Page 1 of 1

Zeiss Diavary Victory 6-24-56

Posted: Fri Nov 12, 2010 9:15 pm
by Thoei
Hi Manne

Ek wil weet of daar van julle op forum van die Zeis Diavary Victory 6-24-56 SF Target Rapid Z7 Illuminated gebruik.En wat julle gevoel is oor die scope.

Luister graad

Mooi loop Thoei

Re: Zeiss Diavary Victory 6-24-56

Posted: Fri Nov 12, 2010 9:20 pm
by jmb
Duur! :D

Re: Zeiss Diavary Victory 6-24-56

Posted: Sat Nov 13, 2010 11:26 am
by Louis102
Langenhoven het ges? dat jy nie 'n perd se diens, vir 'n donkie se prys kan aanskaf nie.  :D

Thoei

Gebruik "search" bo-aan die forumbladsye.  Daar is al heelwat oor hierdie teleskope ges? (sommige dink te veel ;)).  Persoonlik dink ek nie die illuminated recticles is nodig as jou teleskoop behoorlik gefokus is nie. (ek kan jou laat weet hoe ek my teleskoop se fokus instel,  indien jy belangstel)  Dit kan egter 'n "nice to have" wees, maar gebruik dit reg anders pootjie jy dalk jouself.  Die rede hoekom 'n mens baie geld uithaal vir hierdie spesifieke teleskoop, is om die heel beste (duidelikste) optics op die mark te bekom.  Geen ander teleskoop is duideliker as hierdie spesifieke maak nie, in my opinie.  Indien jy nou die verligte kruishaar verkeerd gebruik, verblind dit jou en mis jy die punt van die teleskoop en dit waarvoor jy so baie betaal het.

Laat weet indien jy nie regkom met die search funksie nie.  

Groete
Louis

Re: Zeiss Diavary Victory 6-24-56

Posted: Sat Nov 13, 2010 3:48 pm
by jmb
Louis is nou regtig lus om die Swarovski ouens se sterte te trek. Dit is moeilik om op hierdie vlak maklik tussn scopes te onderskei. Hulle is almal ongelooflik helder. Die top Zeiss, Swaro en S&B is elkeen briljant as jy hulle natuurlik kan bekostig.

Re: Zeiss Diavary Victory 6-24-56

Posted: Sun Nov 14, 2010 3:09 pm
by Visvanger
Thoei
Ek het n Nightforce met verligte kriushaar en het in n hele paar jaar se gebriuk nog nie die verligte kriushaar regtig nodig gehad nie. Het al met die kriushaar rondgespeel,maar dis al.
Ek het iewers gelees dat die verligte kriushaar in australie gewild is aangesien daar nie met n lig gejag mag word nie en die kriushaar die jagter dan help om later in die skemer in te jag sonder n lig.
Al praktiese aanwending wat ek kan aan dink is dat die verligte kriushaar miskien handig te pas kan kom in dagroep,waar die jagter in die sterk skemer in jag. Die tyd wat jy die verligting sal gebriuk is egter baie kort.(tyd tussen lig genoeg om sonder verligte kriushaar te skiet en te donker om die dier in die scope te identifiseer)
Ek het egter te min ondervinding van dagroep om met sekerheid te praat.
Het so n ruk terug ook so n Zeiss aangeskaf(sonder verligte Kriushaar) ,hom ingestel en die Rapid Z 7 reticle het iuters handig te pas gekom op rooibokke wat gedink het hulle staan op n veilige afstad bo in die berge.
Groot was my spyt toe ek laas week weer teiken toe gaan en sien dat ek nou 2 dium laag en 2 dium regs skiet.Wat my verder geweldig ontstel is dat toe ek die scope links en op stel die POI net links skiuf. Ek skiet 3 skoot groepe voor ek stel, dus is ek redelik seker van die POI.Dit het nooit met die NF gebeur nie.Ek het egter agter gekom dat my agterste mount erg tult as ek hom vasdraai.Ek sal eers moet seker maak dat my mounts reg is voor ek die teleskoop skuld gee.
Verder stel die NF +- 3.125 mm per click op 100 yards waar die Zeiss +- 12.5 mm skiuf per click op 100 yards.Te veel na my sin.Meeste ander teleskope stel +-6.25 mm op 100 yards.
Die meter aandiudings op die Zeiss se paralax verstelling stem ook glad nie saam met die werklikheid nie.Moet hom draai na 60 meter om die beste beeld op 100m te kry.
Ek sal maar eers weer skietbaan toe moet gaan as die mount reg is om seker te maak van my feite,voor ek by die invoerders kla.
Ek lees hier op die forum dat Louis baie gelukkig is met syne en ek stem saam dat die Zeiss baie diudelik is .
Ek laaik daai  Rapid Z 7 reticle erg baie en was hoogs tevrede met die scope totdat probleem opgediuk het en sal voorstel dat jy die scope by n plek soos Safari @ Outdoor koop wat bekend is vir hulle goeie naverkope diens , dat as jy probleme optel jy hom kan terugstuur.
Groete
Visvanger

Re: Zeiss Diavary Victory 6-24-56

Posted: Sun Nov 14, 2010 7:38 pm
by Armand Steenkamp
Thoei

Uitstekende kwalityd!As ek daai geld gehad het sou ek hom koop!