Page 1 of 1

Plat punt lood koeël prestasie

Posted: Mon Aug 12, 2013 9:35 am
by Schalk75
Goeiemore almal.

Ek het die naweek `n interessante ding gesien, en wil graag julle opinie daaroor hê.

Ek het Saterdag middag `n koedoe-koei geskiet met my 45/70 Marlin lever action.

Die volgende besonderhede is van toepassing:

Koeël: 420 gr lood, groot plat punt (meplat).
Afstand: 116m gerange
Trompsnelheid: Ongeveer 1700fps (nog nie gechrony, QL se voorspelling). Impakspoed +/-1460fps.
Skootplasing: Hoog agter die blad (amper te hoog) deur albei longe. Ribbes al been wat getref is.
Penetrasie: Hy trek nou nog. Kaliber groote gat in en uit.

Nou my probleem. Ek was altyd onder die indruk dat die vernaamste oorsaak van "bloodshot" jellybloed vleis hoë spoed was, gekoppel met fragmentasie van die projektiel en sekondere projektiele (stukkies been ens.).

Hierdie bok het die meeste sulke bloodshot vleis gehad wat ek nog gesien het. Dit was nie op die oppervlak van die vleis of binne op die ribbes sigbaar nie, maar toe ons die blaaie afhaal was dit net een groot gemors, selfs tot in die nek.

Ons het ook die naweek `n swart wildebees (30-06, 165 Accubond, 2650fps) en `n rooihartbees (.303, 140gr GS Custom, 2900fps) geskiet, albei bladskote met baie aanvaarbare skade, aansienlik minder as op die koedoe.

Ek het al vantevore 2 springbokke met die 45/70 geskiet met 300gr Hornady hollowpoints @ 1800fps, en daar was regtig baie min vleisskade.

Is dit redelik om aan te neem dat die groot meplat `n skokgolf veroorsaak het, selfs teen die lae spoed?

Help asb.!!

Dankie.
Schalk

Re: Plat punt lood koeël prestasie

Posted: Mon Aug 12, 2013 9:49 am
by Jean Marais
Volgens my is dit hidrostatiese skok. My boet skiet eenslag 'n rooibokram met sy 458 met 300gr impala koeëls. Perfekte bladskoot, en die bok val net daar neer. Toe ons die bok afslag, kry ons dieselfde resultaat as wat jy hierbo van praat. Ek sê toe, ons moet die kop ook oopmaak, want ek dink die bloedvate in die brein is ook gebars. Dit was ook so. Die brein was een broederige pappery.

Met so 'n groot kaliber, is die hidrostatiese skok enorm, en met 'n meplat, nog groter.

Kyk bitjie na die videoclip van 'n donkie wat met 'n 375 geskiet word. Lyk amper asof hy gaan bars, so kwaai is die skok.




Hoop dit help.

Groete

Re: Plat punt lood koeël prestasie

Posted: Mon Aug 12, 2013 10:04 am
by Schalk75
Dankie. Dit bevestig min of meer wat ek gedink het. Was net verbaas omdat die spoed so laag is.

Ek sal bietjie `n ander vorm koeël toets en kyk wat maak hy.

Groete.

Re: Plat punt lood koeël prestasie

Posted: Mon Aug 12, 2013 10:34 am
by SV MAD (Henk)
Net n vraag: Wat dan as mens jag met 'n 44 Magnum rollie, hulle het ook 'n groot meplat, en sover ek weet maak dit nie soveel skade nie?

Re: Plat punt lood koeël prestasie

Posted: Mon Aug 12, 2013 10:42 am
by Schalk75
Ek het daaraan ook gedink. 44 se spoed is minder koeëlgewig laer, maar nie dramaties baie nie.

