Page 1 of 1

Koeëlprestasie

Posted: Sat Jul 20, 2013 12:16 pm
by tripodmvr
Gaan probeer om foto te plaas van 'n 116gr GS Custom wat uit my 7x64 'n rooibokooi gedood het. Skoot was op die regterskouer skuins na agter synde sy my amper reguit staan en aankyk het. Skouer was gebreek en ons kon die koeël nie tydens afslag kry nie. Pens was stukkend en het aangeneem die koeël is weg in die pensmis. Half teleurgestel met die prestasie.

Toe ek egter die een boud oopsny vind ek die oorblyfsel in die potjie van die boud en die femur was ook gebreek. Vir so ligte koeël was dit baie goeie prestasie - spoed was ongeveer 3000vps en geskiet op 50m. Die regterblad was maar baie bloederig en is weggegee vir hondekos. Ek het die gevoel dat die koeël wel gedeflekteer het na dit die skouer gebreek het.

Gewigretensie is 87gr = 75%

Re: Koeëlprestasie

Posted: Sat Jul 20, 2013 6:08 pm
by Frederik
Ek neem aan met die skoot het sy net daaar geval :-)

Re: Koeëlprestasie

Posted: Sat Jul 20, 2013 6:09 pm
by tripodmvr
Nes jy daar sê. Sy het egter nog 'n ruk lê en spartel - skoot dink ek het net die regterlong gevang.

Re: Koeëlprestasie

Posted: Sun Jul 21, 2013 10:32 am
by Nico Harris
Watse maak is jou 7x64? Tensy hy van amerikaanse oorsprong is- wat onwaarskynlik is-gebruik jy die verkeerde koeels. Europese 7mm gewere gebruik .285 koeels. Laastens VOEl ek dat as die bok reguit vir jou staan en kyk en op die skouer geskiet is en jy kry die koeelmin die boud het hy mos reguit gepenatreur...

Groete

Nico

Re: Koeëlprestasie

Posted: Sun Jul 21, 2013 1:20 pm
by tripodmvr
Nico Harris wrote:Watse maak is jou 7x64? Tensy hy van amerikaanse oorsprong is- wat onwaarskynlik is-gebruik jy die verkeerde koeels. Europese 7mm gewere gebruik .285 koeels. Laastens VOEl ek dat as die bok reguit vir jou staan en kyk en op die skouer geskiet is en jy kry die koeelmin die boud het hy mos reguit gepenatreur...

Groete

Nico
My loop is wel .285. Ek het die 116gr koeëls van Chevy oorgeneem en die saak met Gerard Schultz uitgeklaar. Die koeëls is wel vir die 284 gemaak, maar die groewe raak gering aan die skag en skiet goeie groepe - en hulle skiet dood ook - belangrikste!!!!

Die ooi het skuins weg van my gestaan en ek wou probeer om die skoot weg van die pens te kry. Daar het wel rigtingverandering plaasgevind - die bok is egter dood en ek het gisteraand te lekker wildpastei genuttig.

Re: Koeëlprestasie

Posted: Sun Jul 21, 2013 1:26 pm
by Johan Nel
Tripod,
Ek dink daai koeel het gepresteer soos wat Gerhard hom ontwerp het om te presteer. Benewens die dryfbande, het ek dit dat hy altyd bedoel het dat die 'petals' behoort af te breek en dat die koeel sover moontlik deur die bok moet gaan om maksimale bloeding (wondkanale) te veroorsaak. Ek dink die koeel het baie goed gepresteer, hoe voel jy daaroor?

Re: Koeëlprestasie

Posted: Sun Jul 21, 2013 1:28 pm
by Nico Harris
Soos jy self se- the proof is in the pudding(pasty)

Groete

Re: Koeëlprestasie

Posted: Sun Jul 21, 2013 2:41 pm
by tripodmvr
Vir so 'n ligte projektiel dink ek ook dit het uitstekend gevaar.