Weltevrede..... Die trop is oppad

Post Reply
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by Hugov »

Hello manne.

Ek sit hier en wens die ure verby. Vanaand om 11uur pak die "Bobbejaan Dream Team" die pad aan Weltevrede toe om vir ons vriende Jakkalsgat, Reds en oom Lappe te gaan kuier.

Die manne sien diep baie uit na die trip en dit is beslis weer tyd om bietjie mens te word in die groen karoo, Ek sal sorg dat daar baie kiekies terugkom.

Baie dankie vir die spandrag Petrie dit is soos gewoonlik eersteklas!

Groete H
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by Jakkalsgat »

Hugo

Ek weet nie wie sien die meeste uit na julle trip nie, ons of julle maar kom ons maak maar weer 'n grote.

Sien julle aan die anderkant

Groete
Jaco
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by Marc »

Lekker man, onthou die fototjies.

Ek sien Jakalsgat safari's se blad is maar stillerig deesdae, hoop tog julle kry iets gejag maat. Jaco, dalk moet jy vir Frans aan stel, hy is lekker besig deesdae ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by GreyGhostGear »

Plesier Hugo, julle moet dit geniet.
As ons praat van dieselfde Reds - pasop maar net vir hom as by begin laf raak met 'n botteltjie "pancakes"!
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by Hugov »

Dankie Marc! Die manne het darem al baie skietbaan tyd ingewerk, En hopelik blaas ons weer bietjie lewe in ou Jakkalsgat se website in hehehe.

Dis n groot trip vir ons ou EenbeenPel..... Vat hom op sy eerste trip met sy eie roer. Die man het darem al n varkie gerol maar moet nog biltong bloed trek!

Petrie ons gaan so hard as moontlik jag om dinge in orde te kry voor Rooi alleen vrydag kamp intrek!

Groete en mooiloop
H
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by BRNO (Pierre) »

Hugo, jy moet dit geniet! Onthou die skiet oppv. en ry veilig!
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by Hugov »

Dankie Pierre ons maak so! Daai bog pod kop gaan nou saam sy baas ook hopenlik bloed trek ;)
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by BRNO (Pierre) »

Hugov wrote:Dankie Pierre ons maak so! Daai bog pod kop gaan nou saam sy baas ook hopenlik bloed trek ;)
Darrem weet jy nou hy kan bloed trek, en is nie sku nie ;)
Veiligheid eerste manne!
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by GreyGhostGear »

Nou maar waaaar is die kiekies?
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by Marc »

GreyGhostGear wrote:Nou maar waaaar is die kiekies?
Praat jy, lyk my daars nogsteeds niks bokke op daai plaas nie :)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
stan man

Re: Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by stan man »

sondag toe ek terug ry van die jag af praat ek met boeta en ons deel toe mekaar se stories oor die pas afgelope jag.ek dink boeta en die manne is maar net erg beskeie,en daar kom dalk nog n storie of twee of drie en twintig.maar ek gaan blykbaar oor twee weke saam weltevrede toe,dan gaan ek en boeta weer sinne en somme maak.ek hoop net die arme jagters gaan byhou,want as ek en boeta spoed vang,vang die omstanders n spook.

ek gaan nou nnie die manne se post versuur nie,ek sal maar n skrywe plaas onder jag algemeen as iemand sou wou kyk.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by Jakkalsgat »

More Manne

Wat kan mens se die jag waarna elkeen van ons 7 man Hugov, JacoD (Doep) , Wim alias plakkiejagter, Mauritz alias EBP, Oom Lappe, Reds en myself vir 'n jaar lank ons tanne slyp het gekom en gegaan en begin ons weer voor met die belplanning vir volgende jaar en wil ek met julle net die hoogtepunt van hierdie jag deel.

Dinsdagmiddag, 22 Julie is ek en Oom Lappe oppad om die kamp te gaan regkry vir die trop wat Woensdag more arriveer. Ek is vroeg op en maak 'n vuurtjie en kry ketelwater warm vir die oggendkoffie op Weltevrede, alles is reg en ek het bietjie tyd op hande om die dag se ontwaak sowel as hul aankoms bietjie op film vas te le.

In die weste sit die maan al laag
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/P1020621_zpsbf9c0cbf.jpg
terwyl die son in die ooste sy gesig tussen die bosse wys
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/P1020580_zps1fd538ee.jpg
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/P1020638_zps67b45907.jpg

terwyl die nag verdwyn kom die Soweto Hummer deur die bosse gebreek en kan ons begin met ons jaarlikse jag.

