Rifrug teef moet `n nuwe blyplek kry op `n plaas/Kleinhoewe
Posted: Sat Aug 10, 2013 10:44 am
Ek het `n Rifrug teef wat nou `n nuwe blyplek moet kry, verkieslik `n plaas waar sy kan hardloop. Sy het te veel energie om in my dorps erf te bly. Hierdie hond het `n lieflike temperament, sy is wonderlik met klein kindertjies. Sy is baie beskermende teenoor my as eienaar en familie. Hierdie is `n baie wakker dier en patroleer gedurig, daar sal nie ongewenste elemente rond beweeg sonder dat sy dit weet nie.Ek kan haar nie meer akkommodeer in my klein dorps erf nie. Ek wil haar ook nie laat uitsit nie, dit is nie my manier van dinge doen nie. Ek hoor graag van iemand wat bereid is om haar oor te neem en mooi na haar sal kyk. Sy het onlangs `n werpsel gehad en hulle is almal reeds verkoop.
Groete
Gert
0842062257
Groete
Gert
0842062257