Page 1 of 3
270 Jaggeweer
Posted: Mon Jul 22, 2013 10:45 pm
by anton1
Jammer as dit dom klink maar ek is n boogjagter wat nou geweer wil koop . Na redelike ondersoek het ek besluit op n 270 . Watter maak moet ek kyk .Wou graag n musgrave koop maar het op n ander forum gelees dat hulle bietjie probleme gee . Ñou wat moet ek koop CZ ,Tikka ,Winchester . Gee asb raad
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Mon Jul 22, 2013 11:42 pm
by anton1
13 views geen raad ,hoe werk dit ?
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Mon Jul 22, 2013 11:50 pm
by Kalahari
Anton, eerstens welkom op die forum. Hier is sommer baie manne wat soos jy ook boog skiet en dan die lang gewere ook.
Die manne sal defintief jou met raad bystaan, wees maar net geduldig.
My opinie, as jy reeds vas besluit het op die 2 skewe nul, my keuse sou die tikka wees in 30.06, omdat ek self 'n tikka het (net nie 270 nie.) Jy sal baie verskillende antwoorde kry, so jy moet met die geweer jag, tel hulle op, hanteeer hulle en die een wat die hardste met jou praat gaan in jou kluis staan. Jy noem nie wat jy waar wil jag nie, vertel bietjie meer en die manne sal jou nog beter antwoorde gee.
Voorspoed
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Tue Jul 23, 2013 12:55 am
by stan man
mater ek sien jou stert brand.
ekself is n musgrave man en besit n delux weergawe van die roer wat jy van praat.
die.270 is egter erg tempremanteelen as jy begin herlaai,gaan jy lekker werk om die regte parte bymekaar te kry. ek sal altyd my .270 gebruik en as ek my hand in die kluis steek dan spring baba swartvark in my hand. sy het nou al van n tarrentaal tot n eland laat onval. wat wil jy beter he????
o-ja welkom by ons.
gebruik maar geduld. die meeste manne hier kom eers so 10uur saans uit die veld ,dan sal jy nog antwoorde kry.

Re: 270 Jaggeweer
Posted: Tue Jul 23, 2013 6:45 am
by spekieries
Vandag se jaggewere is soos motorkarre. Jy kry nie vandag regtig 'n swak fabrikaat nie. Party is duurder party goedkoper maar almal het meriete en die geweer wat jy koop gaan oor finansies en jou persoonlike voorkeur.
Tikka en Sako kom tans uit dieselfde fabriek goeie gewere met 'n bewese "track record"
Ek self het 'n sagte pelk vir ou BRNO'S en die CZ- Hulle het hulself ook al oor en oor bewys.
Die Savage, het sulke goeie kommentaar gekry hier op die forum, uit die boks akkuraat.
Howa's goeie waarde vir geld, die manne praat mooi van hulle op die forum.
Sabatti - Die nuwe Fiat, goeie kommentaar gehoor.
En so kan ons aangaan. Gaan kyk na klomp, lê aan, vryf hom, kyk hom en as jy van hom hou en (baie NB) die prys pas jou, Google hom en lees wat manne oor hom, die fabrikaat sê.
Kaliber is ook 'n moeilike keuse. Manne stel gewoonlik kalibers voor wat vir hulle gewerk het. Daar is net eenvoudig nie 'n swak kaliber nie. Verskillende aanwendings ja.
Daar is niks fout met die .270 nie. Op sekere terreine klop hy ander kalibers en op ander terreine klop die ander hom weer.
Dit gaan op die lang duur in elk geval nie net een geweer bly nie. Maak 'n kundige hartsbesluit.
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Tue Jul 23, 2013 6:54 am
by VdWalt
anton1 wrote:13 views geen raad ,hoe werk dit ?
Die 13 mense wat gekyk het hou nie van 270's nie en los dit toe maar
of hulle het 'n 270 maar ook baie geld en skiet Blaser, Sauer en Sako
so hulle kon ook nie met jou vraag help nie.
Dis hoe dit werk.....