Daar word gegroet afgepak, koffie gedrink en die wat wil kan gewere nagaan voordat dag een begin.

Net vir bietjie agtergrond en aanloop vra ek julle geduld om net die volgende geskiedenis met julle te deel. My doelwit en beplanning vir hierdie jag draai hoofsaaklik om een persoon in die groep naamlik Mauritz (EBP), die rede hiervoor en ook waar sy bynaam vandaan kom is dat Mauritz net een normale been het en die ander is 'n kunsbeen van net onder sy knie. Mauritz het op die vorige jaar saamgekom net vir die kuier en omdat hy van nature bewe, eintlik vibreer, het hy gese dat hy nie geskiet kan kry nie. Met die hulp van 'n pienkpilletjie het ons verlede jaar vasgestel dat ons die vibrasies redelik kan beheer en het Hugo hulle hom die streep getrek om hom met 416 Rigby te laat skiet met sy een been en is die video ook nog hier iewers op die forum. Mauritz het in sy lewe nog nooit 'n bok geskiet nie maar het vanjaar op Huntex vir hom 'n .375 savage gekoop aangesien die skiet en jag gogga hom nou ook gebyt het. Die versoek wat ek dan van Hugo gekry het vroeer in die jaar is dat Mauritz 'n Blouwildebees saam my wil skiet en die enigste manier is "walk and stalk" en so het die dag aangebreek.

Dag 1

Die manne is op die Cruiser (Rolux Magnum) en sit hom redelik stofdig
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/IMG-20130729-WA001_zpsf901f7db.jpg
Ons sien 'n paar bulle wat soos die een in die foto lyk
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/IMG-20130630-WA003_zpsa3766126.jpg
en ek en Wim is op die voete om die ou te gaan soek, hy uitoorle ons en ons moes iewers in die bos by hom verby gestap het want later dop hy weer in die pad teen die draad uit en staan ons op 'n afstand en kyk.

Die Cruiser kom stadig in die pad aan terwyl ons staan en wag vir ons geleentheid
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/IMG00308-20130724-1016_zps917044d3.jpg

Ons word opgelaai en ry verder om die bokke te soek, nog koedoes word gesien en later 'n skoot gevat, ongelukkig onsuksesvol. Ons kry die rooibokke waarna ek en Wim besluit om hulle te bekruip, tussen die swarthaak, kameeldoring en driedorings bekruip ons die bokke op die rooiduin tot ons ongeveer 150m van hulle af is en hulle ons gewaar en sowat 80m wegdraf en weer gaan staan. Met 'n witgatboom tussen ons bekruip ons hulle nou gebukkend to sowat 150m en soek ek dooierus in die witgat en sit my geweer op 'n tak neer wat met 'n knal breek. Die bokke draf weer so entjie en gaan staan, daar is nou 'n ooi wat nuuskierig vir ons staan en kyk en ek kry weer dooierus oor 'n dunnerige takkie en die lynx se kruishaar is op haar nek op 200m, die .3006 Brno blaf en die bok val boude eerste toe die 150gr speer haar laenek verbrysel en al die senuwees van die brein afgesny word.

Die Cruiser kom laai ons en die bok op en die ooi word uitgebloei terwyl sy aan die hakke hang, ons keer terug kamp toe vir middagete en om die bok by die slagboom af te laai.

Ons klim weer op die Cruiser en begin weer soek in die rigting waar ons die Blouwildebeeste laaste gesien het, laatmiddag sien ons 2 bulle in die bultrop wat nie so goed wegkruip soos die ander 4 nie en kort voor lank stap al ses uit die bosse en besluit ons om te bekruip, die driedorings maak dit egter baie moeilik met die bekruip en die beeste sien ons en draf oor die rand. Ons stap terug bakkie toe en ry verder, met ons eerste draai staan die bokke sowat 400m voor ons reg in die pad en hulle sien ons nie, die wind is reg maar skuiling is min. Links van die pad sien ek 3 bosse in 'n ry sowat 50m uitmekaar en besluit om tog maar te bekruip. Eers bietjie terug op in die pad en toe met die bosse as skuiling beskruip ons die 6 bulle wat nou stadig in die rigting van die water begin beweeg terwyl hulle wei, wei stap. Ons vorder redelik vinnig, en terwyl ons skadukant om die bosse beweeg en kort, kort gebukkend nader stap of gaan staan as die bokke opkyk in ons rigting. Ons moet nou vir lang stukke met net die driedorings as skuileng en die wind in ons guns bekruip, die bokke beweeg aan en na ons sowat 600m gestap het en nie nader kan beweeg nie staan ons nou sowat 150m van die bokke af en stel ek die skietstokke vir Mauritz op. Mauritz le aan en bewe erg, hy het ook nou kwaai bokkoors en ek laat hom diep asemhaal en buk sodat hy sy elmboog op my skouer kan stut, die skoot loop en hy skiet bo oor, die bokke hardloop weg en ons roep die bakkie nader om ons te kom haal.

