Page 1 of 1

Hernu van nuwe wet lisensies!! - Nagmerrie

Posted: Mon Nov 15, 2010 12:01 pm
by afriventure
Manne net om gou vir julle my onlangse ervarings/kopsere te verduidelik.

Ek het 'n safari besigheid en al my vuurwapens - 23 van hulle is op die besigheid se naam gereg. - moes dit doen 5 jaar terug onder die nuwe wet! So nou het ek 'n "license to conduct business in hunting"

Nou so in Junie kom ek agter ek moet my "competensie" hernu hy verval 18 Aug, so gemaak 90 dae voor die tyd soos wet bepaal, terloops jy hoef nie weer 'n toets of prakties te doen nie, net hernu.
Tydens die inhandiging van die hernuwing word aan my genoem dat hulle nie weet hoe lank dit gaan neem nie aangesien die stelsel nie hernuwings onder die nuwe wet kan aanvaar nie! Ek moet maar wag!

NOU dit is al 15 NOV, my competensie het reeds in Aug verval! En hulle antwoord is - Dra maar net jou kwitansie saam wat wys jy het reeds vir hernuwing aansoek gedoen???
Verlede maand moes ek 12 geweer lisensies wat 5 Desember verval, voor heraansoek doen, soos die wet se 90 dae voor die tyd!

Ek raak toe bekommerd oor die hele ding en bel toe VWapen HK en praat met 'n bevelvoerder daar.
Ek vra haar toe wat my te doen staan na 5 Desember en eintlik nou al, aangesien ek geen "competensie" het nie en na 5 Des ook geen v/wapen lisensie het vir 12 van my gewere nie? :'(
Sy se toe moenie worry nie dra net die kwitansies saam met jou as jy die vuurwapens vervoer?? ::)

Ek se toe nou hoe gaan ek verduidelik in 'n afgelee deel van die land by 'n padblokkade aan die SAP lid daar dat ek nie competent is nie en ook nie 'n lisensie het nie, maar hy moet maar asb net 'n kwitansie en my woord aanvaar? Onhou die kwitansie se net waarvoor dit was wat jy betaal het, geen wapen besonderhede verskyn daarop nie >:(
Tronksel hier kom ek!!
Haar antwoord op daai een was, ek weet nie, jy het 'n punt beet?????? Wag maar!!

Ek het die aangeleentheid onder Sa Jagters se aandag gebring wat dit nie kon glo nie, maar na hulle navraag gedoen het is dieselfde aan hulle bevestig!!

So manne ons moet maar sterk staan en hoop die hele wet ding word uitgesorteer want nog hofsake kom verseker!

Groete
Johan

Re: Hernu van nuwe wet lisensies!! - Nagmerrie

Posted: Mon Nov 15, 2010 1:40 pm
by Robert
Johan

Ek sit met die selfde dilemma. Al wat hulle vir my se is dat ek ook my kwitansies moet saamry. Dit lyk of ek gaan aansoek doen vir 'n lening by die bank , so baie papiere moet ek saam ry. Ek het nie lus vir 'n afrika tronksel nie :'(

Wees maar sterk. Solank jy jou deel wettig gedoen het rus die onus op die polisie om hulle deel te doen. Weet net nie hoe lank dit gaan vat nie.

Robert

Re: Hernu van nuwe wet lisensies!! - Nagmerrie

Posted: Mon Nov 15, 2010 1:49 pm
by afriventure
Robert

Net na ek die stuk geskryf het bel ek weer v/w Hk, jy sal nie glo nie daar is net 1 persoon aangewys wat die hele land se hernuwings van competensies moet invoer!
Belaglik se ek vir jou, my moe? meter is nou ees in die rooi.

Re: Hernu van nuwe wet lisensies!! - Nagmerrie

Posted: Mon Nov 15, 2010 1:54 pm
by KSV
Manne,

My vraag sal nou wees as jy oor die grens gaan, wat se jy nou vir daai oorsese poliesieman?

Kalahari groete
Hein

Re: Hernu van nuwe wet lisensies!! - Nagmerrie

Posted: Mon Nov 15, 2010 3:16 pm
by afriventure
Hein

Oorgrens behoort nie 'n probleeem te wees nie omdat jou plaaslike v/wapen kantoor vir jou 'n tydelike uitvoer permit uitreik wat jy saamneem.
So terloops ek hou jou al lank dop hier op die forum,waar is jy gelee, ek kom oorspronklik van Kuruman af.

Johan

Re: Hernu van nuwe wet lisensies!! - Nagmerrie

Posted: Mon Nov 15, 2010 3:36 pm
by KSV
Johan,

Ek is hier van Kathexas (Kathu)

Hein

Re: Hernu van nuwe wet lisensies!! - Nagmerrie

Posted: Mon Nov 15, 2010 5:44 pm
by KSV
303 s? ma?