Re: 270 Jaggeweer
Posted: Tue Jul 23, 2013 8:39 am
by Capt. Yoda
Ek dink dit sal help as jy min of meer n budget gee
R10 000 Howa met n boyds kolf
R10 000-R15000 Tikka T3 Hunter, CZ
R15 000-R20 000 Savage (nadat ek gesien het wat n maat van my se VLP uit die boks doen sou die my keuse gewees het)
R20 000-R50 000 Sako, Sauer, Mauser, Blazer of net wat vir jou mooi is
en soos Kalahari gese het ek sou hom ook in .30 gevat het

Re: 270 Jaggeweer
Posted: Tue Jul 23, 2013 9:32 am
by Carl
Hallo Anton
5 Replies en jy't nog nie dankie gesê nie, hoe werk dit?

Vertel ons so bietjie meer van jouself, watter begroting, waar jag jy, wat wil jy jag ens.
Winchester Mod 70 pre64 aksie (nuut of 2de hands). Maar soos die manne sê daar is min swak gewere in die mark. Jou begroting en persoonlike keuse sal jou moet lei.
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Tue Jul 23, 2013 9:48 am
by Hein (Haan)
More Anton
Ek sal ook se jy moet bietjie na n lekker groot gunshop toe gaan en al die geweere bietjie hanteer en kyk waarvan jy hou en jy kan gerus na n Ruger ook kyk.Google n paar van die geweere en kyk bietjie prentjies.
Daar is so baie om van te kies maar geweer koop is ook vir my persoonlik en koop waarvan jy hou al is dit dalk nie waarvan ander mense hou nie jy gaan met hom skiet.
Hou ons op hoogte van jou besluit en sit n foto op as jy hom koop ons almal wil graag sien.
Groete
Hein
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Tue Jul 23, 2013 9:52 am
by zipp
Die 270 is n wonderlike kaliber, Ek het een en gebruik hom al 30 jaar om alles te skiet van duiker tot Eland, maar..... Ek dink nie dis die beste eerste geweer nie, veral as jy nie herlaai nie. Die 30-06 het n breer spektrum van fabrieks ammo beskikbaar. Die 150 gr 30-06 het so te se dieselfde trajek as die 130gr 270. Dit werk dus goed vir springbokke op die vlaktes. Die 180gr 30-06 is swaar (SD), sterk(teen 2600vps) en goed genoeg vir koedoes, Blou Wildebeeste en diesmeer in die bos. Die 220gr 30-06 kan regtig die werk doen van n 14lb hammer en maak eland goed dood. Daar is mense in Botswana wat 220gr 30-06 gebruik op buffel (persoonlik dink ek hulle is mal!!!!).
Die 270 met 150gr en 160gr (ek gebruik Nosler Partitions)i s n bietjie aan die ligte kant vir die swaar goed as die skoot nie perfek is nie.
By gese; nie elke 30-06 sal al die koel gewigte akuraat skiet nie!
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Tue Jul 23, 2013 4:19 pm
by Hannes stof trapper
Ek persoonlik skiet maar die 30-06. Sy het my nog nooit teleur gestel nie van klien tot groot as sy hom op die regte plek laat val dan maak sy hom le.
Ek stem saam die 270 is biekie lig in die broek vir party dinge en jou spectrum met die 30-06 is net soveel grooter.
Maar geniet jou keuse dis joune en jy sal nie spuit wees oor die 30-06 nie.
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Tue Jul 23, 2013 4:56 pm
by FCLoretz
VdWalt wrote:anton1 wrote:13 views geen raad ,hoe werk dit ?
Die 13 mense wat gekyk het hou nie van 270's nie en los dit toe maar
of hulle het 'n 270 maar ook baie geld en skiet Blaser, Sauer en Sako
so hulle kon ook nie met jou vraag help nie.
Dis hoe dit werk.....

Ek dink blok het kom kyk of hy dalk moet skryf oor die artikel in die Magnum
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Tue Jul 23, 2013 4:59 pm
by Piet Pille
Carl wrote:Hallo Anton
5 Replies en jy't nog nie dankie gesê nie, hoe werk dit? 
Vertel ons so bietjie meer van jouself, watter begroting, waar jag jy, wat wil jy jag ens.
Winchester Mod 70 pre64 aksie (nuut of 2de hands). Maar soos die manne sê daar is min swak gewere in die mark. Jou begroting en persoonlike keuse sal jou moet lei.
Alweer op jou stukke Carl!!!

