Eerste jag met nuwe geweer
Posted: Wed Jul 24, 2013 3:12 am
Ek was verlede week bietjie op my ouers se grond in Dordrecht om bietjie biltong te gaan haal met my nuwe Howa 300wm.
Woensdag oggend het ek en my neef wat lanksaan boer so draai gaan stap in die berg opsoek na takbokke. Ons het die takbokke teen oorkantste rand gewaar en die bekruip was aan. Die bokke was aan die beweeg en ons moes om die rand roer om hul voortekeur. Toe ons bo uitkom was bokke kla besig om oor rand te verdwyn. Oppad na die rand om te kyk of ons n skoot van bo gaan kry, steek n takbok sy kop op +- 80m agter n bos uit. Ek moes staan en uit vuis skiet, as ek sit kon ek nie bok sien nie, en al wat ek kon sien was die bok se kop. Daar skiet ek toe die bok plat mis en die ander is toe ook weg.
Woensdag aand moes ons vir n oom 3 ribbokke gaan skiet en vir betaling kon ek toe sommer 2 vir my skiet. Na my neef 3 geskiet het met sy 243 het ek aangele met die 300 en my eerste bok met hom was plat, mooi kopskoot op 60m. My neef wou ook die 300 ervaar en het toe my ander ribbok vir my geskiet met my geweer, ook n mooi kopskoot.
Donerdag middag is ek weer berg toe opsoek na takbokke. Die wind het gestoot maar ek was vol moed. Na n bekruip van 30min kon ek toe ook n takbok op 183m(gps) plat kry. Ons wou die aand gaan roep maar wind en reen het ons uit veld gehou.
Vrydag was wind baie sleg en ek het maar gehelp skaap werk. CG Rossouw het die aand kom kuier en ons het so bietjie gaan roep sonder sukses. Toe CG ry het ek besluit om n draai te gaan ry en kyk wat ek te siene kry. Kry toe n mooi takbokram en trek hom plat met n mooi skoot tussen die oe.
Saterdag het Albert(Jopie Fourie op forum) kom kuier en ons is weer berg toe opsoek na nog een takbok. Ons het 3 ooie op seker 500m gewaar. Ons plane was reg en die bekruip was aan. Na n goeie uur se hande viervoet bekruip is ons +-250m van die bokke. Ek gee vir Albert n kans met sy 7mm rem mag en hy skiet toe my laaste takbok vir my.
Dit was n lekker jag saam goeie vriende. Ek begin nou ook die 300 lekker gewoont raak, maar hy moet maar binne kort sy kd kry, soos my neef se, al wat hy kort is n saal en toom dan kan ek jumkana met hom ry.
Groete Alex