Page 1 of 1
Bakkies lig van kleur?
Posted: Mon Nov 08, 2010 10:32 am
by iceman1982
Manne,
Wil net weet hoe die manne maak met die ligte kleur bakkies. Is daar enige maniere om n bakkie goed weg te steek sonder om hom n ander kleur te verf?
Sal graag wil hoor van wat se wenke manne al met sukses gebruik het.
Groete
Re: Bakkies lig van kleur?
Posted: Mon Nov 08, 2010 10:45 am
by Raven
Iceman,
Hier was 'n goeie bespreking oor kamoeflering van bakkies.
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=5
Raves
Re: Bakkies lig van kleur?
Posted: Mon Nov 08, 2010 11:11 am
by iceman1982
Raven,
Dankie,
Jammer dat ek hom gemis het!

Re: Bakkies lig van kleur?
Posted: Mon Nov 08, 2010 8:47 pm
by iceman1982
Manne, hier is n ander vraag. Ek glo nie op hierdie stadium is die bakkie verf n opsie vir my nie. Want ek ry maar met een van ons besigheid se bakkies so die bakkie is nie altyd dieselfde een nie.
Hier is waaraan ek gedink het, so se vir my of julle dink dit kan werk.
Ek het gedink om my stoel op n kleinerige trailer te monteer en die stoel pas met nog spasie vir ander goed. Die trailer kan ek enige kleur verf of baie makliker op tof met lappies en so aan. Dan trek ek die trailer met my quad bike op die plaas. Die motorfiets is ook makliker om toe te gooi en hy is sterk genoeg om n trailer te trek. Ek sal die trailer sy eie krag voorsien wat ek net kan herlaai in die dag. Ek is ernstig oor die jakkals ding en wil die ding ordentlik doen.
Kan dit werk? of wat dink julle?
Marius
Re: Bakkies lig van kleur?
Posted: Mon Nov 08, 2010 9:32 pm
by molopohunter
Hello iceman1982,
Ek is nog n rookie van rookies in die veld en stel belang, my cruiser is wit en dink ook baie aan kamofleering. By ons is die gras baie keer nogal
lank en baie vaabos en soutbos, so ek skiet nogal naby (50-100m). Ons kooperasie het nou camo nette verkoop. 3x4m sniper vir iets naby R700.00 en ek gooi hom oor en maak op so paar plekke vas met zip ties. Dan kan jy nogsteeds van plek skuif en ek "voel" net beter oor dit. Op n mens se oog maak dit n groot verskil.
Ek gaan woensdag of donderdag weer kooperasie toe en kyk of hulle nog daai special het.
Pm vir my jou nommer dan as ek weet kan ek jou dalk bel. Anders kan jy sniper agente ook direk bel.
Groete
Peet
Re: Bakkies lig van kleur?
Posted: Fri Nov 12, 2010 2:36 pm
by iceman1982
Ek het nou vir my so 7m x 9m stuk "hesien" gekry. Hulee moet hom vir my opmaak. Die stuk kos R550. En nie eers my Luminous sleutel houer skyn deur hom nie.Ek dink hy sal werk.
Re: Bakkies lig van kleur?
Posted: Sat Dec 04, 2010 8:49 am
by JACQUES BOTHA
iceman
Maak nou n mooi bakkie kondoompie van hoom dat hy lekker oor jou lorrie trek
Laat mamma vriendin of iemand wat vir jou lief is, swart broekrek koop , 2meter doen die ding, en dan buig jy gordyn hakkies oop,
die rek word aan die onderkant vasgemaaak en haak dan onder aan jou lorrie sodat die hesien nie rondwaai as die jakkie onkom nie, want hy gaan dit dalk sien.
Sommer so ondervinding tippie vir die maak van die bakkiekondoompie.
Groetnis
Jacques
Re: Bakkies lig van kleur?
Posted: Sat Dec 04, 2010 8:55 am
by Stefan764
Jacques/Ander slim Jakkalsjagters
Ek het n teorie (onthou eks n younster in die game so wys my dadelik tereg as ek op n dwaalspoor is).
Die belangrikste ding itv kleur van bakkie ens is vir
my eerder waar jy jou bakkie stop. Ek weet waar dit oop en plat is is dit n probleem, maar ons het die naweek gevind as jy die bakkie se buitelyne (silhouette) breek help dit baie. Ek reken as n ou langs n laaibank of watertenks...
....stop dan gaan die jakkie hom nie aan jou steur nie. Die tenks staan mos nou al jare daar, hy weet dit mos. Of is ek verkeerd?
Groete
Stefan
Re: Bakkies lig van kleur?
Posted: Sat Dec 04, 2010 9:01 am
by JACQUES BOTHA
Stefan
Jy is reg soos n regte kenner en ervare man dit al vele kere gestel het dat die belangrikste ding is STAANPLEK.
SIR noem dit in sy jaracal boek as belangrike punt een twee en drie.
JB
Re: Bakkies lig van kleur?
Posted: Sat Dec 04, 2010 9:04 am
by Stefan764
Dankie JB
Staan jou en SIR se aanbod nog vir my en Geno se besoek vlge jaar?
Wil bietjie by die groot honne leer
Stef
Re: Bakkies lig van kleur?
