2009 8:04 pm
by Yalair
Het niemand nog antwoord vir die vraag ?

Re: Hoeveel eet hulle

Posted: Sun Apr 12, 2009 8:29 pm
by tafjak
Sorry Ben

Ek was weer redelik blind vir hierie een. 1/5 kg per jakkals per dag is nodig om nie agteruit te gaan nie. So omtrent 20 kg per week vir die pakkie. Wat die vraag so moeilik maak is dat hulle meer per dag vang om almal gelyk besig te hou met vretery en dit is waar die 2-3 klein lammers in die prentjie kom met tot 2 sterk lammers verder aan daagliks. Wat dit verder nog moeiliker maak om met vangste te probeer raai hoeveel jakkalse daar is, is omdat hulle orals vang en nogal partykeer die vangplekke nogal ver uitmekaar kan wees.

Taffie

Re: Hoeveel eet hulle

Posted: Sun Apr 12, 2009 8:33 pm
by Yalair
Taffie
Dankie, dit gee my 'n aanduiding.

Groete
Ben

Re: Hoeveel eet hulle

Posted: Sun Apr 12, 2009 8:49 pm
by jaracal
Ben jammer nou eers jou vraag gesien.
Wanneer nie net die binnegoed gevreet word nie maar die lam uitgedop word en dit 'n groterige lam is, wys dit altyd op 'n gesin. Jakkals vreet ongeveer 'n halwe kg vleis per dag volgens die kenners.

Ma en Pa vreet die lekker sagte binne vleise en die kinders stoei oor die res.

Groete

Hein

Re: Hoeveel eet hulle

Posted: Sun Apr 12, 2009 11:56 pm
by Ambessa
Hallo Tafjak / Yalair / Heinrich

Vanaand het dit meer as 'n uur geneem om net vinnig (?) deur al die nuwe pos te lees. Weet dit nou, as die ouens eers lostrek haal hulle al die verlore praat gou in. Sjoe.

Die inligting wat julle gee oor die vretery spreek van ervaring. Tog is dit werklik voor die handliggend as 'n mens mooi daaroor dink. Hoekom weet al die boere nie hierdie dinge en vele ander dinge om roofdiere sinvol te bestuur nie - insluitend om van suksesvolle jagters gebruik te maak nie?

Waarom word daar nie uit ervaring en dit wat werk (bewese) geleer nie?

Ambessa

Re: Hoeveel eet hulle

Posted: Mon Aug 02, 2010 4:19 pm
by Ja3
Wel, ..net soveel soos wat hulle wil.... ;)

Hierdie reun (boonste) het 10.5kg geweeg. Sy buurman 9.8kg. Altwee selfde ouderdom en nie v?r van mekaar geskiet.
Hy kon die koeie wat kalf nie uitlos nie en was dik gevreet aan die "veal".
Image
Verskoon die kwaliteit.
Image

Ek reken tanneman kan maklik 1.0-1.5kg inpak by 'n braai.

Ja3

p.s.- Oom Am. Jammer, die maatband het vasgevries. Sal anti-freeze saamneem (en onthou). :-[

Re: Hoeveel eet hulle

Posted: Mon Aug 02, 2010 4:46 pm
by tafjak
Ja3

Mooi skote man. Wat skiet jy nou weer?

Taffie

Re: Hoeveel eet hulle

Posted: Mon Aug 02, 2010 5:04 pm
by Ja3
Taffie

Jy gee my nou sommer weer 'n knop in die keel..

Moet egter bys?, hierdie is nog met die groen 85gr hpbt geskiet.
Die nuwe 75gr rooies moet nog praat. Jou opmerking dat hulle 3500fps soek is bekragtig..

Ja3

Re: Hoeveel eet hulle

Posted: Mon Aug 02, 2010 5:36 pm
by tafjak
Ja3

Ek wou net jou been trek met "Waarmee skiet jy?". Wou net laat weet(die ander Users) watse roer skiet sulke mooi skootjies. Ek en Tomma het nounet op 6duim plate geskiet uit die stoel en op 289meters. Ek met 58Vmaxe en hy met 75's. Man darie valplaatjie maak sulke lekker bommelekiesies. Het nogal so 6-9km/h dwarswindjie gehad en geen effek op die lyn gehad nie. Moet ook bys? dat my geweer 10mm links op 100 is vir die japtrapskietery.

Lekker as dinge lekker gaan.

Taffie

Ps. Intussen huil die honne aand vir aand en hierie is nie District Six nie.

Re: Hoeveel eet hulle

Posted: Mon Aug 02, 2010 6:18 pm
by Ja3
Ja3 wrote: Jy gee my nou sommer weer 'n knop in die keel..
Taffie
Ek weet, net weer 'n helder oomblik gehad.
Ai, die oukie van my neig ook links.. moet nog die wortel van die oorsaak kry.
Ja3