Ek het nog te min met die geweer gejag (3 bokke) om `n patroon agter te kom. Dit was net interessant dat die ligter, vinniger 300gr koeël baie minder gemors het, so ek probeer net om die "variable" te identifiseer wat die oorsaak daarvan kon wees. En die groot, plat punt is al wat daar oor is, want dit is beslis nie spoed of fragmentasie nie. Enige iets anders waaraan ek nie dink nie?

Soos genoem sal ek `n ander punt gebruik vir die volgende jag en sien wat gebeur. Ek het 40 400gr Claws hier, so dit sal seker hulle wees.

Groete

Re: Plat punt lood koeël prestasie

Posted: Mon Aug 12, 2013 10:46 am
by THOMAST
Ek wonder of die pomp van die hart iets hiermee te doen het, maw of jy hom in die sistoliese of diastoliese fase tref.

Re: Plat punt lood koeël prestasie

Posted: Mon Aug 12, 2013 10:55 am
by Schalk75
Alles wat ek tot dusver in die hande kon kry om te lees oor die kaliber sê "you can eat right up to the hole", selfs met warm ammo. Dit is meestal Amerikaanse websites, want hulle het duidelik baie meer ondervinidng met hierdie kaliber.

So dit is beslis nie `n algemene verskynsel nie, en almal met `n lever action gebruik `n plat punt van een of ander oortuiging. Net omdat jy nie rerig `n keuse het nie.

So ek reken ek sal maar bietjie meer "field experience" moet opdoen. Klink vir my in elk geval na `n goeie verskoning om nog iets te gaan jag.

Groete

Re: Plat punt lood koeël prestasie

Posted: Mon Aug 12, 2013 11:10 am
by Musgrave
Schalk, net gou `n vragie: hoe vinnig het die bok uitgebloei? Ek het so twee jaar terug `n jong koedoebul byna dieselfde skoot met my 45-70 gegee (350gr Swift A-Frame @ 2050vps), en daar was baie bloed in die vleis. Maar ek dink dit is omdat die bul nie uitgebloei het nie en lank gelê het voordat die slagwerk begin het.

Maar so gepraat van sistoliese vs diastoliese fase: ek en Neef Rasmus het so paar naweke terug elkeen `n sebra geskiet. Ons skootplasing was byna dieselfde, sy skoot net `n tikke hoër deur die hart, my skoot deur die onderpunt van die hart. Dieselfde koeëls gebruik teen byna dieselfde snelheid: .375 H&H, 300 DGX @ 2350/2400vps.

Die sebra wat Rasmus geskiet het se hart het gelyk asof dit ontplof het. "My" sebra se hart het `n wondkanaal deur die onderkant gehad, maar was andersins heel. Ons het ook gewonder of dit iets met die hartfases te make gehad het.

Re: Plat punt lood koeël prestasie

Posted: Mon Aug 12, 2013 11:33 am
by Schalk75
.45-70 Govt .

Ons het die bok nie keelaf gesny nie, het wel pens uitgehaal in die veld.

Seker so `n halfuur vandat hy geskiet is tot hulle begin slag het, maar hy het erg baie in die borsholte gebloei, emmer vol bloed daar uitgekom toe hulle hom oopmaak.

Re: Plat punt lood koeël prestasie

Posted: Mon Aug 12, 2013 11:45 am
by Musgrave
Schalk, dis nogals iets waaroor ek wonder. In my koedoe se geval het ek die keel afgesny, maar daar het nie veel bloed uitgekom nie. Meeste bloed het in die borskas gaan lê. Dit laat my wonder hoeveel van die bloederigheid verhoed kon gewees het as die bok so gou moontlik uitgebloei het. Terloops, dit val my nou by: ek het in 2008 `n koedoekoei ook so `n hoë skoot geskiet met my .30-06 (220gr Rhino's @ 2200 vps) en byna dieslfde bloederigheid gehad. Weereens, die bok is nie gou uitgebloei nie. Of dit dieselfde tipe skade is wat jy ervaar het, kan ek nie sê nie, maar die uitbloei van `n karkas moet ssm gebeur.