Page 1 of 1

Hoe hoog om jou scope te mount.

Posted: Wed Aug 14, 2013 4:15 pm
by Cobus(Cobb)
Hoe hoog bo jou loop senterlyn kan jou scope senter lyn wees voor dit begin pla met parralaxe en ander optiese issues??

Re: Hoe hoog om jpu scope te mount.

Posted: Wed Aug 14, 2013 4:42 pm
by mariusr
Ek sal se so laag as moonlik solank daar genoeg spasie is vir die slot se grendel is die beste opsie hoe verder van die loop hoe meet verstellings gaan jy benodig om teleskoop en loop by mekaar te bring!

Re: Hoe hoog om jpu scope te mount.

Posted: Wed Aug 14, 2013 4:56 pm
by Cobus(Cobb)
Ek neem aan as jy bv 'n 5x25x55 scope het, die 27.5mm bo jou senterlyn nog olraait is...en dit natuurlik is jou "so na as moontlik"
Kan jy dan jou 3x9x40 scope ook so hoog mount??
Terug na die vraag....hoevel mm is aanvaarbaar bo jou loop senterlyn??

Re: Hoe hoog om jpu scope te mount.

Posted: Wed Aug 14, 2013 5:16 pm
by KC
My Leupold 6.5-20L x 56 is 50mm bo die middel van my loop tot middel teleskoop en ek het geen probleem daarmee en dit is nog laag gemeet aan wat ek al gesien het so ek kan instaan vir 50mm

Re: Hoe hoog om jpu scope te mount.

Posted: Wed Aug 14, 2013 5:20 pm
by Arnold
Die hoogte maak nie regtig saak nie, solank jy jou oog konstant inlyn kry bv. met n verstelbare wangstuk sodat jy goeie cheekweld het.

Re: Hoe hoog om jpu scope te mount.

Posted: Wed Aug 14, 2013 5:34 pm
by Pvdw
Koos as jou kam te laag raak sit jy met 'n probleem. Maak nie saak waar jou scope sit nie. Jy kan daai scope maar lig as jy wil, sorg net dat die kolf se kam ook saamgaan.

Re: Hoe hoog om jou scope te mount.

Posted: Wed Aug 14, 2013 6:06 pm
by mariusr
Sien die trajek tafels praat van 1.5" height of sight above centerline of bore! 38mm! as ideaal!

Re: Hoe hoog om jou scope te mount.

Posted: Wed Aug 14, 2013 6:24 pm
by tripodmvr
Hoe hoër jy gaan met jou teleskoop hoe groter effek gaan die kantel van die geweer hê - daarom die idee om dit so laag as moontlik te kry.