Re: 270 Jaggeweer
Posted: Tue Jul 23, 2013 5:25 pm
by Silent Hunting
Ek het so 6weke gelede my Remington700 270 gekry. Ek is heeltemal tevrede en verras. Dit gaan nou my 'enigste" jag geweer wees.
Het ook nie eers gesukkel met lading ontwikkelling.
Geniet die shopping.
Henk
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Wed Jul 24, 2013 1:35 pm
by Johan22
Middag Henk
Wat is jou lading en gr punt
Johan22
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Wed Jul 24, 2013 2:27 pm
by Carl
Anton 13 replies?
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Thu Jul 25, 2013 12:12 am
by visstok
Anton
Niks vout met 270 Musgrave nie. My pa skiet met een en ek self het al baie met hom gejag. Daai roer het ons nog nooit in die steek gelaat nie, baie akuraat ook.
Groete Alex
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Thu Jul 25, 2013 8:19 am
by Silent Hunting
Johan,
Ek het lading ontwikkel vir die 130gr SSTs. Het nie gecrony nie, maar glo ek is op die 2950fps node vir my 22" loop. Het ook die laer node gekry. Ek gebruik lot 69 op die oomblik. Jy behoort node te kry op so 51gr vir om en by selfde spoed op jou geweer.
Henk
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Sat Jul 27, 2013 7:18 am
by Wayne
Hi there Anton, welcome to the forum and am glad to see that someone else likes the 270. I have a Bruno and it has not let me down to date. Use 130 gr PMP.
I am not much of a 'Fundi' on guns, but lots of people are saying that the Howa is value for money.
It is interesting to see how many members try and change a chaps mind on a choice of Calibre. Antons question stated that he had decided on a 270 but wanted to know which make, but some try and convince him otherwise.
Put yourself in his shoes and buy what some stranger suggested you buy, and it does not work for you, you will not be very happy, will you.
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Sat Jul 27, 2013 8:09 am
by Frederik
Anton,
Daar is nie fout met 'n 270 of 30-06 nie maar wat almal nie vir jou se nie is dat die twee roere nogal skop het.
En as jy begin is dit altyd beter om iets te kry wat jou nie laat leer flinch nie.
Ek sou voorstel vir 'n 308 jy het baie wye keuse oor koele en hy skop bitter min en as jy wil ver en plat skiet kise dan monometaal koeel van 150gr of selfs 130 gr.
Vir 'n eerste geweer sou ek liewers die voorstel.
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Sat Jul 27, 2013 9:18 am
by Wayne
Hi Anton, ek sien almal probeer om you te oortuig om iets anders te koop, en dis hoekom ek nou in Afrikaans gaan skryf. Jy se dat jy wil 'n 270 koop, en raad gevra oor watse maak te koop, nie watse kaliber te koop nie. Koop wat jy wil he, volg jou hart en sit net a knaaldemper op hom, dit sal baai help. Myne het nie een op nie, en ek hou van hom, hy skiet mooi, van klein tot groot wild.
My 2c werd
Wayne
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Sat Jul 27, 2013 10:10 am
by James Wilson
Ha ha goeie een Wayne! Anton ek herlaai vir 3 270's 2 Howas en een regte Musgrave. Jy kan enige tyd na die Howas kyk. Beide Howas skiet konstant rondom 12mm, en sal waarskeinlik nog beter kan doen as ek nog moeite met die loads doen.
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Wed Jul 31, 2013 2:37 pm
by Philip_R
James hoekom mag hy nie na die Musgrave kom kyk nie...... watse groepering skiet hy vir interesantheid?
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Wed Jul 31, 2013 2:52 pm
by stan man
my musgrave .270 is die beste ding naas gesnyde brood.
ek het met die roer al vanaf n jakkals tot en met n eland geskiet.
beide 130gr en 150gr koeels werk baie lekker.
vrydag aand weer n bakkie vrag springbokke met kopskote laat bakkie ry.
ek het n knaldemper op en my dogtertjie van sewe jaar oud kan ook al met hom skiet.
Re: 270 Jaggeweer
Posted: Wed Jul 31, 2013 2:55 pm
by FHM
Ek kry die gevoel julle is lamal 'ge Anton' hierso...