Posted: Sat Dec 04, 2010 11:39 am
by tafjak
Stefaans
Ek klassifiseer my nou self nie as die slimste nie, maar het al gesien dat enige obstruksies(stellasie van tenke) maar vir my(net vir my) 'n probleem is. Sorg dat ek nie naby sulke goed is omdat dit te veel happe(waar jakkalse kan verdwyn) uit die skootsveld neem. As dit die enigste plek is, sal ek sorg dat ek aan die regte kant van stellasie staan(windaf kant skoon). Sal dit slegs gebruik wanneer jakkalse se posisie al bekend(nader geskuif van vorige roepplek) is. Hier in my w?reld sal dit nie altyd te wel met die skietery gaan as daar sulke obstruksies naby is nie, maar waar jakkalse jou aanval is dit seker ook maar reg.
Die (high lite, day glow) bakkie sal my die meeste pla en nie die bakkie se vorm(buitelyne) in die nag nie. Landrover buitelyne is egter belangrik omdat jakkalse dit al gewoond is en net nog iemand met probleme is.
Weet egter dat jakkalse se areas kleiner(digte populasie) is by julle en dat jy staanplek maar moet fabriseer om naby genoeg te bly aan die kerngebied.
Nee wat, elke ou het maar sy voor- en afkeure en moet maar die beste maak van wat tot sy beskikking is.
Mooiloop
Re: Bakkies lig van kleur?
Posted: Sat Dec 04, 2010 12:00 pm
by MEERKAT
Stefan
Wat nogal partykeer lekker werk vernaamlik as die maan witterig begin word is om bakkie tussen 2 groterige bosse te parkeer. AS dit moontlik is bos aan windaf en windop kant.
Stelasies soos windpomp toring en tenks het nog nie gewerk sover.
Ons moet miskien onthou gogga se kind ken die terrein waar hy kwaaddoen baie goed en enige verandering sal hy nie miskyk.
Moet vir jou se geluksgodin help maar baie met die tipe van werkies. Wat vanaand werk werk glad nie more aand.
Knou goggas af
MEERKAT
Re: Bakkies lig van kleur?
Posted: Sat Dec 04, 2010 12:45 pm
by JACQUES BOTHA
TAFFIIE STEFAANS
EK hou daarvan as daar nie hooogtes of klipkoppe is om myself te vertseek vir n dagroep sessie nie om my self lekker gemaklik (lees horisontaal) as daar plek is tuis te maak.
Dit werk baie lekker as jakkals vang naby so stelasie ..Ek het al n windpomp gebruik , maar die spasie is bietjie beknop behalwe as jy vir jouself n paar planke bysit (skuus laat bysit) waarvan jy kan lanseer.
Om die trokkie langs n dam sement dam te sit het ek ook al mee sukses gehad omdat ek ook bo oor die dammetjie kon sien en die dam di hele bakkie kon wegsteekvanaf die een kant. Die dam was aan die begin van die lande waar die jakkalse gevang het.
(high lite, day glow) taffie kom dit nie net voor by nuwe lorries nie, myne is so oud en vaal niks kan hom laat glow nie.
lekker bly
JB
Re: Bakkies lig van kleur?
Posted: Sat Dec 04, 2010 8:51 pm
by Stefan764
My colestrol telling het nou so met 3 geklim na die vet skaapribbetjie van vanaand. Al rede hoekom ek opi forum sit en nie sit suip in my lapa nie is oor Pieter Helium... Swak...
SIR/JB/Meerkat
Dankie vir die raad/kennis/wyshede wat julle kwytraak en uit ondervinding mee praat. Sonder dit gaan ons "youngsters" nog baie lank leer. Julle manne betaal sommer van ons skoolgeld vir ons, baie dankie daarvoor. Wat julle se maak baie sin. Meerkat, stem saam oori sklemgeid van n jakkals. Hy weet mos PRESIES hoe lyk daai stalasie vani tenks, hy sal weet as daar n verandering is...
Baas Taf
tafjak wrote:
sal dit nie altyd te wel met die skietery gaan as daar sulke obstruksies naby is nie, maar waar jakkalse jou aanval is dit seker ook maar reg.
Jy is presies reg. Ons het op n plaas geroep waar nog nooit geroep was nie, so om n afleiding soos myne te maak is ook nie reg nie...
JB
JACQUES BOTHA wrote:
en die dam di hele bakkie kon wegsteekvanaf die een kant. Die dam was aan die begin van die lande waar die jakkalse gevang het.
hier is n goeie voorbeeld van n obstuksie in jou guns te gebruik. Veral as jy oor hom kan sien.
Gaan lees my post oor ons naweek onder OTA4. Ek moes een jakkie oor die tenks se stand skiet omdat sy onder ons wind probeer kom het en ons kon nie langer wag nie. Nogals kaakies aangeja en eerste skoot gemis ook. Presies wat SIR se, moet liewer nie obstacles in jou pad kry nie.
Moet byse, wat JB noem het ook weer IN ons guns getel. Agter/langs n laaibank gestop en kon oor hom skiet, selle as Jacques se dam.
Dankie manne, so bly n man skerp as jy volgende keer veld toe gan en DINK jy nie jy is slim genoeg nie...
Groentis en mag dit reen waar julle bokke wei...
Stef764