Geweer Koop 2013
Posted: Fri Aug 09, 2013 11:48 am
n Geweer koop is n groot en moeilike saak. In die ou dae toe ons met die "Ingilse" baklei het het ons Oupa's (baie is nou Oupa Grootjies en so aan) hulle hardvierdiende Ponde uitgehaal en hulle eie 7X57 Mauser gekoop. Die geweer het alles gedoen want dis al wat daar was. Hy het die beesdief geskiet, die "feinvleis" huistoe gebring en ook biltong. Hierdie gewere het deel van ons kultuur geword. Later jare het die ou "Army" .303's vir die "Skiet Kommando's" gegee; en daardie Kommando idee was n Britse tipe "Klub" idee waar mense byeengekom het en baie patrone uitgeskiet het en baie goeie skuts geword. Hierdie tyd waaar ons baie geskiet het sonder dat dit ons iets gekos het was wat die ouer geslag praat van as die goeie ou dae - Hulle is nou verby.
Toe kom die "intermediate jare" en hulle is begin deur n baie groot gees in die geweer wereld en dit was Oom Dokter Lukas. Hy het ons geleer dat ons baie lief mag word vir ons gewere en dat die gewere goeters van die hart kan word. Dit was n lang stryd gewees want ons het grootgeword dat net vrouens lief is vir tierlantyntjies. Maar Oom Dokter Lukas was n baie slim bemarker en sy eerste winkel daar by Florida Meer was die land se eerste "designer gun shop" waar jy mooi skoene kon koop om by die geweer band te pas en dan die mooi geweer vashou, voel, ruik en dan op besluit. Dit was mooi jare want dit het my gewys dat ek nie met die klein dorpie "altyd de moer in beter weet en wil jou n berg geld vra handelaar" te deel nie maar met iemand wat iets vir jou wil pas. Nou kon ek ook sommer baie meer gewere besit.
Nou ja nou is ons by die wereld gaan sy gat sien clown jare waar elke geweer eienaar wat wettig is n verskuilde vroue slaner en kinder molesteerder is en waar jy allerhande ander papiere moet invul om gewere te kry wat dan deur kenners afgekeur word wat biltong uit n vacuum sakkie eet. Om meer gewere te he vandag moet jy aan n paar vereistes voldoen - naamlik meer geld he tot jou beskikking want jy gaan een of ander tyd vir Martin Hood of een van daai manne bel om n hof oorlog te begin waar jy dan bewys dat jy nie n vroueslaner; kinder molsteerder; AWB veldpredikant of n clown is wat pille drink en skole aanval nie maar net die ou wat daarvan hou om in die bos te gaan loop en dan n biltongtjie te skiet - dis nou die tyd waarin ons is. So met die agtergtrond is jou keuses beperk. So dink baie mooi wat jy koop; by wie jy dit koop & vir wat jy dit gaan gebruik. Lekker koop!