Page 1 of 1
My dogter se eerste bok
Posted: Mon Jul 15, 2013 6:28 pm
by Ian
Ek het 'n ruk terug vir my dogter 12 (Marli) 'n Rooibok belowe. Twee naweke terug het ons die hele naweek probeer dat sy 'n bok moet skiet maar die Rooibokramme is al wild geskiet. As hulle my bakkie sien hardloop hulle vir die ruigtes en verdwyn net. Die naweek wat verby is het ons weer probeer. Ons het Vrydag en Saterdag hard probeer maar met geen sukses. Na Saterdagaand se ete het ons weer gaan probeer. Ek in die skietstoel, Marli bestuur en die vrou en seun voor in die bakkie. Tien voor nege kry ons 'n troppie ramme in 'n digte bos en Marli spring in die skietstoel. Al wat sy kan sien is die kop en sy trek die sneller. Ek sien die bok slaan neer en ek en Jian is onmiddelik met flitse na die plek waar die bok behoort te lê so 60 meter. Oppad soontoe merk ek 'n oog op wat beweeg en verdwyn net. Kom by die plek waar die bok behoort te lê, maar geen bok. Ek lig 2 meter links in 'n boom en sien die rammetjie in die boom hang. Ek wou net sy horing vat toe breek die hel los. Hy gee net een skop en daar trek hy en kom so 10 meter ver en slaan neer en ek onmiddelik bo op hom en gryp sy horing. Die rammetjie spring nou vewoedelik rond met my en Jian skree net "die bok gaan pappa doodmaak". Die bok en ek spook seker 3 minute en ek kry sy kop op die grond vasgedruk, ek trap sy horing vas, haal die knipmes uit en sny keel. My seun het natuurlik sy agterent afgeskrik en terug gehardloop bakkie toe en vir die twee vroumense gaan meedeel "daar is groot moeilikheid en dat die bok besig is om pappa dood te maak en dat hulle 'n mes of die pistool moet kry". Ek natuurlik uitasem en oorverhit kry hulle so halfpad aangehardloop met die pistool maar toe is alles gelukkig verby. Marli het hom hoog by die oorbasis deur geskiet en hom net "gestun". Gelukkig hoef ek nie Sondag nog na 'n kwesbok te gaan soek het nie.
Jammer vir al die bloed op die foto, gelukkig is dit my bloed van al die gestoeiery

Re: My dogter se eerste bok
Posted: Mon Jul 15, 2013 6:39 pm
by mariusr
Re: My dogter se eerste bok
Posted: Tue Jul 16, 2013 7:36 am
by Ian
Marius
Gelukkig het Marli al 'n paar keer saam gery as daar geskiet word. ek het haar gevra hoe sy voel na alles verby was? Sy was meer opgewonde as iets anders en ook net dankbaar dat ek die bok kon kry. Gelukkig het sy ook al 'n Rooikat geskiet en het groot geword met gewere.
Mooi dag
Re: My dogter se eerste bok
Posted: Tue Jul 16, 2013 7:40 am
by BRNO (Pierre)
Wat n voorreg, en baie geluk aan jou en jou meisiekind.
12 jaar oud was nog altyd my teiken ouderdom vir my seun se eerste bok. Net my opinie, maar ek reken daar kan die kind so bietjie meer vertsaan wat hy doen, en wat die nagevolge is ens. Ek reken dit hang ook maar af van opvoeding ens.
Re: My dogter se eerste bok
Posted: Tue Jul 16, 2013 8:39 am
by ROBBIE1
Geluk aan Marli met n mooi rammetjie, leka leka!!
Re: My dogter se eerste bok
Posted: Tue Jul 16, 2013 8:50 am
by G-force
Baie geluk julle twee!
Re: My dogter se eerste bok
Posted: Tue Jul 16, 2013 10:12 am
by andre007
Baie geluk. Nou geluk, nou gaan Pappa se beursie plat bly!!
Re: My dogter se eerste bok
Posted: Tue Jul 16, 2013 10:21 am
by Piet Pille
Geluk Ian en geluk aan jou meisiekind.
Hierdie goete sal by jou bly tot jy grys in die skommelstoel in die more-sonnetjie op jou stoep sit baie jare van nou af.
Re: My dogter se eerste bok
Posted: Tue Jul 16, 2013 10:27 am
by Marc
Geluk

Eerste van nog baie so ek raai

Re: My dogter se eerste bok
Posted: Tue Jul 16, 2013 12:42 pm
by FHM
Baie geluk ou Ian man - is jou baadjie net so gepad of is dit die borskas wat so groot is ...? Se vir Marli die jagters hier op die werf se baie-baie geluk aan haar!

en sy moet volgende jaar weer vir ons fotos plaas van die Gemsbok wat sy gaan jag...hier begin jou budget kleiner raak...

Re: My dogter se eerste bok
Posted: Wed Jul 17, 2013 7:34 am
by Ian
Marli het geisteraand die gelukwense gelees en wil net vir almal dankie sê vir die belangstelling. Ek sal nou moet begroot vir haar ook want die gogga het haar groot gebyt. Sy het my gehelp om die rammetjie te bewerk en het geensins haar neus opgetrek vir die bloed en vleis nie. Lekker om 'n jong meisie te sien wat nie bang is om haar hande vol bloed te maak nie. Ek persoonlik dink sy gaan nog vêr kom want sy het 'n groot liefde vir die natuur.
Ja, sulke mooi "memory's" sal 'n mens altyd by bly tot op jou ou dag.
Groete
Re: My dogter se eerste bok
Posted: Wed Jul 17, 2013 1:15 pm
by Wismit
Baie gelluk aan jul albei. Ek wens ek kon die gestoeiery sien !!
W.S
Re: My dogter se eerste bok
Posted: Thu Jul 18, 2013 6:33 am
by uitenwaj
Geluk Ian en alle voorspoed vorentoe. Daai rammetjie het nogals 'n mooi lyf aan hom. Lekker biltong daai.
Re: My dogter se eerste bok
Posted: Thu Jul 18, 2013 8:25 am
by PaulM
Baie geluk Marli! Jou kinders gaan ook nog baie hoor van Oupa Ian se manewales met jou eerste bok...
Re: My dogter se eerste bok
Posted: Thu Jul 18, 2013 8:29 am
by Reggie Gerber
Geluk Marli en Ian
Kannie wag vir my seun en dogter se eerstes nie.
Reggie