Page 1 of 1

Tamatieboom

Posted: Thu Jul 25, 2013 1:39 pm
by Frikkiedbr
Goeie Middag,

Weet iemand waar ek 'n tamatieboom kan kry of van die saad asseblief?

Dankie

Groete

Re: Tamatieboom

Posted: Thu Jul 25, 2013 1:42 pm
by BRNO (Pierre)
Frikkiedbr wrote:Goeie Middag,

Weet iemand waar ek 'n tamatieboom kan kry of van die saad asseblief?

Dankie

Groete
Frikkie, as dit nou vir n gewone tamatie plant is, vat sommer n vrot tamatie, en werk hom in die grond in. Voor jy sien is daar sommer n paar plantjies. As daar nou iets soos n tamatie boom is, ignoreer dan maar die advies.

Re: Tamatieboom

Posted: Thu Jul 25, 2013 1:44 pm
by Rasmus
Frikkie

Ek weet nie waar jy n boom gaan kry nie maar ek het saad.

Sal bietjie loer by die huis. Ek wil sodra dit bietjie warmer raak die saad probeer ontkiem.

Laat weet maar.

Groete

Rasmus

Re: Tamatieboom

Posted: Thu Jul 25, 2013 1:47 pm
by Frikkiedbr
Ja nee Pierre, ek ken daai een, Soek eintlik die tamatieboom soos die een.
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/6260628437_fbcce51a85_z_zps1b70c2c4.jpg
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/images9_zps6345f21b.jpg

Re: Tamatieboom

Posted: Thu Jul 25, 2013 1:47 pm
by Gideon@1

Re: Tamatieboom

Posted: Thu Jul 25, 2013 4:29 pm
by Giepie
Ons ken dit as die boomtamatie. Eerste keer daarmee te doen gekry op Magoebaskloof, later by Louis Trichardt van hulle gesien en so jaar of wat terug konfyt van hulle geproe. Baie lekker en ryk aan Vit C

Re: Tamatieboom

Posted: Tue Sep 09, 2014 4:11 pm
by Thelma
Hallo frikkiedbr,

Ek het n tamatie boom, hulle groei baie maklik van die saad, of as jy jou pos adres wil stuur dan stuur ek vir jou van die vrugte, net wanneer hulle nou weer dra.

Thelma

Re: Tamatieboom

Posted: Tue Sep 09, 2014 7:15 pm
by Christo
Giepie wrote:Ons ken dit as die boomtamatie. Eerste keer daarmee te doen gekry op Magoebaskloof, later by Louis Trichardt van hulle gesien en so jaar of wat terug konfyt van hulle geproe. Baie lekker en ryk aan Vit C
Haai, ek sal ook graag van die saad wil hĂȘ. Wat is die wetenskaplike naam? Wil graag oplees daaroor. Ons kwekery het op 'n tyd ornamentele pot tamaties gekweek vir snaaksheid wat eetbaar was. Baie mooi en baie lekker.

Re: Tamatieboom

Posted: Tue Sep 09, 2014 7:29 pm
by tripodmvr
Hierdie is 'n subtropiese vrug en julle sal hom ernstig moet beskerm teen koue om hom aan die lewe te hou. Christo, jou "koue bokkeveld" voorspel niks goeds nie.

Re: Tamatieboom

Posted: Tue Sep 09, 2014 7:34 pm
by Christo
Driepoot, jip dit besef ek. Ek plant hulle by my moeder in Hamlet. Daar staan al 'n Tambotie wat seker al 2.5m hoog is.

Ek probeer maar en kyk wat maak dit. Hy kan dalk 'n mooi bonsai maak.

Re: Tamatieboom

Posted: Tue Sep 09, 2014 9:21 pm
by Jacquesb
Myne trek selfs swaar van die koue winde hier noord van Pta.