Die son sak oor Weltevrede terwyl ons van die slagboom af stap waar ons die Cruiser onder die boom parkeer vir beskutting teen die koue en ryp.
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/IMG00312-20130724-1759_zps1a388be7.jpg

Dag 2

Vroegdag staan ons buite en drink 'n koppie koffie terwyl die dag beplan word voordat ons veld toe gaan, ons gaan uit met die bopad en die koedoes staan in die swarthakke, Doep (Jacod) vat 'n skoot op 'n bul op 40m maar skiet booor en hy en Wim bekruip deur die swarthaak wat dit baie moeilik maak vir hulle en toe hulle sowat 15m van die bul af kom en klink soos bosbrekers besluit hy om eerder maar bietjie weg te hol. Vir lank staan ons hom en kyk terwyl hy en nog twee van sy spesie afhardloop na die hoek van die kamp en vir 'n ruk daar rondraai voordat hulle verkas na 'n digter bos. Stadig ry ons nou deur die kamp en sit manne uit op verskeie plekke om so 'n lokval te stel vir die koedoes wat volgens ons nou in die die bosse skuil. Met die 2de draai naby die bosse hardloop dieselfde 6 Blouwildebeeste uit die bos en volg ons hulle op 'n veilige afstand totdat ek en Mauritz weer op die voet bekruip tussen die driedorings en slote totdat ons sowat 200m van hulle af kom en ek die skietstokke opstel, per abuis stamp Mauritz die stokke om en die bokke laat spaander. Na nog 'n paar draaie gaan ons terug kamp toe vir 'n "brunch", Mauritz is nou heel skuins vir homself en ek besluit om hom en Wim saam met Lappies te los vir die res van die middag terwyl Hugo, Doep en myself na die buurplaas toe ry om so paar blesse te kap.

Na 'n paar ompaaie van kortpad vat kom ons sowat 15h30 by die buurman aan en nadat ons 'n papwiel gepomp het is ons veld toe waar ons vir Hugo op 'n skietstoel in die veld aflaai en Doep agterop die bakkie laat sit en skiet. Ons kry vinnig 'n ramtrop en Doep klop sy eerste en kort daarna sien ons vir Hugo opstaan en loop na sy bok wat hy kort duskant die heilige streep agter die kop skiet met die .243 'n pragtige skoot op 'n pragtige 15,5" ram waarvan ons ongelukkig nie foto geneem het nie. Ons haal vinnig pense uit en los bokke in die veld bymekaar en soek nog een of twee, Doep skiet nog 'n ram wat nie wil vrek nie, ek bekruip hom agter 'n bos, gruip hom aan die horing en steek hom in die kuiltjie waar hy dan le en uitbloei.

Dit raak nou skielik donker en ons kry nie nog 'n skoot geskiet nie. Die son sak en ons keer terug na die kamp.

Dag 3

Douvoordag is ons op en drink 'n koffie saam beskuit terwyl ons regmaak vir die dag se jag. Ons beweeg in 'n noordelike rigting om ons gebruiklik vroegoggend koedoe draai bo in die hoek te maak, met die opgaan na die dikbosse vang ek uit die hoek van my oog 'n donker gedaante en stop die bakkie reg in lyn met hulle, ek kyk met die verkyker en tussen die bosse sowat 500m weg wei 'n groterige trop Blouwildebeeste, die wind is reg vir ons en ek besluit om te bekruip. Na sowat 400m se vinnige stap begin ek nou stadiger stap en luister en kort voor lanl hoor ek die geporpor van 'n rooibokram. Ek sien hulle egter nie en stap so luister, luister in die rigting van waar ons die Blouwildebeeste gesien het. Met die bosse wast so dig is stap ons tussen die klomp Rooibokke in wat nou in alle rigtings vlug, ek dink net ons kanse is oor toe ek skuins voor ons die gesnork van Blouwildebeeste hoor en amper onmiddelik sien tussen die swarthakke sowat 60m van ons af die die donker gestaltes van die bokke wat in ons rigting kyk. Vinnig maar versigtig kry ek die oopste posisie om agter takkies en goed uit te kom en stel die skietstokke op, ek beweeg uit die pad en maak spasie vir Mauritz om half agtermy weggesteek sy gewwer op die stokke te kry, ek kan nou nie meer nomineer of raad gee en is dit nou in sy hande om 'n sukses van die jag te maak. Hy fluister, hy kyk vir my en ek se wag vir die skoot, ek kan hoor sy asemhaling is onder beheer, die knal van die skoot en doep is so na aanmekaar dat dit amper een geluid is, die koei vat die skoot en maak lyf bymekaar toe sy wegspring iewers skuins regs hoor ek 'n bok deur takke breek waar hy nie normaalweg sal deurgaan nie en weet daai skoot het sy werk gedoen. Mauritz gaan staan op die plek waar hulle gestaan het en ek op die plek waar die stokke opgestel was terwyl ek die span laat kom om te help soek want in hierdie bosse verloor jy maklik 'n karkas. Toe die Cruiser opdaag bekyk ons vlugtig die wegspringplek en tel vinnig die spore op maar voordat ons nog 2 minute op die spoor stap roep Mauritz uit dat hy die bok gekry het skaars 40 m van waar sy gestaan het toe sy geskiet is, sy het deur die bos geval omdat sy nie meer beheer daaroor gehad het nie en is die dan ook die eerste plek waar ons bloed gekry het wat weer bevestig dat 'n gekweste dier nie noodwendig bloed gooi nie en jy moet mooi kyk na ander tekens ook.

http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/P1020639_zps9454d41d.jpg
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/P1020640_zpsf03910e4.jpg
Die span en soekgeselskap almal gebrand in Greyghostgear se klere, dankie Petrie
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/IMG_4163_zps75ad877f.jpg

Perfekte hartskoot reg van voor af met .375 die hart is aan flarde geskiet.

In my oe is hierdie man 'n yster en 'n voorbeeld vir baie van ons, wat 'n vooreg

Vir my is die jag voltooi en na die fotosessie kan ons die bok laai en wegneem vir afslag. Die res van die dag verloop sonder veel sukses met Springbokjag in 'n amper stormsterk wind en breek die einde van dag 3 aan terwyl die son oor Weltevrede sak en Mauritz tevrede teug aan sy Uganda Gin.

Dag 4

Douvoordag op om te ry aan CF se plek op Prieska, die manskappe as volg Hugo, Doep, Rooies en die uwe ruk op vir paar Gemsbokke maar die besluit in hierdie wind wil ek nie vrek nie en gee werklik min kans maar wys ons darem die plaas, die wind is in hulle en hulle is in die wind en teen sowat 15h00 roep ons halt en beweeg terug Weltevrede toe terwyl ons op die radio luister hoe die bulle ook maar sukkel.

Die son sak die laaste dag terwyl die manne hul wonde lek oor die swak rugby.

Vir my persoonlik 'n grote in my biblioteek en altyd 'n vooreg om saam die manne te wees.

Groete
Jaco
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by PWV »

Baie dankie, Jakkalsgat.
Vertelling laat 'n mens dit in die gees meemaak!
Groetnis.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by FHM »

Dankie vir die lekker teruvoer-vertel en fotos Jaco - vir n rukkie was ek waaragtig saam met julle daarso ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
stan man

Re: Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by stan man »

dankie boeta
ekse mos julle manne is maar net n bietjie beskeie. jou fotos is weer uit die boeke uit.
baie geluk aan die manne.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by Frikkiedbr »

Sjoe Jaco, dit voel letterlik as mens saam die manne daar is soos jy die storie vertel.
Mooi fotos en dankie vir die saam deel.
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by Hugov »

9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by Marc »

Dankie maat, lekker jag ek nou saam. Bly julle dinge het so mooi geloop, dis darem maar n mooi stukkie wêreld daardie. Eendag is eendag....
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by Smirre »

Manne
Ek ry donderdag !!!!!!!
Noeloos om te se my lus hang al op die grond na die mooi vertelling en fotos

Smirre
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Weltevrede..... Die trop is oppad

Post by BRNO (Pierre) »

Ek moet bieg, en se, ek was nou vir n oomblik sommer lekker vies oor al die mis skote, maar die storie moes maar sy draai maak om lekker te raak. Baie geluk aan al die jagters, en vernam aan Mauritz. Dit uiteinde van die jag was darrem heel nice gewees klink dit my.
Veiligheid eerste manne!
Post Reply